Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -6 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

Totsiens Willem - jy was 'n kampforum hoeksteen

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

willem

My hart is baie seer. Dit was so 'n groot skok toe ek die nuus hoor dat Willem Brits vanoggemd oorlede is.

Ek gaan jou mis my vriend.  Jy was ons hoeksteen hier by kampforum en het 'n pad saam met my gestap om die forum te bou.

Sterkte aan Surette en Wihan.

WILLEM BRITS HERDENKBLAD

"Gedenkdiens vir my man Willem is gereël vir 15 Mei 2023 om 10:00 by die NG Gemeente Pretoria Tuine by 567 Schurmanns Ave, Pretoria Tuine, Pretoria, 0082
Verversings na die diens by die kerk.
Almal is welkom"

willem

willem

willem

willem

willem

willem

willem

willem

Willem

 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 08/05/2023 - 17:11

Aan die familie

Ons vertrou dat julle vertroosting sal ontvang in hierdie donker oomblik.

Sterkte aan die gesin en familie van ons vriend---WILLEM

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 08/05/2023 - 17:17

Ai, dis vreeslike onaangename nuus. Sterkte aan Surette en Wijan en ook res van familie

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Mon, 08/05/2023 - 19:07

Sterkte aan die familie. Ons het lang pad saamgeloop met die drukwerk/ kamplaatjies wat ons vir hom gemaak het. Mag die familie vertroosting en krag ontvang in hierdie tyd. Wees gegroet.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 08/05/2023 - 20:05

Sterkte aan die familie in die tyd van rou. 

Dit is nou slegte nuus. 

Jy was 'n groot yster.

R.I.V. Jy was 'n altyd so gewillig om te help. Ons gaan jou baie mis. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 08/05/2023 - 20:20

Ai tog, dit is skokkende nuus om van Willem se skielike afsterwe te hoor.  Ons ken mekaar al vir baie lank, vanaf die WegSleep-forumdae. 'n Pragtige kenmerk van Willem was om in alle opsigte behulpsasam te wees.  Willem sit in Pretoria, ek  in Kaapstad en spook om "mag" wiele vir my Exclusive teen 'n billike prys te kry.  Willem kry 'n splinternuwe stel vir my en koop dit sommer ook waarna ons dit met behulp van nog vriende by my in die Kaap kry.  By 'n volgende geleentheid noem ek vir hom ek wil graag 'n "dash cam" aanskaf, maar weet nie waar om te begin nie.  Die volgende laat weet hy my hy het twee bestel wat ek by hom kan kom kry oppad Wildtuin toe.  By nog 'n geleentheid vra ek hom uit oor sy tent-afdakkie voor by die Exclusive se A-raam om koelte oor die voorste slaapkamer-venster te voorsien.  Die volgende dag e-pos hy vir my 'n presiese diagram met mates wat ek netso vir 'n tentmaker gee om vir my te maak.  Dit pas toe 100%, netsoos wat ek dit wou gehad het.

Willem se afsterwe is vir ons kampvriende 'n groot verlies en ek gaan sy deelname aan die forum en sy persoonlike gesprekke met my baie mis.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 08/05/2023 - 20:22

Ek was nie so gelukkig om hom persoonlik te ken nie, maar het nou weer hier gaan lees wie was Willem. Kyk op bl 2 van die gesprekslyn. 
 

Hy het vir my oorgekom as ‘n opregte persoon, en ‘n ware heer wat graag sy medemens gehelp het. Dit was ‘n voorreg om hom hier te leer ken. Sy teenwoordigheid gaan baie gemis word. 

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 09/05/2023 - 05:27

RIV Willem. Baie sterkte aan Surette en Wijan. Julle gaan hierdie staatmaker van 'n man en Pa baie mis. Baie sterkte ook aan Willem se ander kinders en kleinkinders. Julle is almal in my gebede.

0

Dit is nou baie slegte nuus, het amper van my stoel geval. Willem was vir my 'n onselvsugtige mens met hulp bystand en advies.

Toe ek my exclusive gekoop het het my gehelp, sonder om my van erens te ken en sonder huiwer.

Gaan sy stories advies en insette mis. Sterkte aan sy famielie in die tyd.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 09/05/2023 - 15:56

Gedenkdiens vir my man Willem is gereël vir 15 Mei 2023 om 10:00 by die NG Gemeente Pretoria Tuine by 567 Schurmanns Ave, Pretoria Tuine, Pretoria, 0082
Verversings na die diens by die kerk.
Almal is welkom.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus