6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -20 minutes ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -23 minutes ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -43 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -3 hours ago

Suidwes Afrika - Namibië.

Florauna, Pretoria
Submitted by chris dupreez on
Forums

Goeie dag almal, ons oorweeg n toer Namibië toe so in September. Is dit moontlik met die padwa. Ons sal seker by kamp plekke staan met die wa en dan verder rondry en die wa maar los daar naby. Is dit moontlik, is daar enige raad en advies van julle kant af asseblief

Brits

Wessel Strydom

Sat, 13/05/2023 - 13:08

Middag Chris du P

Ek is oortuig dis moontlik, om tot by Etosha net op teer te ry. So ook Swakkopmund toe.

Probeer om by Weg die volgende uitgawes op te spoor;

1] Namibië ---2016 Reisgids met 240 blyplekke, GPS punte en kaarte.

2] Weg nr 160, Februarie 2018,  Namibië, Khoma Hochland, Windhoek.

3] Botswana Reisgids 2017/18  met 133 blyplekke met Chobe, Moremi, 4x2 reisplan deur Botswana, kontaknommers, GPS punte en kaarte.

Met die 3 boeke gaan jy beslis 'n lekker roete kan uitwerk. Ek het hulle in my argief.

Florauna, Pretoria

chris dupreez

Sat, 13/05/2023 - 15:52

Baie dankie, ek sal kyk vir daai ou Weg tydskrifte. 

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 14/05/2023 - 13:00

Ek praat van jare gelede - toe kon jy teerpad ry tot in Namutoni en Okaukoujo (spelling?) onderskeidelik. Maar die ander paaie in Etosha - tussen genoemde twee kampe, Halali ingesluit - was alles gruispaaie wat baie stowwerig was.

Florauna, Pretoria

chris dupreez

Sun, 14/05/2023 - 17:05

Dankie Chris, ek sal my huiswerk goed moet doen voor die tyd, en al hierdie dinge moet uitvind om n roete te beplan. 

Nelspruit

Koos Mol

Fri, 19/05/2023 - 16:15

Ek hoop jy het al jou asem teruggekry.  Maar soos die engelse se..... "never say never".....

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/05/2023 - 20:51

Lekker om te sien jy loer nog so dan en wan hier by ons in.  Groete vir Irene.

Florauna, Pretoria

chris dupreez

Sat, 20/05/2023 - 07:22

Baie dankie Koos, ek maak definitief gebruik van die link. Ai dis goed om te sien daar is nog van die mense van ,,wegsleep forum ,, hier rond. Geseënde dag vir almal.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus