Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert ... Braai met 'n Weber Chris Boucher -31 minutes ago
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -10 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -20 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -21 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -1 day ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago

Suid Afrika: Sinkende gevoel....

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Asof Eskom en De Ruyter se dinge nie genoeg is nie sien ek ons is nou op die internasionale grys lys geplaas wat oorgrens geld wassery en bedrog risiko's aanbetref. Die geldmanne reken dat dit gewoonlik tot verminderde buitelandse beleggings en uitvloei lei, nie verbaas nie aangesien ons nou saam met ons ou vriende in Mosambiek, Sirië, Jemen, ensovoorts op die lys is. Veel word wel gesê rondom ons "goeie" vordering die laaste jaar maar ek weet nie so mooi nie....dan begin dit al hoe meer lyk of heelwat van De Ruyter se beweringe wel water hou...Moet maar solank ons tjoepies opblaas sodat ons darem nie te diep wegsink nie...En dan begin die metro's nou ook een na die ander na 'n onheilige alliansie tussen die ANC en EFF neig, volgende om te val na Johannesburg is sekerlik Ekurhuleni gevolg deur Tshwanetoria...sal maar 'n vooraad prozak's moet aanskaf vir die depressie wat ek begin voel aankom!

Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 24/05/2023 - 08:27

Ek sou dit nie so maklik as onwaarskynlik sien nie. Wat kalibers aanbetref is die SANW (asook die ou SAW) ten volle gestandaardiseer op NAVO standaarde, bv. ons langafstand artillerie is 155mm (G5 en G6), so ook aanvalsgeweer rondtes (7.62 x 51 vir die ou R1 en 5.56 vir die R4),. Die standaard artillerie van die Russe gebruik 152mm rondtes, en bv die AK47 'n 7.62 x 39mm. Punt is dat die rondtes nie uitruilbaar is nie. Nou kom daar ook 'n MAAR in....ons weet nie of van die plaaslike vervaardigers dalk wel Russiese standaard rondtes vervaardig op bestelling nie. Dan kan mens ook sekerlik na ander goed soos plofstof kyk wat "kaliberloos" is. Ek het ook aanvanklik gedink dis eerder waarskynlik dat daai skip Russiese "ware" afgelaai het eerder as om te laai. Maar toe die ANC gister op die DA se versoek vir die skip se vragbriewe dit nie wil beskikbaar stel nie is alles skielik "classified". Laat mens wonder...(en wat soek 'n siviele vragskip in 'n vlootbasis en hoekom die skip se transponder skielik afskakel? Tensy jy iets wil wegsteek?)

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 24/05/2023 - 08:50

Mens moet ook seker kyk na wat 'n mislukte staat is, veral nadat Mbalula vlgs media berigte gister gereken het dis moontlik dat die land ene kan word. Wikipedia definieer dit as:

".... a state that has lost its effective ability to govern its populace. A failed state maintains legal sovereignty but experiences a breakdown in political power, law enforcement, and civil society, leading to a state of near-anarchy. Wikipedi" Klink nogal bekend! Sien ook

https://en.wikipedia.org…

Die globale kaart wat die toestand van lande aandui wys SA as donker geel. Dink as ons uit AGOA en EU handels ooreenkomste  geskop word is ons ook een van die oranje of rooi lande, soos byna die hele Afrika. Hieronder is die 2022 prentjie (sien artikel deur Solidariteit..)

https://solidariteit.co…

 

 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 24/05/2023 - 09:21

................nou het ek skielik erge sooibrand.

Die ongekende (en dikwels beledigende) verdediging uit ANC geledere op al hul mislukkings wat nou een na die ander in die kollig geplaas word, spreek boekdele.  Die lys van mislukkings word langer en langer.  As dit tog net by die townships in die diep platteland (veral KZN) kan uitkom.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 26/05/2023 - 10:17

Sien die wereld se gunsteling geld eenheid (Rand) het oornag amper by R19.83 teen die VSA Dollar gedraai, Bloomberg reken volgens hulle modelle is die waarskynlikheid meer as 50% dat die Rand deur R20 in die Dollar gaan breek in die volgende week (staan tans by R19.72). Gelukkig het meeste van ons ou mense reeds hulle finale voertuig aangeskaf, as jy nog nie het nie is dit dalk nou die tyd, 'n nuwe stel wiele gaan KOS binne die volgende paar maande sou ek reken. Nuwe karavaan is seker ook dan buite die kwessie, die '95 Fleetline moet maar nog 20+ jaar hou...Ai jai jai....

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 26/05/2023 - 11:07

.... kommerwekkend wat tans met ons ou geldeenheidjie aangaan. My "ou lady" (1993 Caravette 6B) is nog 2 jaar ouer as jou 95 Fleetline, Grootwind. Maar ons het al jare gelede besluit dat sy maar sal moet bly. En dieselfde geld vir ons voertuie - wel aansienlik jonger as die "ou lady". Daar was op 'n stadium 'n jeukerigheid in my agterent om dalk maar weer 'n 4x4 aan te skaf om die uitstaande plekke op my wenslys (soos o.a. Baviaanskloof en Sanipas) te besoek, maar dit is ook maar intussen op my maag geskryf.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 26/05/2023 - 11:16

As die ANC se nuwe raswette deurgevoer word (wat waarskynlik is) gaan ek seker afbetaal word. Hopelik sal ek darem ‘n pakket kry, en daarna dalk kan konsulteer of andersins maar begin vellies verkoop by markte of mense se huise verf. Van ‘n nuwe voertuig (of enigiets anders) is daar geen sprake nie.
 

Ek het besluit om niks meer te leen as die R150k wat ek nog skuld op die Prado nie. Wanneer ek die Everest terugkry kan ek dit darem verkoop, en daardie skuld ook afbring. Ons leef reeds in donker tye, maar ek kan dit nie sien makliker word nie. Inteendeel. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 26/05/2023 - 11:52

ChrisS, ek dink dis die regte ding om te doen.  In my geval is ek gelukkig om reeds 15 jaar afgetree te wees en dit het my standpunt om skuldvry te probeer wees bevestig omdat ek nie paaiement-gebonde wil/kan lewe nie  -  en trouens dit het die verdere voordeel om nie vir rentekoers-verhogings te vrees nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 26/05/2023 - 11:55

.... Donderdag 1 Junie plek bespreek in die wildtuin vir volgende jaar Mei (hopelik kry ek dit reg om plek te kry). Kom dit af om wildtuin toe te kan gaan, dan kom dit af. Maar minstens weet ek dat ek kampeerplek in die wildtuin sal hê indien ons hetsy met 'n tent of die "ou lady" die langpad wil vat. Sou ons nader aan die tyd besluit, gesien in die lig van kostes en ander faktore, om nie te gaan nie, kan ek dit oordra na ander parke - of dalk vir Maurits laat kry.

Toe ons Sondag terugry vanaf ons kort vakansie, het ek en Ralie besluit dat as ons om een of ander rede nie kans sien om die langpad wildtuin toe te neem nie, ons dalk 'n baie lekker toertjie nader aan die huis met die "ou lady" kan doen - dan waarskynlik in April, wat weliswaar nie gryskop-afslagtyd is nie. Die paaie wat ons gery het is in goeie tot uitstekende toestand om te sleep. 'n Moontlikheid om N2-langs te ry tot Mosselbaai/Hartenbos-omgewing en Wildernis, daarvandaan oor die berg Oudtshoorn en Beaufort-Wes toe en dalk by Montagu 'n bietjie te gaan uitspan, kan uitloop op 'n lekker toertjie.

Ons het steeds in ons agterkop om iewers gedurende Julie/Augustus/September vir ons ver kinders te gaan kuier, maar met die huidige agteruitwaartse tendens van die Rand, mag dit dalk buite ons bereik wees.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 26/05/2023 - 11:56

ChrisS, ek dink dis die regte ding om te doen.  In my geval is ek gelukkig om reeds 15 jaar afgetree te wees en dit het my standpunt om skuldvry te probeer wees bevestig omdat ek nie paaiement-gebonde wil/kan lewe nie  -  en trouens dit het die verdere voordeel om nie vir rentekoers-verhogings te vrees nie.

.... in dieselfde posisie as Len. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 26/05/2023 - 13:30

.....omdat ons ook skuldvry is. 

Ongelukkig kom so 'n finansiele status slegs met  een groot nadelige faktor-----die ouderdom!!!!!

In my geval, en seker maar in die meeste gevalle op die forum, het ons daar gekom by aftrede. Huise is betaal, kinders deur  kollege/universiteit en die vrede gemaak om maar wat jy het, bloot op te gebruik. 

As mens maar kon weet, hoe jou lewensloop gaan wees, kon mens daarvolgens gelewe het. Bedoelende, die doodskleed het nie sakke nie.

Voordat ek nou in 'n depressie verval, laat ek liewer die Kavango gaan stofsuig, en die geblikte proviand begin inpak.  

 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 26/05/2023 - 13:38

As ek kyk na my " paket" wat ons seker almal het, is dit alreeds n aardige klomp. En die jaarlikse " aanpassing" is nie in lyn met hoe die fondse etc oor die afgelopepaar jaar presteer het nie.

Medies,  erfbelasting, krag, water, dstv, wifi, voertuig dienste, bande, brandstof, groceries,  tuindienste, ek laat sekerlik n paar uit is maar so goed as skuld en verpligte uitgawes.  Eenkant sit vir vakansies is net so belangrik. 

Bloot om te leef sonder kar of huisskuld laat my nie baie beter af nie.   

Sal ons vir dogter in London kan gaan kuier, onmoontlik. Ek glo stellig hulle bier is seker al £5,00 doen daai in Bokrande en dit gee erge sooibrand.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 26/05/2023 - 13:54

Middag Herman

Nou het jy teer puntjie aangeraak, die kuier by kinders!!!

Ek is seker ouskool, maar as ek vir een kind gaan kuier, dan moet ek ook mos by die ander twee ook gaan kuier. Sjoe, myne is vêr versprei, Dubai, Miami en London. 

Dit, en die uitgawes soos jy uitspel, beteken net een ding. Ons mag skuldloos wees, maar beslis nie welaf nie. laugh 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 01/06/2023 - 16:03

Lyk my toe dit gaan nog vinniger as verwag gebeur dat die Rand deur R20 teen die VSA Dollar breek, vandag nog 'n nuwe laagtepunt, R19.91. Saam met rekord misdaadsyfers, cholera, ondrinkbare water en riviere wat nou net 'n riool sloot is weet mens nie meer nie. En dan waarsku die reserwebank dat ons sekondere sanksies mag ervaar agv ons voetjie-voetjie spelery met Vladolf Putler. Lyk my dat ons tydens ons Junie/Julie kamp by Scotties maar net na die see sal kan kyk met al die onnoembares wat nou in die see inloop.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 02/06/2023 - 16:05

Gelukkig het ek en die haaie 'n werkbare ooreenkoms, Herman jy ken mos daai ene van die haaie en die kroeg? Maar Ma is baie lief om in die see te swem, sal haar maar moet vertel van 'n mieliemambalaughdevil

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 02/06/2023 - 16:33

Nee man Herman...dis dan so oud soos die berge! In kort, ek en die haaie het 'n ooreenkoms, ek bly uit hulle see uit en hulle bly uit my kroeg uit! 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 02/06/2023 - 16:55

ek en die haaie het 'n ooreenkoms, ........ hulle bly uit my kroeg uit! 

 En die Bulle? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus