6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -25 minutes ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -2 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -3 hours ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Strydoms in Kruger '23

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Nounet my bespreking afgehandel vir Kruger volgende jaar. Dit is as volg;

Shingwedzi: 30 Mei

Punda Maria: 31 Mei tot 5 Junie

Tsendze:          5 Junie tot 10 Junie

Satara:             10 Junie tot 15 Junie

Berg & Dal:     15 Junie

Huistoe:           16 Junie

Ons beplan om in P.Borwa Aventura oor te slaap die aand van 29 Mei. 

Ek voel gemaklik en veilig op die Pietersburg - Tzaneen - P.Borwa pad, en uiteraard die N4 terug.  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 24/05/2023 - 12:02

..............die idee is jy maak jou piekniek-etetjies self daar.  Daar is wel skottelskaar-braaiers te huur en natuurlik toilette.

Jy kan natuurlik net 'n entjie verder by Mopani-ruskamp in die resrourant gaan eet.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 24/05/2023 - 12:15

.... bly een van my gunsteling piekniekplekke in die wildtuin - meer om nostalgiese redes. Ons het gedurende die tyd wat ons in Tzaneen gewoon het gereeld vir naweke wildtuin toe gegaan en Letaba was die mees algemene kamp wat ons besoek het. Dit was destyds amper 'n tradisie om Sondagoggende eers by Mooiplaas 'n "brunch" te gaan maak. Dit was in die dae voor skottelbraais - toe daar nog vuur gemaak is by die piekniekplekke en jy jou kole daar kon skep.

Maar soos Len reeds genoem het, Mopani ruskamp is 'n hanetreetjie vanaf Mooiplaas (wat terloops aan Tsendze grens). Mopani het 'n uitstekende dagbesoekers-area indien jy daar self ietsie te ete wil voorberei. Maar die restaurant, met sy uitsig oor die Pionierdam is beslis iets om te beleef.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 28/05/2023 - 16:27

Middag vriende

So breek die laaste aand se slaap tuis aan. Volgens my is alles gepak, watertenk vol, toilet se tenkie vol, met al die lekkerruik doepas.

Grompie staan reg, N.Luna mooi gevries en gekoppel agterop. Môre oggend net laaste goedjies--- brille, pille en padkos laai, dan bande pomp  en in die pad. 

Ek mag dalk effe stil raak omdat ek te lui is om skootrekenaar en toring op te stel, waar ons net 'n aand vertoef. DV laat hoor ek dus van ons vanuit Punda Maria.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 28/05/2023 - 17:43

Hy 's altevol geneig om maar af te skeep met sy verslae - en veral foto's.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 28/05/2023 - 21:13

..............die tyd het darem gevlieg en nou kan julle trppie môre begin.  Ek wens julle 'n veilige rit toe en sommer 'n lekker, suksesvolle vakansie.  Geniet dit en stuur asb so 'n klompie fotos.

Pretoria

Geert

Mon, 29/05/2023 - 07:51

Veilig reis en geniet Wessel. Hier is vroeer gesels oor olifante, kyk hierdie YouTube video waar n olifant op 3 bene loop

video
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 29/05/2023 - 08:20

Geniet julle trip wildtuin toe en kamp 'n olifant uit die bos uit. Dalk moet Wessel daai 3 been gaan soek en ons kom vertel, of is hy mos te skrikkerig vir oom olifant. Wessel moet maar bel en hoor by kees se bende waar is die outjie. 

Worcester

Wildehont

Mon, 29/05/2023 - 09:27

Die Strydoms is seker nou al ten minste deur Carousel tolhek. Ek wens dit was ek wat nou die N1 noord gevat het oppad Phalaborwa toe. Ek hoop hy vertel darem vanaand vir ons hoe het Magoebaskloof toe af gesleep.
 

Nadat ek Vanrhynspas af gesleep het oppad terug van Kgalagadi af verlede maand skrik ek nie meer vir afdraende nie. Ek skakel net af na tweede rat en kyk hoe dam die karre agter my op. 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 30/05/2023 - 08:16

Wessel het gister (via Neef) laat weet dat hulle veilig in Phalaborwa arriveer het. Hy't egter kleinkoppie getrek vir Magoebaskloof en via George's Valley die Laeveld betree. Afgesien van 'n paar groot slaggate en 'n enkele vragmotor, het hy die pad heel gangbaar beleef.

Pretoria

Geert

Tue, 30/05/2023 - 08:59

Ek mag dalk effe stil raak omdat ek te lui is om skootrekenaar en toring op te stel, waar ons net 'n aand vertoef

Hi Wessel...eks nuuskierig, watse toring gebruik jy vir data?

Worcester

Wildehont

Tue, 30/05/2023 - 09:12

Ek het die roete twee keer gesleep met die Kavango - George’s Valley af en Magoebaskloof op. Verlede jaar was daar afgesien van slaggate ook groot stukke teer wat uitgesny was en nog nie vervang was nie. Waar die gate in die skadu van bome was het mens dit eers gesien wanneer jy amper in dit was. Gevolglik moes ek baie stadig ry. Die pas is egter heelwat minder steil as Magoebaskloof. As ek lg in 2de rat aanpak en nou en dan rem om spoed te beheer, dink julle wat al daar af is met ‘n wa ek sal OK wees? Neem in ag dat my kombinasie met al ons negosie definitief meer as 4 ton weeg. Waarskynlik nader aan 5 ton as aan 4. 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 30/05/2023 - 10:05

My "ou lady" is nie naastenby so swaar soos 'n Kavango nie - alhoewel my bakkie ook maar swaar gelaai is as ons vir 3 - 4 maande Laeveld toe gaan. Ek het altyd Magoebas op en af gesleep oor die jare. Toe ons in 2017 vir die eerste keer met 'n outomatiese ratkas af ry met Magoebas, sommige dele selfs in 1ste rat, het my beter-helfte skielik bang geraak omdat dit vir haar gevoel het asof die wa die bakkie té veel druk. Ek het dit egter nie só ervaar nie en het die hele tyd 100% in beheer gevoel.

In 2019 besluit ek toe om mammie ter wille te wees en sleep toe af met die Duiwelskloof-roete. Maar 'n ent voor Mooketsi word ons toe deur verkeerspolisie gestop en aangesê om via Soekmekaar te ry weens protes-aksie op die pad vorentoe - 'n baie lang ompad.

In 2021 ry ek toe maar weer, vir mammie se onthalwe, die Duiwelskloof-roete. Maar hierdie keer was daar konstruksie aan die gang en moes ons noodwendig lang ente gruis-ompaaie ry - wat my laat besluit het dat dit in die toekoms maar eerder weer Magoebas sal wees.

Die laaste keer wat ek met die George's Valley-pad afgekom het, was sonder om te sleep. Dit was een moerske frustrasie om agter vragmotors vasgekeer te wees. Dus, as ek ooit weer van Polokwane af in Tzaneen se rigting sleep, sal dit ongetwyfeld via Magoebas wees. Dié pad bied ook deesdae heelwat dubbelbaan-dele waar die swaar-gelaaide hout-vragmotors verbygegaan kan word.

Worcester

Wildehont

Tue, 30/05/2023 - 10:25

Dankie vir die deeglike terugvoer Mnr Boucher en jammer Wessel dat ons jou gesprekslyn gebruik om ‘n roete te bespreek. Ek neem aan julle is al vroeg in by Phalaborwa hek. Dis darem ‘n heerlike gevoel as jy met die permit in jou hand terugstap na jou ryding, inklim en (in ons geval) die vensters oopmaak na jy aansluit om die paradys binne te gaan. Ons speel dan altyd die speletjie om te raai wat die eerste dier is wat ons gaan sien. 
 

Dis eintlik jammer dat dit so ver is Shingwedzi toe van Phalaborwa af, want as mens ‘n lekker staanplek wil kry kan jy nie kuier-kuier daarheen ry nie. “Gelukkig” is julle net een aand daar oppad Punda Maria toe. Ek sit die gelukkig in aanhalingstekens omdat Shingwedzi met Tsendze ‘n kort koppie agter ons gunsteling kamp is. Maar ek glo julle gaan Punda en omstreke baie geniet. Ek hoop jou kettie is ingepak. 

Pretoria

Geert

Tue, 30/05/2023 - 10:47

Toe ons voor verlede jaar Swadini toe is, het ek ook navraag gedoen oor die 2 opsies. Daar is heelwat mense wat my bang gepraat het hoe erg daai afdraande van Magoebaskloof is.....remme wat kan begin brand en nog vele ander bangmaak stories. Ons het op die einde tog besluit om Magoebaskloof te ry. Ons het met die pas begin en afdraandes was daar......ek sê nog vir my vrou ek wonder wanneer kom die erg afdraandes nou....terwyl ons nog wonder wanneer kom die styl afdraandes nou, toe kom ons agter ons is reeds onder. Daai pad is glad nie so erg nie, daar is baie erger afdraandes as daai Magoebaskloof, selfs daai afdraande van Olieviershoekpas by Drakensville is erger en almal ry hom sonder stress. So ry gerus Magoebaskloof

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 30/05/2023 - 18:11

Hy't laat weet dit is netjies in Shingwedzi (nog altyd my ervaring ook gewees), maar hy voel nie heeltemal gemaklik met die baie grootvoete nie. Blykbaar is hulle ook gejaag deur olifante. En ek het al agtergekom hy's nie 'n baie brawe man as dit kom by grootvoete nie. Neef spreek die hoop uit dat Wessel darem nog 'n skoon onderbroek aangehad het.

Selfs 'n krokodil in 'n gruispad gekry.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus