Dis nog nie naby genoeg om slapies te begin tel nie, maar oor vier weke is ons DV oppad Potchefstroom toe van Kambro af. Ons vriende wat saam was Kgalagadi toe het gister kop uitgetrek. Riël wil nie sy Penta so ver sleep nie, en dit gaan te duur wees om ‘n wa te huur. Dit is dus net ons vier Smalletjies.
So lyk ons program:
29 Junie Worcester na Kambro
30 Junie Kambro na Potchefstroom
2 Julie Potchefstroom na Phalaborwa
3 Julie Phalaborwa na Shingwedzi
9 Julie Shingwedzi na Tsendze
14 Julie Tsendze na Potchefstroom
15 Julie Potchefstroom na Victoria-Wes
16 Julie Victoria-Wes na Worcester
Die luuksheid van aftrede
sodra ek heeltemal ontwaak het
Ai, dis darem lekker om werkloos te wees!
Hallo ChrisS, Hieronder…
Hallo ChrisS, Hieronder fotos van Danie Pienaar van die Strand se Fortuner met 3 batterye onder die engin-kap. Hy kamp ook gereeld in die afgelee plekke.
![]()
![]()
Sommer drie!
Fortuner met 3 batterye onder die engin-kap.
Blikskottel. Knap gedaan. Ons besoek nie werklik sulke afgeleë plekke nie. Ek wil nog my kinders Botswana toe vat, maar hulle moet bietjie groter word en die petrol prys moet halveer voor dan. Ek sien die Fortuner het dieselfde enjin as die Prado.
Ook gelees van alternator…
Ook gelees van alternator.................................wat miskien nie ontwerp is om tweede battery te laai nie al is dit met die solonoid.
4x4 forum waarsku daarteen en die alternator moet opgegradeer word. Daarom dat ek maar kabel van battery na die canopy geneem het.
Beloofde foto's
Ek plaas 'n foto of drie van die inverter/gel-battery trollie wat my seun gekoop het.



Die afmetings is 51 x 40 cm en 48 cm hoog. Ek skat dit weeg tussen 30 en 40 kg.
Ek sien die Fortuner het…
Ek sien die Fortuner het dieselfde enjin as die Prado.
Dit is hoekom ek dit geplaas het, want dit is dieselfde V6 as in jou Prado. Nog 2 fotos.
So daar is definitief spasie vir 'n 2de battery.
![]()
![]()
Plek vir 2de battery
Dit is hoekom ek dit geplaas het, want dit is dieselfde V6 as in jou Prado. Nog 2 fotos.
So daar is definitief spasie vir 'n 2de battery.
Die Prado het reeds ‘n tray vir die tweede battery in die enjinruim aan die neus se kant regs as jy van die stuurwiel af kyk. Dit is ook reeds bedraad vir toevoer van die hoof battery af en voer agtertoe na die kattebak waar ‘n BH prop sit. Die NL solenoïde sit ook by die battery, en daar is ‘n monitor in die paneelkissie.
Vanwee wat ek gelees het in die artikel en omdat ek reeds ‘n DC-DC laaier en sonpaneel het, gaan ek eerder die voer van die hoof battery af kattebak toe vat en die DC-DC laaier en tweede battery in die kattebak sit. Ek haal beide uit tussen toere.
Inverter trolley
Die afmetings is 51 x 40 cm en 48 cm hoog. Ek skat dit weeg tussen 30 en 40 kg.
Ek sien dit pas in ‘n plastiek krat soos die wat ons almal gebruik. Dit vat darem nie so baie plek nie, en dit lyk of die omsetter sonkrag ook kan gebruik. Dis net daardie gewig wat wild is.
Inverter Trolley
Dis net daardie gewig wat wild is.
Ek stem saam. Dit gaan nie vir my soseer oor die ekstra gewig agter in die bakkie nie, maar om dit elke keer in- en uit te laai is 'n bietjie swaar vir dié ouman. My seun is nog relatief jonk en daarby nog 'n sterk man. Hy speel met ysters en hanteer dié gewig baie maklik. Hy beplan om dit nie in sy Penta saam te ry nie. En dit sal slegs in Berg-&-Dal en Eiland Spa uit die bakkie gelaai word. Dit is die enigste twee plekke waar hulle langer staan - Berg-&-Dal 7 nagte en Eiland Spa 10 nagte. Vir die res, waar hulle oral net een aand oorstaan, beplan hy om, slegs indien nodig, die nodige koppelings sommer agter vanuit die Hilux te maak.
Ek kan agterkom dat hy nou kinderlik opgewonde is om te vertrek. Ek word daagliks ingelig hoeveel slapies daar nog oor is. Hulle vertrek vandag oor twee weke en slaap een aand oor by onderskeidelik Gariepdam, Loskopdam en Malelane-kamp. Dan 7 aande in Berg-&-Dal, gevolg deur een aand elk in Skukuza en Swadini voordat hulle vir 10 aande inboek by Eiland Spa. Met die terugkeer bly hulle oor by Aldam en Karoo Nas Park. Ek wens dit was ek.
Wragties, klink na n lekker…
Wragties, klink na n lekker vakansie van Chris B junior.
So kry ek vandag van Wessel n briefie. Hy sê hulle kry vrek warm, en sonder aircon. En die sonpanele sukkel om die yskaste, let wel yskaste, koud te hou. Toe vra ek myself, het ons kampers so gemaklik geraak dat kamp deesdae n beslomnernis as ons nie krag en water binne vat afstand het nie.
Om van die ou dae te praat is simpel. Die dae van parafienlampies en wind-droog ribbetjies in n meelsak tel nie meer nie. Maar wragties, die eenvoud het nie kamp moeite gemaak nie,
Nou wat wil ek sê. Die nuwer geslag neem kampeer na ń vlak wat vir hulle werk. Ja, Jurgie het ook mikrogolf, aircon en fancy ingebou. Maar in my hart, sit ek by n oop vuurtjie met n tentjie onder n boom.
Om nou die volgende stap te neem om selfs krag op te wek vir kamp behoeftes en noodsaaklikhede, is om dit na n vlak te neem wat maar risikant is. Sou die son 2 dae agter die wolke wegkruip, " Mark my words" dit moet mos gebeur,is normaal en, gewaarborg.
As ek verder die gesprekslyn mag besoedel.....
.........ons teerpadwaentjie met gas ys- en vrieskas het heerlik gestaan by Tsendze en Balule vir 7 dae elk sonder krag en ons LED liggies in die wa kon nie die battery oor die 7 dae paptrek nie. En natuurlik het die ys- en vrieskas nie vir krag op die son staat gemaak nie ! Ons was nou wel die meeste van ons tyd in Meimaand daar en net 'n week of wat in Junie.
Ek sê al hierdie goed sommer uit jaloersgeid omdat ek nie oor die heel moderne toerusting beskik nie.
Toe nie so eenvoudig nie
gaan ek eerder die voer van die hoof battery af kattebak toe vat
My kop is te plat vir die besigheid. Ek is nie seker hoe werk die solenoïde nie, maar as ek reg onthou gee hy eers krag as die hoof battery vol gelaai is. Ek kan nie sien watter draad gaan van die enjinkap af kattebak toe nie, so ek weet nie watter een om aan die hoof battery se positiewe pool te koppel sodat dit die BH prop in die kattebak lewendig maak nie. Dalk raak dit lewendig as die hoof battery vol gelaai is en die solenoïde aanskakel. Ek gaan maar liewer die Prado na Hein my auto elektrisiën vat om die drade reg te koppel met ‘n sekering.
Kamp gerief
het ons kampers so gemaklik geraak dat kamp deesdae n beslomnernis as ons nie krag en water binne vat afstand het nie.
Ek slaap ook maklik onder ‘n boom op die grond of eerder op ‘n dakrak sodat die skerpioene my nie bykom nie. Maar, ek kampeer nie meer alleen nie. En happy wife, happy life.
Die Kavango is gereed
Ek kon gister uiteindelik die Kavango regkry. Dit lekkasie in die stort was by ‘n koppelstuk, en was maklik om reg te maak. Toe het ek seker gemaak al die moere is vas, en het die wiele om die beurt opgelig om te kyk of daar speling is op die laers en of die remme nog reg werk. Oor drie weke is ons DV oppad Phalaborwa toe. Sodra ek die N1 anderkant die Magaliesberg waar ek teen die noordelike hang grootgeword het en waar die bosveld begin tref, raak dit lekker.
En daai spaarwiel sit ook…
En daai spaarwiel sit ook nog stokstyf daar agter op die Kavango en drentel lekker saam.
Puik ontwerp
En daai spaarwiel sit ook nog stokstyf daar agter op die Kavango
Nie net dit nie, daar kom ‘n fietsrak met twee fietse ook op die spaarwiel. Dankie vir die puik ontwerp!
Drie weke
Oor drie weke gaan ons DV in by Phalaborwa hek. Die Prado gaan Woensdag na Hein my auto elektrisiën om die krag van die hoof battery tot in die kattebak te voer. Ek wag vir Pierre Nolte my werktuigkundige om te laat wanneer hy deur die Prado kan gaan om seker te maak alles is reg na Kgalagadi.
Wonder oor daai ou met die…
Wonder oor daai ou met die drie batterye voor by die enjin en of die goed se gewig enigsins 'n impak het op die voorste suspensie? Weet dat baie mense wat daai swaar staal buffers en koeivangers saam met 'n winch voor ophet hulle suspensie ook moes opgradeer. Tipiese lood-suur diep siklus eenheid weeg rondom 25kg, litium heelwat minder, omtrent 13kg. Maar dis steeds 'n redelike ekstra gewig voor in die neus maw voor die suspensie.
Fietsrak Wildtuin toe ?
ChrisS, kan jy verduidelik asb. Of wou jy maar net noem dat die fietsrak (sonder fietse) aan die spaarwiel heg ?





Chris Wildehont ...
... ek sal 'n foto of twee van die 'ding' plaas en 'n afmeting of twee plaas. (sodra ek heeltemal ontwaak het). Dit is maar swaar ja.