Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bome omwaai November 2026 Geert -45 minutes ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -12 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -13 hours ago
Hael November 2026 Geert -13 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -18 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 11/05/2023 - 10:48

Ek neem aan dit is wie sulke duur nuwe voertuie koop. Ek sou graag wou weet of dit finansieël sin maak om ‘n nuwe voertuig te koop, eerder as om met ‘n afbetaalde ou een te ry. Maw; is die belastingvoordeel groot genoeg om die paaiement van die nuwe voertuig te dek? Ek is seker dit is nie. Ek hou dus maar by die wet van Transvaal as dit by belasting kom. Al kry ek ‘n fris vervoertoelaag, gaan my besteebare inkomste heelwat minder wees as ek ‘n nuwe voertuig sou koop. 
 

Ek het dit al oorweeg om die RAV, Everest en Prado te verkoop en ‘n Ranger nie ouer as 5 jaar met minder as 100 000km te koop. Maar dan moet ek die ry genot van die Prado prysgee. Ek sal maar net die Everest verkoop wanneer ek dit terugkry. Ek stem saam met Hennie dat my voertuie baie meer werd is as waarvoor ek hulle sal kan verkoop. Ek het wel definitief een te veel tans. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 12/05/2023 - 13:42

Ek lees nou op cars.co.za dat daar volgende jaar ‘n plaaslik vervaardigde petrol hibriede Hilux en Fortuner na ons mark kom. Dit sal  interessant wees om te sien wat die voertuie se werkverrigting is en hoe hulle verkoop. En ons het onlangs nog hier gespekuleer daaroor dat daar binnekort net diesels gemaak gaan word. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 12/05/2023 - 14:12

Ek wonder wie en waar is die mark aanvraag daarvoor. Seker net die stedelinge wat naby vinnige laaiers beweeg.

Doer in die Karoo, Namakwaland, Bosveld en Kalahari sal die mense maar by diesels bly.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 12/05/2023 - 14:27

Seker net die stedelinge wat naby vinnige laaiers beweeg.

Onthou, ‘n hibriede elektriese voertuig se battery laai terwyl dit ry en rem. Dit is nie nodig om dit in te prop nie. Die Corolla Cross is so voertuig, mens kry ook nou ‘n Jolion en H6 wat so werk. Die nuwe Tank ook.
 

‘n Kennis werk by ‘n agent wat GWM voertuie ook verkoop. Hy sê as hy van die huis af kinders by die skool aflaai en tot by die handelaar ry met ‘n Jolion HEV, gebruik hy party oggende niks petrol nie. Die petrol enjin skop eers in van 40kph af. Dink net hoe lekker kan mens in doodse stilte in die Kruger wildtuin rondgly.
 

Die elektriese motor/s voeg ook skop by die petrol enjin sonder om meer petrol te verbruik. ‘n Nadeel van ‘n HEV is dat die batterye plek vat. Die Tank se kattebak se vloer is bv hoog om plek te maak vir die batterye. Gaan die Hilux dus ‘n vlakker/korter laaibak hê?

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 15/05/2023 - 17:20

Dink mens moet eers bietjie tyd gee om te sien wat die hibriede trokkies sal doen as dit by sleep kom. En dan moet mens so elke paar jaar daai battery vervang...sou dink dis nie te goedkoop nie?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 17/05/2023 - 20:20

Ek lees vandag ‘n artikel wat spekuleer dat Toyota die/‘n vorige reeks Hilux sonder tierlantyntjies gaan terugbring om ‘n meer bekostigbare bakkie beskikbaar te stel. Soos hulle met die ou Conquest gemaak het wat toe die RunX uitgekom het ‘n Tazz geword het en met die Corolla Quest. Ek dink dit sal werk vir besighede en plaasboere wat nie ‘n aanraakskerm en al die nonsens nodig het in ‘n werksvoertuig nie. Ek glo egter nie die stadsjapies wat kinders skool toe en winkelsentrum en werk toe ry met ‘n dubbelkajuit gaan daarvoor val nie. Dis mos benede baie mense se status. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 18/05/2023 - 06:52

Môre Chris S

......is daar juis 'n mark vir mense soos ek en jy, wat net 'n betroubare voertuig/werkesel soek. Moontlik lees Toyota die mark korrek.

Ons praat gereeld daaroor, hoe voertuie en bakkie baie duur en onnodig[?] luuks geword het. Ek verstom my aan al die katoeters wat in trokkies te vinde is. Die regte yuppie prioriteite, raakskerm draadlose foonlaaiers, adroidtt, ensovoorts.

Baie persone wil net bekostigbare kwaliteit koop, self ek loer na 'n Karoo-lammetjie.laugh Dis bekostigbaar, maar of....???

Dalk sal dit minder gesteel word, dalk ook nie as dit die Afrika-mark geval nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 18/05/2023 - 08:07

Ek dink dis ‘n goeie idee van Toyota. Bakkies het luukse voertuie geword en gevolglik belaglik duur. Ek het ‘n ander artikel gelees oor hoe groot hap van die plaaslike mark die Sjinese gevat het met veral Haval, die P-reeks en Chery omdat hulle soveel bied vir soveel minder prysgewys. En dit ten spyte van invoerbelasting waaraan plaaslike vervaardigers nie onderworpe is nie.
 

Dalk is die idee van Toyota en moontlik Ford (Isuzu doen dit reeds) om goedkoper (as hulle peperduur nuutste reekse) bakkies beskikbaar te stel ‘n teenvoeter vir die Sjinese se veel goedkoper voertuie. Die mening is terloops dat lg net ‘n strategie is om ‘n voet in die deur te kry soos Hyundai en KIA voorheen gemaak het. Wanneer die Sjinese gevestig is in die mark en ‘n beter reputasie opgebou het gaan hulle voertuie nie meer so goedkoop wees nie. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 18/05/2023 - 10:24

In die kol Wildehont! Baie lank gelede het Toyota presies dit gedoen toe hulle die plaaslike mark betree het, gevolg deur Datsun en later Mitsubishi (wie onthou nog die Colt GS?). Dit was die jare van die sg. "Jap scrap". Toe Hyundai die plaaslike mark betree het was dit ook wat hulle gedoen het (in die laat 90's het hulle selfs 'n monteer fabriek in Gaborone bedryf). Maar aan die einde van die dag is die sg. "bells & whistles" nie verniet ingesluit nie, hulle het bloot hulle winsmarge verklein en dan ook slim tewerk gegaan met modulêre ontwerpe....goeie voorbeeld waar selfs Ford dit gedoen het is die Territory, ek het die TX model gehad wat basies slegs agterwielaandrywing was met geen luukshede soos spoed beheer en 'n paar ander funksies waarvan die knoppies op die stuurwiel was (en die stuurwiel was ook nie met leer oorgetrek nie). Na 'n ongeluk moes hulle die stuurwiel vervang, paneelklopper maak toe 'n fout en gebruik toe die top model se stuurwiel (met leer). Ek was eers effe die dinges in met al die ekstra knoppies tot ek die ding mooi deurdink het en onthou wat die digitale rugstring (CAN-Bus) eintlik is, groot verassing, my TX is toe seker die enigste wat spoedbeheer en al die ekstra funksies het. Punt is dat dit goedkoper is om alle modelle van die begin af met presies dieselfde digitale rugstring en sagteware toe te rus (= goedkoper produksie), die kliënt weet nie dat hy reeds al die fensie goed het nie. En ja, daar is verseker 'n plek vir "ou modelle" van bv. die Hilux, Ranger, Isuzu en so aan wat met so 'n paar ekstra plakkers goed sal verkoop (onthou nog die Citigolf wat eintlik maar 'n Golf 1 was met helder kleure en baie plakkers!). Maar bygesê, die nuwe modelle met baie hoër pryse het wel 'n mark en soos ons tans sien, ten spyte van prys goed verkoop.

0

Ek hoor wat gese word oor goedkoop bakkies, die probleem is dat die gros van koopers will al daardie "katoeters" he. Ek kyk na my seun en sy vriende, hulle will CarPlay, Android , aanraak skerem en dies he. Verder moet ons ook kyk na veiligheid, die nuwe generasie "duur" bakkies is heelwat veiliger as een of twee generasies terug se model, en vir my is dit juis die veiligheids aspek wat baie belangrik is.

Die nuwe generasie "goedkoop" voertuie verkoop omdat hulle als het wat die duur motors bied teen 'n "billike" prys.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 18/05/2023 - 11:05

Dit is so Jacques, geen vervaardiger sal die duur bakkies wat tans al verby R1m begin trek aanbied as daar nie 'n mark daarvoor is nie, mens moet ook in gedagte hou dat baie vervaardigers meeste van hulle produkte uitvoer. probleem dink is dat ons pensioenarisse sit met basies 'n vaste inkomste wat danksy inflasie aanhoudend krimp terwyl die jong outjies salarisse verdien wat skrikwekkend vir ons ou mense is! Het dit al voorheen genoem, ons begin al hoe meer klink soos ons ouers toe ons jonk was...seker maar hoe die wiel draai. My trokkie is die laaste voertuig wat ek seker sal koop, so die nuwes se pryse is interressant maar nie juis iets wat my pla nie. Wat die Sjinese modelle aanbetref sal mens eers met tyd sien wat dinge soos betroubaarheid, herverkoopswaarde en bowenal hoe vrylik onderdele beskikbaar sal bly....sien Chery word nou weer verkoop, ek onthou dat hulle op 'n stadium uit die land onttrek het en nou weer terug is....

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 18/05/2023 - 13:28

Middag alle Ford en foefie manne

Julle kan gaan kyk en LUISTER hoe klink die Ford teen Simola Hill uit tydens die afgelope kompetisie. Vind die video op vandag se NEWS24-motoring afdeling

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 18/05/2023 - 13:34

Die artikel het juis genoem dat die veiligheids stelsels behou sal word, maar ander luukshede weggelaat word. Dit het gespekuleer dat die vorige reeks (die D-4D) dalk nie die een sal wees wat behou word nie, maar die bestaande 2.4 wel wanneer ‘n volgende reeks vrygestel word. Dis egter net spekulasie sover ek kon aflei. 
 

Daar is vir seker ‘n mark vir die luukse bakkies wat meer krag lewer, slimmer ratkaste het en al die luukse foefies bevat. Maar daar is mense (soos ek) vir wie die kool nie die sous werd is nie en/of wat nie die begroting of lus het om ‘n woonstel se prys vir ‘n bakkie te betaal nie.
 

Persoonlik sal ek ook nie ‘n halfmiljoen vir ‘n nuwe ou D4-D met lapsitplekke betaal nie, maar ‘n besigheid soos Diesel Electric wie se verkoopsverteenwoordigers net ‘n betroubare bakkie nodig het sal waarskynlik R380 000 (ek raai maar) betaal vir ‘n enkelkajuit nuwe ou D4-D met lapsitplekke en slinger vensters. Tyd sal leer. 
 

In ‘n ander artikel lees ek dat die lae aanbod van voertuie weens Covid, vloede en mikroskyfie tekorte ook nie meer te lank gaan aanhou nie. Wanneer die kwessies uitgestryk is gaan die mark ‘n stortvloed nuwe (en gevolglik tweedehandse) bakkies kry, en dit gaan tweedehandse pryse afwaarts dwing en nuwes se waardevermindering versnel.
 

Terwyl dit alles vir  my interessant bly, steur ek my nie tans veel daaraan nie. Daar is nie ‘n nuwe/ander voertuig op my horison vir solank as wat my bestaandes aanhou betroubaar bly nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 29/05/2023 - 20:29

Net jammer die Ford EV bakkie kan nie vreeslik ver ry op ‘n laai nie. Maar vir toere hier in die Wes-Kaap sal dit perfek werk. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/07/2023 - 12:56

Hier kom die Land Cruiser bakkie se kompetisie blykbaar.laugh

Ineos gaan middel van die maand hulle dubbelkajuit bakkie, gebaseer op die SUV [ou Land Rover] bekendstel. Wonder wat gaan die plaaslike prys wees, en of dit wel kompetisie gaan wees. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 02/07/2023 - 05:06

Ten spyte van ‘n V8 enjin is hulle maar lui; net 151kW. En dis so outyds dit hoort in ‘n museum.
 

Ons een vriend sê; hoekom maak hulle dit in ‘n dubbelkajuit? Sodat vier mense kan voel hoe sleg ry dit. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 02/07/2023 - 07:38

Môre Chris S

Jy is reg, selfs die V8 het weinig meer wringkrag as my Grompie. Dit is blykbaar 'n feit dat die goet "sleg" ry vir alledaagse gebruik. Sekerlik is dit 'n fantastiese voertuig vir sekere boere en die wildernis.  Tog trek daai LC my erger aan as 'n stoute vrou met leerkleertjies 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 02/07/2023 - 08:21

Wildehont is net suur druiwe... die waglys vir die bakkies is baie lank...Verseker is dit nie die voertuig om kantoor toe en terug te ry nie, Net so sal n Prado sleg lyk waar dit in die geploegde land langs die John Deere staan.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 02/07/2023 - 09:12

...soos jy seg, die prentjie lyk baie beter as die Land Cruiser langs 'n Lanz-bulldog staan. laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/08/2023 - 13:47

Die pryse van die nuwe Grenadier dubbelkajuit is bekend gemaak, dit begin so laag as MR1.72. 

Dis nie so erg nie, mens spaar vreeslik baie op onnodige items soos opspoorstelsels, rathefboomslotte en stuurwielslottelaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus