6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -4 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -13 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -15 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/02/2023 - 07:41

Die Tank lyk vir my alte veel na 'n Nissan Patrol. 

Die Chinese is besig om die lokale voertuigmark met mening te pak, en bring baie voertuie uit. Ek vermoed elke 2de dorp het 'n agentskap ook.

Ek is van mening die gebrek aan agentskappe/handelaars kan dalk teen die verkope van die Grenadier lei. Jy kan natuurlik ook redeneer dat die produk nie rugsteun nodig het nie.

Voordat ek enige van die Grenadier's of Tank veral sal oorweeg, koop ek eerder 'n gebruikte Land Cruiser dubbelkajuit.

Worcester

Wildehont

Tue, 14/02/2023 - 08:44

Voordat ek enige van die Grenadier's of Tank veral sal oorweeg, koop ek eerder 'n gebruikte Land Cruiser dubbelkajuit.

Ek is nie in die mark vir ‘n nuwe ryding nie. Sou ek egter wees, sou ek ernstig oorweeg om ‘n Tank te koop eerder as ‘n Everest. Voor rente klink dit asof daar ‘n R400 000 verskil in prys gaan wees, en afgesien van al die tierlantyntjies wat Tank nes die Everest het is die Tank ook ‘n hibriede voertuig en het hope krag. Sover ek kan aflei ry dit tot op 40km/h net op die battery en dus doodstil. Dink net hoe lekker sal mens wildritte doen en vir die veldgeluide luister. 
 

Ek is eintlik verbaas dat Ford en Toyota nog nie ‘n hibriede SNV plaaslik beskikbaar het nie. Die battery word gelaai terwyl jy ry, so beurtkrag is ook nie ‘n verskoning nie. En selfs sonder die ekstra krag wat die elektriese motor byvoeg het die Tank net soveel krag as my Prado, maar gebruik waarskynlik helfte soveel brandstof. 
 

Die suksesvolle toetrede van Mahindra en GWM tot die SNV mark (al is eg nog nie so luuks en met soveel foefies as die res nie) bied aantreklike alternatiewe vir mense wat nie slaafs by ‘n handelsmerk bly sodat hulle nie na ‘n braai toe hoef te gaan sonder ‘n Ford of Toyota keps nie. En teen baie goedkoper. Toyota aanhangers sal dadelik die betroubaarheid kaart speel en vertel dat onderdele tot in Timbuktu beskikbaar is.  Wie gaan egter tot daar ry, en onthou hoedat Toyota as Jap scrap beskryf is toe dit hier begin het. Die Sjinese gaan nog vir hulle ore aansit. 

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 14/02/2023 - 09:12

Regtig n mooi ryding.

Net die elektronika sad Daar is nie eers meer n speedometer of revcounter nie, net n prentjie van een. Gaan dit darem vir tien jaar hou?

Centurion

Voortrekker

Tue, 14/02/2023 - 09:29

Ek het 2 weke gelede by Mahindra Centurion 'n draai gaan maak en bietjie na die nuwe XUV700 gekyk wat op hulle vloer staan.    Dit was toe ek my SUV vir sy 50 000 km diens geneem het.

Daai XUV700 is 'n flippen netjiese voertuig en sy specs lyk net so goed.    Ek dink hy sal 'n karavaan met groot plesier sleep.   149kW and 380Nm's  2.0L petrol.      Hy is glad nie beskikbaar in Diesel nie. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 22/02/2023 - 06:38

Môre Chris

......nog 'n paar Rand op jou gebruikte Everest en  Prado. Ek sal eerder enige van hulle ry voordat ek 'n Tank [nuut] koop.

Anton: Ek het ook gister ou Grompie vir sy 1ste diens gevat. Ook die fout gemaak om te wag en in vertoonlokaal rond te slenter. Die Land Cruiser 300 is ook 'n netjiese voertuig, totdat ek die prys etiket sien. Dit was effe meer as die limiet wat my beterhelfte gestel het.

Worcester

Wildehont

Wed, 22/02/2023 - 08:02

nog 'n paar Rand op jou gebruikte Everest en  Prado. Ek sal eerder enige van hulle ry voordat ek 'n Tank [nuut] koop

Ek is nou bederf met die Prado. Ek het gister vir die eerste keer die jaar met die Everest gery, en dis maar net nie in dieselfde klas nie. Dit ry soos ‘n bakkie, en het redelik padgeraas selfs teen lae spoed. 
 

Die Prado gaan Maandag vir ‘n volledige ondersoek by die internis. Dan moet die busse nog vervang word, en daarna het ek volle vertroue in die voertuig. 
 

Ek is min of meer op die punt waar ek die Everest en RAV wil verkoop, en kyk vir ‘n tweedehandse dubbelkajuit om daagliks mee te ry. Die RAV is maar swaar op diesel ‘n die dorp (rondom 10km/l) en die Everest nog erger. Dit sal ook goed wees om weer ‘n bakkie te hê, ek is nou amper nege jaar sonder een. Dit hoef nie ‘n 4x4 te wees nie, maar kan as rugsteun dien vir die Prado vir wanneer ons verder moet sleep en nie 4x4 benodig nie. Die Prado gaan bv teen huidige brandstof pryse R3500 meer kos aan brandstof Kgalagadi toe as die Everest. 

Brackenfell

HennieBo

Wed, 22/02/2023 - 08:44

Die RAV is maar swaar op diesel ‘n die dorp (rondom 10km/l) en die Everest nog erger. 

Chris, ek dink daar is bitter min dubbelkajuit bakkies wat beter syfers as daai in die dorp kry. 

Worcester

Wildehont

Wed, 22/02/2023 - 09:28

Chris, ek dink daar is bitter min dubbelkajuit bakkies wat beter syfers as daai in die dorp kry. 

Ek weet. Ek kan egter netsowel die RAV en Everest vervang met iets wat meerdoelig is en min of meer dieselfde verbruik lewer. My oogmerk is nie om minder brandstof te gebruik vir my “dorpskar” nie, ek ry net 7 000km/jaar daarmee gemiddeld. 

Brackenfell

HennieBo

Wed, 22/02/2023 - 10:11

Ek stem met daai siening. Ek moet sê dat ek my bakkie verskriklik baie mis vir die meerdoeligheid, maar my SUV ry baie gemakliker.

My skoonseun het ook 'n Everest soos joune, wel net handrat, en hy noem hom ook sy trokkie. Absolute esel en ry baie harder as my dogter se Ford Kuga of sy Ford Focus.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 22/02/2023 - 13:35

Middag Chris S

....van voertuie opweeg, oorweeg, soek en dan koop.

Ek is nogal nuuskierig om later te verneem waarop jy besluit het. As jy nie hou van 'n Hilux nie, kyk rond vir 'n Mahindra karoo-lammetjie. 

As jou kriteria "lae " brandstofverbruik is, bly dan weg van die Hilux 2.7 petrol. Vreeslik betroubaar, maar dors seg ek jou!!!

Worcester

Wildehont

Wed, 22/02/2023 - 16:26

As jou kriteria "lae " brandstofverbruik is, bly dan weg van die Hilux 2.7 petrol. 

Die Prado is slegs my derde groot petrol voertuig. Eerste was ‘n 1990 Audi 500SE, toe ‘n 2005 Colt 2,4 Trailbuster en nou die Prado. Dorser as die eerste twee en ek is seker ook as die 2,7 Hilux - maar met hope krag en rygenot.

‘n Petrol bakkie sal ek nie weer oorweeg nie, tensy dit die Hilux met dieselfde enjin as die Prado is - maar ek soek nie twee sulke dors voertuie nie!

Ek kyk meer na iets wat nie ouer as 10 jaar is nie, nie meer as 150 000km gery het nie, en nie meer as R250k kos nie. Dit sal waarskynlik daarom nie ‘n Toyota wees nie. Seker maar ‘n 2,2 Ranger. Die regte een het ek nog nie opgespoor nie, maar ek is nie haastig nie. Die nadeel van die Wes-Kaap is dat hier nie so baie bakkies soos daar bo is nie, party BW. Die oueres is geroes en oor die algemeen is die pryse hoër hier vanwee die beperkte aanbod. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 22/02/2023 - 19:17

Chris S

Hou maar die Toyota  gebruikte mark [Automark] dop, jy kry dalk 'n goeie gebruikte 3l D4D. Baie betroubaar, met ongeveer 370Nm uit die masjien. 

 

Worcester

Wildehont

Thu, 23/02/2023 - 07:59

goeie gebruikte 3l D4D.

Afgesien van hulle aanvanklike onstabiliteit is dit puik voertuie, met ‘n enjin wat ook maklik 500 000km kan haal. Maar hulle is buite my prysklas tensy hulle heelwat meer km gery het as wat ek wil hê en/of heelwat ouer is as wat ek wil hê. 
 

Ek moet solank begin deur maar die Everest te verkoop. Of dalk sommer dit en die RAV. Anders kom die regte bakkie verby en sit ek met vier rygoed en Salomien se Fiesta. 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 06/04/2023 - 10:03

Môre vriende

Ek plaas sommer die Maart voertuig verkoopsyfers hier, rk vind dit baie insiggewend.

1] Hilux 3920 eenhede

2] Isuzu 2289

3] Ranger 2247

7] Fortuner 1409

30 Land Cruiser bakkie 406

31 Amarok 401

39 Everest 317

Paar opmerkings van my kant;

1] Ek vermoed dat Ranger binnekort in 2de plek gaan inskuif. 

2] ek dog die Everest is kompetisie vir die Fortuner

3] Nie besef dat die Amarok so swak verkoop nie.

4] Navarra is nie onder die gelyste 40 voertuie nie.

 

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 06/04/2023 - 11:46

Moet se die nuwe Ford is nogals mooi met so macho voorkant.  In Aus is die Ford vinnig besig om die Hilux in te haal. Daar is Hilux die top verkoper maar % verkope het gedaal teenoor die Ford wat nou 2de daar is en verkoop% sterk gestyg het.

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus