Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Maurits Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -8 minutes ago
Veilig tuis ??? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -32 minutes ago
Triton -Honda- Nissan Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -2 hours ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -3 hours ago

Kruger Wildtuin roetes.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Almal plaas hul gunsteling roetes en kampeer plekke in die wildtuin op hul gespreks lyne, wat ook reg is, maar ek sal graag op een plek wil sien wat wie verkies, en hoekom.

Dit kan dinge net baie makliker maak vir almal wat so iets wil beplan, sonder om so baie deur te blaai n te lees?

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 03/07/2023 - 08:08

Ek kyk gister my kaartboek en sien dat ek het nog nooit hierdie S34 S36 loop gery het nie. Sal hom met volgende besoek ry. Iemand al iets besonders op hierdie roete gesien?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/07/2023 - 09:01

Ek het die S34 (Hutomi Loop) by 3 geleenthede gery - in 1999, 2011 en 2016 onderskeidelik. Behalwe vir die een keer wat ons 'n enkele witrenoster langs die pad gesien het (1999), is dit wat my aanbetref 'n onder-gemiddelde pad wat wild aanbetref.

Ek het ook die betrokke deel van die S36 drie keer gery (1999, 2010 en 2011). Met die 1999-rit het ons 4 witrenoster op daardie stukkie pad gekry, maar andersins is dit ook maar in my opininie, 'n onder-gemiddelde stukkie pad. David Paynter raak in sy boek, "Die Krugerwildtuin in woord en beeld", egter nogal liries oor die Manzimhlope suiping  net anderkant Jones se Dam. Nou is die vraag egter of dié suiping nog bestaan? Hy noem dat hy in Augustus 1982 die volgende daar gesien het: 15 kameelperde, meer as 30 swartwitpense, meer as 100 buffels en talle wildebeeste en sebras, plus 'n paar rietbokke, 'n ma-jagluiperd en twee kleintjies, vier tseessebe's en 2 hiënas.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/07/2023 - 10:15

....................het ons wel 'n trop leeus by die Manzimhlope suiping op die S36 gekry.  Ongelukkig het ek nagelaat om die datum aan te dui, maar ek vermoed dit was in 2019.

Johann, ek merk nou eers hierdie gesprekslyn van twee jaar gelede op  -  moes dit om een of ander rede gemis het.  Ek kan ongelukkig nie jou vraag sinvol beantwoord nie want ek het geen voorkeur wildrit-pad in die Wildtuin nie.  Ons gebruik is om jaarliks ons lysie kampeerplekke op te besluit (selde dieselfde elke jaar) en dit dan te probeer bespreek. Voorheen het ons gewoonlik 6 kampe van 5 dae elk gedoen, maar in die laaste tyd dit afgeskaal na drie kampe en miskien volgende jaar net een.  Wanneer ons arriveer by 'n kamp, besluit ons sommer impromptu watter paaie in die omgewing om te ry  -  ons het nie voor- of afkeur paaie in die Wildtuin nie.  

Werklike wildsoek is nie vir ons 'n priorityd nie, eerder 'n bonus as ons iets interessants raakloop.  Om in die natuurlewe in die Wildtuin te kan rondry, is vir ons hemels.  Die natuurlike omgewing met veral riviere, spruite, stroompies en damme en natuurlik om in die skoon, buitelug van die bosveld by 'n piekniekplek iets te eet, is onbeskryflik lekker.

Ek glo so het ons elkeen sy eie idee van 'n lekker Wildtuin-kuier.

Ns.  Toe ons kinders nog klein was, was ons fokus beslis meer op die soek van wilde diere want dit is iets wat hulle geïntresseerd hou.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/07/2023 - 10:43

Môre vriende

Met ons besoek laas maand het ons slegs die S36 deel gery van Muzandzeni tot by Orpen teerpad.  Naby piekniek terrein leeus gekry, en verder nieks opspraakwekkends. O ja, ons het die padskraper gekry, besig om die pad te sny.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/07/2023 - 11:53

... om op 'n pasgeskraapte S36 te kan ry, want dit kan maar 'n erge sinkplaatpad meeste van die tyd wees.

Ja - ons het ook by geleentheid 8 leeus knap by die indraai na Muzandzeni gekry. Een van my gunsteling piekniekplekke in die wildtuin.

Len, ek stem saam met jou siening oor jou hedendaagse belewenis in die wildtuin. Maar as 'n bepaalde roete my keer op keer teleurstel het wat wildbesigtiging aanbetref, dan kies ek eerder roetes wat meer aan my verwagtinge voldoen het. Kom ek noem voorbeelde. Die pad na Stapelkopdam, die Shongolo Loop en die  S144 ry ek nie meer nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/07/2023 - 12:00

Stem saam met Chris B. Ons was ook nie gelukkig op Stapelkop roete [S146], S142 en S144 nie.

ek het aanvaar dis maar tipies wildtuin gedrag----die 1 dag kry jy die diere op 'n roete en selfs die volgende dag is daar niks te siene. Soos Herman seg----diere het pote en kan loop.

Ek kies gewoonlik my roetes, gebaseer op watter naby rivierlope, watergate is. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/07/2023 - 12:30

... t.o.v. die vermyding van swak roetes vir wildbesigtiging, is ook van toepassing op kampe. Neem Shimuwini as voorbeeld - watter pragtige boomryke bosveldkampie op die oewer van die Letabarivier. Maar o wee - die roetes wat binne my voorheen genoemde kriteria vir hierdie kampie val, is oor die algemeen teleurstellend wat wildbesigtiging aanbetref. Nee - dan gaan pak ek eerder af in 'n kamp wat dalk esteties minder mooi is, maar darem 'n bietjie wild oplewer. Hier kan ek Satara as voorbeeld noem - die kamp op die vlakte wat in verskeie opsigte afsteek by ander kampe. Maar die omgewing se estetika en wildbesigtiging maak dubbeld en dwars daarvoor op.

Maar so verskil ons maar. Dank Vader daarvoor.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Mon, 03/07/2023 - 12:46

Middag Geert.

Ons het al baia die roetes gery. Ryk aan wild beide van hulle.

Die S34 is pragtige bos veld met heelwat Delegoa Dooring Boome. Dit is n' pragtige rit.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/07/2023 - 13:14

S34 (Hutomi Loop) 

Die Hutomi Loop is die S33. Maar my verwysing hierbo is wel na die S34.

Ek sien Paynter verwys wel daarna as die suidelike Hutomi-ompad. Paynter beskryf ook die betrokke pad as volg: "Die suidelike Hutomi-ompad (S34) na Tshokwane bied maar min ..."

Elkeen se belewenis verskil. Ek onthou van 'n keer wat ons vanaf Pretoriuskop na Skukuza met o.a. die S3 gery het. Ons het weinig wild gesien. Ek loop toe een van my ou dosente in Skukuza raak en hy vertel ons van die wonderlike pad wat hulle vroeër die oggend gery het - die S3. Hulle 'n fantastiese wildrit op daardie pad gehad. Ek en my vrou het gewonder of die man van dieselfde pad praat, totdat hy vir ons verduidelik dit is die pad tussen Krugerhek en die Albasini Ruïnes (Phabeni-hek het destyds nog nie bestaan nie). Dit is 'n pragtige roete al langs die oewer van die Sabierivier - terloops, een van die bekende seekoeigate waar jy deur 'n gewapende wag begelei was, was op daardie roete. En tot vandag, nadat ek daardie pad 7 keer gery het, dink ek steeds dit is 'n swakker pad vir wild ten spyte van die mooi omgewing.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 03/07/2023 - 13:55

Dankie almal, ons gaan buitendien daai roete ry....sal hier vertel as ons iets gekry het.

Dan nog n roete wat ek dink ons nog nie gery het nie is die S3 vanaf die Kruger hek tot Phabeni hek. Iemand hom gery?

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Mon, 03/07/2023 - 14:29

Ek stem met Chris B saam. Dit is mooi maar nie baia wild nie. Die paaie na die ooste van Skukuza is baia beter vir wild. Die pad tussen die Kruger hek en Skukuza is besig maar snaks genoeg ook goed vir wild.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 03/07/2023 - 15:47

Geert,  

"Dan nog n roete wat ek dink ons nog nie gery het nie is die S3 vanaf die Kruger hek tot Phabeni hek. Iemand hom gery?"

Ons het pragtige luiperd in 'n boom op daardie pad gekry verlede jaar. Ook heelwat wild. 

Was amper laat terug by die kamp.

Plek plek ry jy langs die rivier en sien jy die luukse grasdakke aan die oorkant.

 

 

​​​​​​

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 03/07/2023 - 16:20

Noudat ek weer die kaart so loer onthou ek dat ons klompie jare terug 4x jagluiperde op die hoek van S3 en teerpad na Phabeni hek gekry het. Ons het met die teerpad toe gery....nie grondpad nie. Hier was die een jagluiperd besig om te skyt bo op een van die rigting aanwysers

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/07/2023 - 17:04

.... k@k in wildtuin se bordjies.

Tog interressant hoe graag cheetahs op die geboude strukture sit. Ons het hulle al so by die aansluiting van die Maroela grondpad by die Orpen teerpad gekry.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/07/2023 - 17:40

S3 :  Die S3 begin natuurlik by Numbi-hek en loop regoor die Phabeni-Skukuza pad, al langs die Sabierivier tot by die Paul Kruger-hek-Skukuza pad.  Vir my is dit 'n pragtige pad, maar ek hou nie daarvan om die luukse huise aan die oorkant van die rivier te sien nie.  Oor jare heen het ons verskeie wildsoorte daar gesien, maar die jongste twee ritte was teleurstellend wat wild aanbetref.  Ons het gewoonlik vanaf Pretoriuskop met die S3 tot by Skukuza gery en weer terug met die H1-1 teerpad.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Tue, 04/07/2023 - 11:34

Ek krap die boek uit in my versameling. Die leeutjies was nog jonk. Daar is ook n' Volkskas advertensie in.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 04/07/2023 - 14:11

Ja Paul, in 1971 was ek 'n inspekteurs-assistent in Volkskas en ek moes die agentskap in Skukuza gaan oudit.  Hulle was toe nog in 'n rondawel voor die latere Ontvangsgebou gebou is.  In die nuwe gebou is daar ook vir 'n bank voorsiening gemaak (wat deur Volkskas ingerig is) maar na 1994 het SANParke hulle bankbesigheid verskuif na FNB wat nou die banktak in Skukuza ook bedryf.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 04/07/2023 - 21:51

........besoeker en fotograaf in die Wildtuin.  Ek sien op FB sê hy hulle sien gereeld jagluiperds en leeus op die S36.  Verskeie mense het gereageer op sy plasing met dieselfde ervaring.  Peter noem dit sy "favorite cheetha road".

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 05/07/2023 - 09:02

Ons het ook gereeld Jagluiperd op die S36 gesien. Maar meer na die noode, H7 se kant. Naby die Muzandzeni en Nhlanguleni picnic plekke.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 05/07/2023 - 10:39

Ek krap nou hier rond in een van my Wildtuin-kaartboeke en sien ek het drie notas gemaak by die Rockvale-drinkgat naby die H7 :

  • Februarie 2018  -  6 jagluiperds
  • April 2023  -  altyd jagluiperds vroegoggend
  • Maart 2018  -  2 jaagluiperds (net oorkant die H7 kruising)
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus