Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -6 minutes ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -12 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago

Julie Algemeen Gesels

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Hier staan ons aan die begin van 2de helfde van die jaar. Julie is in Gauteng nie een van my gunsteling maande nie agv koue en kort dae, maar wat daarvoor opmaak is Julie gewoonlik ons kuiermaand in die KNP wasrna ons altyd baie uitsien....amper soos n kind uitsien na Kersfees

Dit raak seker tyd om n nuwe KNP boek aan te skaf, want ou een val uitmekaar, maar hierdie een kyk so lekker al die jare dat ek hom maar vanoggend so bietjie TLC gaan gee en fix.. Ek weet nie watter jaar ons hom gekoop het nie.....moontlik 2010? Ek plaas foto van gids in comments, want stelsel wil dit nie by oorspronklike plasing laai nie

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 05/07/2023 - 10:16

het aangeleer om "k" vir duisend agterna te skryf, R5k vir R5 000.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/07/2023 - 12:02

As ons dieselfde riglyn wil gebruik as die metrieke stelsel soos vir gram, liter, meter ensovoorts, moet ons seker 90 duisend Rand skryf as 90kR.

Ek is egter onder die indruk dat die finansiele reuse dit sal skryf as kR90.

 

Moontlik moet ek ook oorslaan na 90kRlaugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 06/07/2023 - 09:54

More maters. Vandag is dit ek en Sakkie wat wild bewerk.Nie my gunsteling takie nie.

Hartebees en 2 Blesbokke. Hier ontbeen ons die karkasse en vat dit dorp toe waar dit by n puik slagter in al die goete bewerk word. Hy het sy spicees en vet vir die doel. So 3 dae later kry ek die spul terug netjies vakuum verpak. Biltong en droe wors hang by hom om te droog,  Die word ook vakuum verpak en gaan vrieskas toe.

Lekker om n stuk biltong in die sak te druk as ek en Giep so draai deur die veld gaan stap.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 06/07/2023 - 10:29

Môre Herman

....darem 'n stukkie biltong as julle so stap? 

Lyk my die forumlede het vasgevries, geen noemswaardige insette nie.

Ek sit en wag dat werkwinkel my laat weet dat ek my wa kan gaan haal. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 06/07/2023 - 10:36

Wie't toe die skietwerk gedoen? 

Ek dink ek het dit al genoem dat ek 'n springbok met 'n lootjie gewen het. Nietemin - ons het so 2 weke gelede die laaste 2 pakkies bene se vleis afgekook in 'n drukkoker en pasteitjies gemaak. Darem so amper twee dosyn pasteie gekry.  Ons het eergisteraand drie daarvan in die oond gaargemaak - net die deeg wat moes gaar bak. Koningskos saam met 'n bietjie soetpampoen!!

Geniet jou wildsvleis - en biltong. Moet nou nie vir Giepie afskeep met suinige ou stukkies biltong nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 06/07/2023 - 10:47

Ja Wessel, my daaglikse groot lekkerkry is om my rekenaar in die studeerkamer aan te skakel en dan in te gaan op Kampforum vir al die lekker geselsies.  Ek was juis beïndruk dat die geselsery sommer lekker toegeneem het tot vanoggend...............'n doodse stilte.

Ek sal maar geduldig wag om te sien wat lewer die res van die dag dalk op.

Biltong :-  Ai Herman, dit klink darem so lekker om jou eie biltong te maak of te laat maak.  Hierdie stadsjapie ry maar Food Lovers Market toe (net as daar 'n "special" is op biltong) en dan gaan koop ek maar my bederfie daar.  Maar ek kla nie, tog dankbaar dat ek dit so eenkeer per maand wel kan doen.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 06/07/2023 - 13:49

Magties maar dit is stil. kom vir ietsie kou, en hoop hier is n lewendige bespreking oor iets aangenaam. Wil vir Wessel vra dat hy my weer sy Karoo N Park datums gee. As sake reg verloop sal ons n chalet huur vir twee aande, of so iets.

Sover dit gaan met eetgoed met Giep deel. Hy eet en deel in als,soggenes as ons stap is dit piesang, of lemoen of n naartjie. Middag se stap n appel of paar neute. Hy vrek oor okkerneute, het n sak vol in die skuur wat net syne is, maar hy deel  so af en toe met my. Kan self die kraakwerk doen. 

So handjievol maalvleis vinnig gebraai, puik, net soos goeie bees. Dit is dan my etenstyd bydrae, moet nou maalvleis en skenkels verpak. Het so mooi stuk nan die Hartebees "kruis" uitgehou wat netnou in die marinade kom vir 2 dae. Naweek se slow cook in die Aga se onderste oond.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 06/07/2023 - 15:53

Hier is my oes uit die biltongkas. Moet sê die gekoopte speserye is toe heel smaaklik. 

.

Het `n mal perd opgesaal deur in te stem om `n groot voëlhok vir `n tehuis te maak wat gestremde kinders versorg. Het al vergeet hoe koud staal kan wees in die winter en watse harde werk dit is om so iets te bou. Dan die kostes van materiaal ...........sjoe

Groetnis

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 06/07/2023 - 16:18

Watter lekker bossie peuselgoed op jou foto. Dit lyk amper so lekker soos 'n bossie weskus-bokkems. 🤪

Mooi so - jy't jou goeie daad verrig met die voëlhok.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 06/07/2023 - 18:07

Dit lyk sommer lekker! Die koljander is maar die smaak wat biltong moet he.  Het jy hulp met die hok se maak, of is dit klampe en visegrips vir handlangers.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 06/07/2023 - 18:33

Hi Herman

Nee geen handlangers nie en ek het darm al gevorder van vicegrips na daai driehoek magnete wat die staal mooi bymekaar hou. smiley Dit is absoluut skokkend om die staal pryse te sien en dit is maar 19mm pyp 1.2 mm wand dikte. Die dunste flatsheet sinkplaat 0.3 mm duk of is dit dik?? is R64 per meter en die draad of eerder welded mesh 900mm wyd 13x13 mm opening was R1600 vir `n rol. 

Ten spyte daarvan kan ek die hok van 1.8m by 2m vir byna die helfte van die prys maak waarvoor dit verkoop. Dit gaan klomp Zebra vinkies huisves. Dit is vir die Alma skool hier naby ons en was aanbeveel deur `n terapeut wat daar werksaam is. Ek hoop dit gaan die kinders baie plesier verskaf en moet klaar wees voor die skole weer begin. Al 5 rame is klaar en gaan nou die plaat en mesh begin oortrek. Baie boor en pop rivits wat voorlê

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 08/07/2023 - 13:47

Hier naby ons is n winkel wat vark biltong verkoop. Ek het n stukkie geproe....was nie sleg nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 08/07/2023 - 14:23

Ek hou baie van varkvleis. Ek braai hoeka vanaand van Joey's se bacon patties. Maar varkbiltong? Ek weet darem nie so mooi nie. Klink amper so "lekker" soos hoenderbiltong.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 08/07/2023 - 16:44

Klompie jare gelede doen ek n projek in die Seychelle. Een van die eienaars is n Duitser wat waneer hy kom besoek  vir ons Parma Ham van wie weet waar saambring. Dit is so dun gesny dat jy daardeur kan lig sien, maar mense, dit is een van die lekkerste vleisies wat ek in my lewe geproe het. Word glo van gekuurde varkboude gemaak en dan lank opgehang totdat dit basies biltong word. As die varkbiltong net helfte so lekker is, dan is ek in vir n proe.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 09/07/2023 - 04:58

Ek lees op fb dat hul nuwe wasmasjiene ge-installeer het by Shingwedzi en Letaba....die res sou seker volg? 2 dae nadat nuwe masjien by Shingwedzi ge-installeer is, is hy reeds buite werking. Ek sou graag wou weet wat daar gebeur het want ek kan amper nie glo dat n kommersiele Speedqueen so gou probleme sal gee nie

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 09/07/2023 - 07:47

Ons het nou met onlangse besoek ook nuwe masjiene in Punda en Satara gevind. Ons het nie in Mopanie en B&D gaan kyk nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 09/07/2023 - 16:10

Nie koud nie... kouuud is dit hier by ons onder die Swartberg. Gistermiddag het die klowe daar aan die bokant al wit gewys. En ek het vuur gemaak in die kaggel, slapenstyd n merske stomp opgesit wat deurnag kon brand, die katte le almal op die stoele wat tot amper in die vuur getrek is. Daai vuur brand nog steeds, en sal lyk my nog twee dae brand voordat die Karoo weer leefbaar word.

Gisteraand se Mossel chowder het puik afgegaan,  met die warm gevlegde brood. Gevlegde brood breek jy in stukke, nie sny nie,  doop dit in die sous, vat n hap,en selfde tyd n lepel  mossel. Met die wat ons wild bewerk het donderdag, is die stuitjie van Hartebees eenkant gehou met marineersous yskas toe. Gisteraand is dit in Aga se onderste oond . Vars roosmaryn, gekapte knoffel, uie, worcestersous, balsamic, soyasous en rooiwyn vir die hele nag. Neef het nou eers wakker geword na etenstyd se stukkie rus. Ek vat n swart koffie met sy ou maat Olaf in om wakker te word.

Voorspoed vir die nuwe week, hier gaan dit koud bly, of so lyk dit. Dalk is die berg toe onder die sneeu more oggend, dit voel nogal so. Dan hou ons die vuur aan die gang, het baie hout... en nog n paar botteltjies rooi vir die geselligheid daarmee saam.

Miskien moet ek n klompie suikerbone laat week vanaand, het juis verlede week die jaar se oes uitgedop. Net die ding vir n stewige potjie sop. Groete en warm bly.

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 09/07/2023 - 16:26

....jy skryf so lekker, want jy eet so lekker. Ek is nou omtrent honger vir lekker kos. 

Marie sê, sy sal nie daai koue oorleef nie. Ek glo wel julle geniet die kaggel en AGA.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 10/07/2023 - 17:17

Miskien moet ek n klompie suikerbone laat week vanaand, het juis verlede week die jaar se oes uitgedop. Net die ding vir n stewige potjie sop. Groete en warm bly.

... jy't gister 'n ding in my wakker gemaak. Ek het ook gisteraand 'n paar dingetjies (bone, stampmielies, gort, ertjies en lensies - 'n koppie van elk) in die water gegooi om oornag te laat week. Vanoggend het ek die pot sop aan die kook gesit met nog 3 gerasperde aartappels, 2 geskilde wortels en 2 fyngekapte uie saam met lekker beesblad-sopvleis. Vanmiddag het ek al my eerste sop geëet en vanaand is dit al wat op die spyskaart is - natuurlik saam met 'n botterbroodjie en 'n goeie skeut van Badsberg se Merlot.

Ons het vandag 'n pragtige sonskyndag gehad na gister en eergister se 43 mm reën. Hier het byna nie 'n luggie getrek nie, maar dit is steeds behoorlik koud. Ek het nou nie die luukse van 'n kaggel nie, maar die gasverwarmer doen darem tot 'n mate sy ding. Gelukkig het ek pal 2 x 9 kg spaar gasbottels, want hier by ons neuk dit maar om pal gas te kry.

My seun sê dat die koue front het sy kloue daar by Eiland Spa ook ingeslaan. Dit het laasnag 03:00 so liggies begin reën tot laat-oggend. Hy sê alles is behoorlik natgereën. Gelukkig pak hulle eers Vrydag op om Saterdagoggend vroeg in die pad te val vir die langpad terug Boland toe. Hulle mikpunt is Saterdagaand vir Aldam en hulle het 'n bespreking by Karoo Nas Park vir Sondagaand. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus