6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

Strydoms in Kruger '23

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Nounet my bespreking afgehandel vir Kruger volgende jaar. Dit is as volg;

Shingwedzi: 30 Mei

Punda Maria: 31 Mei tot 5 Junie

Tsendze:          5 Junie tot 10 Junie

Satara:             10 Junie tot 15 Junie

Berg & Dal:     15 Junie

Huistoe:           16 Junie

Ons beplan om in P.Borwa Aventura oor te slaap die aand van 29 Mei. 

Ek voel gemaklik en veilig op die Pietersburg - Tzaneen - P.Borwa pad, en uiteraard die N4 terug.  

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 09/07/2023 - 08:52

Weet nie of Malaria dieselfde by almal sal presenteer nie. In my geval was dit vreelike koors wat afwissel van n tandeklap koue koors tot n sopnat gesweet. Die Dr het n urine monster geneem en strokie, dip stick, gekyk ??met my eerste besoek aan hom. Gee n klomp pille en se ek moet hom die volgende dag beslis weer kom besoek. Volgende middag voel ek heelwat beter en vertel hom ook so, vat weer n urine monster. Kom groot oog terug en se, jy is nou moer siek!!

Dit wys net dat mens kan medisyne neem wat die simptome aanspreek, bv die koors, maar die eintlike Malaria is besig om sy gang te gaan. So moet nie speel met hom nie.

 

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 09/07/2023 - 10:13

Môre almal.

Ons gebruik seeker vir 20 jaar nie meer die pille nie en ons gaan gereeld in malaria areas in.

Ons spuit Doom, Peasefull Sleep en gebruik die electriese goga Zapers en die UV LED met n' fan wat die muskiete in suig. Ons het opgehou om die olie verhitters te gebruik want dit maak dat ons neuse toe trek.

Ons het nog nooit Malaria gekry nie. Of miskien is ons imune.

Die beste ding wat jy kan doen is om te sorg dat die muskiete nie vir jou byt nie.

Pille neem is n' persoonlike besluit en is seeker saam met nie gebyt word nie die mees voorkoomende additioneele ding wat jy kan doen. 

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 09/07/2023 - 11:13

Eerstens - Wessel ek vertrou dat die resultate is negatief. Ek het so 'n "gutt feeling" dit gaan negatief wees.

Wanneer ons die wildtuin in die koeler maande (Mei - Aug) besoek, neem ons geen voorkomende malaria medikasie nie. Ons gebruik slegs Tabard room wat ons soggens en saans aanwend. As ons opstaan is dit die eerste ritueel - smeer Tabard, nog voor jy dink aan koffie-maak. Net voor die son gaan slaap anderkant die westelike horison, smeer ons weer Tabard room. En gee 'n vinnige spuit Mortein in die karavaan net voor slaaptyd.

In die warmer maande (wat ons maar selde die wildtuin besoek) neem ék wel voorkomende medikasie, maar nie Ralie nie, want dit affekteer haar baie erg. Selfs dan volg sy maar net die resep van soggens en saans Tabard smeer. Ek doen dít bykomend tot die anti-malariapille wat ek neem.

O ja, ons gebruik ook die "matjies" in die elektriese apparaatjie wat daarvoor bedoel is. Dit word aangesit nadat ons Mortein gespuit het en net voordat ons in die bed klim.

"Touch wood" - ons is oor al die jare nog malaria-vry - insluitend die drie en 'n half jaar wat ons in Tzaneen gewoon het.

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 09/07/2023 - 12:26

Ons het ook muskiet gaas voor al die vensters.

Wees maar paraat dat die muskiete nie vir jou byt nie en dat die woonwa deur altyd toegemaak word na in of uit.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/07/2023 - 13:10

....opgedoen nie. Ten minste kan ek daaroor ontspan. Moontlik spuit Kruger om en in die kampe. Saam met al die smeerrome, stiffies, plaatjies wat gebrand was, het ons darem nie malaria nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 10/07/2023 - 13:17

Ek glo daar was seker genoegsame rooiwyn ook betrokke om die muskiete weg te hou. Ek verkies om baie vertroue in rooiwyn te plaas - sommer vir baie dinge.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus