Goeie dag,
As iemand dalk net kan lig gooi oor die toestand van die N14 ts Roodepoort en Augrabies? Ons beplan n NKaap toer en spring weg uit Roodepoort. Sal mens die 1e stuk kan doen in die donkerte aangesien dit nogals n lang stoot daai is.
Dankie vir die terug voer…
Dankie vir die terug voer. Die lang pad en sleep het nog nooit gepla nie. Het n klein boswa so niks ernstigs nie. Gelukkig is my co-pilot ook n goeie bestuurder so ons wissel goed af.
N14 na Augrabies
Middag JB
Ek het in Mei 2021 laas daar gery. Ek het van Brits gery en by Ventersdorp op N14 geklim. Die pad was in 'n goeie toestend tot by Augrabies.
Maak jou reg vir swaar trok verkeer van Kuruman tot by Olifanshoek.
uister nou vir goeie raad, slaap net buite Kuruman, aan Upington kant oor by Red Sands. Lieflike veilige plek, met keuse van staanplek, gewones tot by die met privaat ablusie/kombuis. Ook baie lekker restourant.
Noord Kaap toer???
Middag JB
Wat beplan julle, wanneer en waarheen.
Ons kom van onder af deur Namakwaland. Begin op 1 September in Clanwilliam, en maak klaar op Kamieskroon 7 September. Dan huistoe via Upington, Kimberley en Bloemfontein.
Groot waarskuwing: Hou alles gesluit deur Vryburg en Kuruman, probeer om verkeersligte groen te kry. Moenie duur items openlik in voertuig laat lê nie. Deure word oopgepluk en gegryp wat voorkom.
Soos jy Vryburg inkom van ons kant af, is 'n veilige motorhawe. Soos jy Kuruman uitgaan aan Upington kant is daar 'n Caltex/Toyota garage, met sekuriteit by pompe.
Wessel, Baie dankie vir die…
Wessel, Baie dankie vir die heads up.
Ons doen n 2 weke warrelwind toer om blomme te kyk. Begin 2 aande by Augrabies, dan Brandrivier net Suid van Springbok. Daarna 3 aande by Nieuwoudsville, aand in Porterville, aand in Darling, 2 aande Yzerfontein, en dan 4 aande in Kaapstad by familie voor ons weer terug skiet Jhb toe.
Ons sleep nie die keer nie so ons het besluit om 1e dag deur te ry tot by Augrabies om meeste van die kort tydtjie daar te maak. Sal in vervolg onthou van die oorslaap keuse.
Wessel, Baie dankie vir die…
Wessel, Baie dankie vir die heads up.
Ons doen n 2 weke warrelwind toer om blomme te kyk. Begin 2 aande by Augrabies, dan Brandrivier net Suid van Springbok. Daarna 3 aande by Nieuwoudsville, aand in Porterville, aand in Darling, 2 aande Yzerfontein, en dan 4 aande in Kaapstad by familie voor ons weer terug skiet Jhb toe.
Ons sleep nie die keer nie so ons het besluit om 1e dag deur te ry tot by Augrabies om meeste van die kort tydtjie daar te maak. Sal in vervolg onthou van die oorslaap keuse.
Nee, hy is mooi, tans in…
Nee, hy is mooi, tans in Upington vir besigheid, vlieg more terug. Was vandag gou Augrabies toe want my besigheid gaan weer more aan, pad is mooi.
Laasjaar die deel gery tussen Gauteng en Upington met die scooter, pad is mooi, pas net op naby Kathu vir die stupid trokke.





Hallo JB, welkom hier op die…
Hallo JB, welkom hier op die forum, hoop om baie van jou kampeer ervarings te sien hier.
Kom ons hoop iemand sien jou versoek wat die pad ken raak.
Net 'n vraag, waarop so lang sleep, dalk moet jy 'n oornag iewers inwerk, ken nie jou omstandighede nie, maar ek sleep nou se dae niks meer as so om-en-by 350 km per dag nie, maks 500km en dan is dit erg.
O ja, ek sleep ook nooit in die donker nie, maar dis maar my ding.