Hier staan ons aan die begin van 2de helfde van die jaar. Julie is in Gauteng nie een van my gunsteling maande nie agv koue en kort dae, maar wat daarvoor opmaak is Julie gewoonlik ons kuiermaand in die KNP wasrna ons altyd baie uitsien....amper soos n kind uitsien na Kersfees
Dit raak seker tyd om n nuwe KNP boek aan te skaf, want ou een val uitmekaar, maar hierdie een kyk so lekker al die jare dat ek hom maar vanoggend so bietjie TLC gaan gee en fix.. Ek weet nie watter jaar ons hom gekoop het nie.....moontlik 2010? Ek plaas foto van gids in comments, want stelsel wil dit nie by oorspronklike plasing laai nie
Nou sal ek dit onthou Len,
want my kleinseun verjaar ook vandag. Ek dink hy's bietjie jonger as jy.
Baie geluk Len…
Baie geluk Len.........................wens jou goeie gesondheid voorentoe.
Geluk Len !! mag daar sommer…
Geluk Len !! mag daar sommer nog vele kampe en kuiers vir jou wag.
Lekker verjaar Oom Len!
Op nog ‘n lewensjaar. Mag die komende een oorloop van goeie gesondheid en julle 2024 Kruger wildtuin toer ‘n werklikheid word.
Wildrit km/dag
Middag vriende
Ek het gou gaan nalees op my eie gesprek. Ek het Junie maand so gemiddeld 100km/dag gery agter wild aan. Hierby is nie die skuif tussen kampe ingereken nie.
Ons ry 'n ruk in die oggend, kom eet en lê laag, en ry dan weer die namiddag 'n draai.
Die oggend ritte is gewoonlik langer in afstand, en soms net tyd, as die namiddae ritte.
Doen dieselfde
Ons ry 'n ruk in die oggend, kom eet en lê laag, en ry dan weer die namiddag 'n draai.
Die oggend ritte is gewoonlik langer in afstand, en soms net tyd, as die namiddae ritte.
Ek vermy dit om myself gatlam te ry. Maksimum 75 km tydens oggendritte en maksimum 50 km in die namiddag. Nie verder as 125 km tussen kampe as ek verskuif nie. Daar gaan van tyd tot tyd dae verby wat ons glad nie gaan ry nie - alhoewel dit selde gebeur.
Chris S....
...is daar goeie nuus oor jou pos/posisie by die Worcester stadsraad.
Ek hoop so
Limbo
Wessel, ek is tans nog in my ou pos en neem steeds waar as senior bestuurder van openbare werke. Die LUK (of minister soos hulle in die Wes-Kaap genoem word) van plaaslike regering moet eers kommentaar lewer op die nuwe struktuur alvorens ons raad dit kan goedkeur vir implementering. Daarna sal ek waarskynlik geplaas word in ‘n ander pos omdat my ou pos afgeskaf word, en kan aansoek doen vir die pos waarin ek waarneem. Die ergste wat kan gebeur is dat ek my voordele behou maar in ‘n pos werk waarvoor ek nie aansoek gedoen het nie. Ek bly dankbaar dat ek ‘n werk het.





Ja, Lappies is reg.
Baie dankie vir die gelukwense - baie om voor dankbaar te wees.