Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -2 hours ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -2 hours ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -3 hours ago

Wildtuin toe met 'n tent

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Na aanleiding van Wessel se voorstel dat ek dalk 'n nuwe gesprekslyn moet begin wat handel oor die moontlike tent-kampering in die Krugerwildtuin gedurende Mei 2024, het ek dit goedgedink om wel sodanige draad te begin. Ek haal graag aan waarmee ek dié gesprek begin het.

Ek loop gister 'n ou skoolmaat van my raak by Supa Quick toe my mahala nuwe Dunlops opgesit word. Hy woon ook in Kleinmond, maar die plek waar ons mekaar die meeste gesien het die afgelope paar jaar, was in Tsendze waar hy gereeld op staanplek 25 kamp met sy tent. Hy noem toe dat hy ook sy Honda CRV na Supa Quick wil bring vir 'n "check-up" voordat hy eerskomende Donderdag die pad wildtuin toe vat. Hy en sy vrou ry jaarliks met sy kar wildtuin toe en kamp baie basies net met hulle tent, 'n klein opvoutafeltjie, twee stoele en twee kampbeddens. Maroela, Tsendze en Punda is altyd op hul reisplan van ongeveer 3 weke in die wildtuin.

Ek begin toe dink - waarom gooi ek nie ook ons Howling Moon boogtent, 'n gazebo, tafel en stoele, afblaasmatras en die basiese benodigdhede in en vat die pad wildtuin toe nie (karavaanloos). Ons het dit al drie keer gedoen - die eerste keer 'n week in Satara, 'n paar jaar later 'n week in Shingwedzi en die laaste keer 'n week in Berg-&-Dal. En dit was elke keer vrek-lekker. En dit klink my mammie ontvang die idee goed om só wildtuin toe te gaan - hopelik vir sowat 3 weke (dalk 'n week elk in 3 kampe). Oorslaap heen en terug sal dan in Lekkeslaap-plekke wees. Skielik sien ek ook uit na 1 Junie om plek te bespreek vir Mei 2024.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 29/08/2023 - 07:43

.... kan ek 'n bietjie meer in "style" gaan kamp met my tent as diegene op Chris WH se foto.

0
Pretoria

Slowstrike

Tue, 29/08/2023 - 07:58

Ons gooi altyd die vrou se oefen matjies onder die matras en dit werk heel goed. Dit keer dat dit nie `n afblaas matras word nie en isoleer die koue net so goed. Dit maak nou nie die hele vloer toe nie maar is genoeg vir die matras. Tent kamp is soos treinry altyd lekker..

0
Worcester

Wildehont

Tue, 29/08/2023 - 08:01

maar dan kom plak julle hier in die bos".

Dis juis hoekom mens dit doen, om weg te kom van die “beskawing”. Ek het al eindeloos meer met tente gekampeer as met die Kavango en nog nooit met ‘n “regte” karavaan nie. Die voordeel van ‘n boswa of karavaan is dat jy weet waarop jy gaan slaap. Die (soms nare) verrassing wat ‘n afblaasmatras inhou kan baie onaangenaam wees. En tensy mens ‘n baie lang sleepwa sleep kan jy nie ‘n ander ordentlike matras saamvat nie. Andersins het ek geen pyn met tent kampering nie. Salomien voel egter nie dieselfde nie, en (un)happy wife; (un)happy life. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 29/08/2023 - 08:44

Toe ek my eerste tent gekoop het, het ek die besluit geneem dat ek wil lekker slaap. Ek het 'n driekwartbed prakseer wat heeltemal uitmekaar gehaal het. Slegs die twee lang sykante is op 'n "carrier" bo-op my destydse Karet-waentjie vervoer. Die res van die bed se "onderdele" wat met doelgemaakte lasstukke en "wingnuts" aanmekaar gesit is, is binne die Karet vervoer. 'n Stewige sponsmatras is in drie stukke verdeel en ook binne die wa vervoer. Die kinders het elk 'n kampbed gehad (wat ek vandag nog het). Die Karet, tent en "opvou" driekwartbed is deur 'n vriend oorgeneem - wat nog jare daarmee gekamp het - toe ek ons eerste karavaan in 1993 gekoop het. Die kinders se kampbeddens gaan steeds saam as 'n finale "back-up" indien die afblaasmatras ons in die steek laat, maar hopelik sal dit nie nodig wees nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 29/08/2023 - 08:50

... daai sal ook werk.

Tentco het vanoggend per e-pos laat weet dat hul my betaling ontvang het en besig is om die vervoerreëlings te tref. Terwyl ons hier ver anderkant die water kuier, sal aflewering by my seun se besigheid geskied.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 29/08/2023 - 09:40

...................selfs ek begin nou uitsien na hierdie petalje ! (met 'n "p" en nie 'n "b" nie).  Jy moet ons asb op die hoogte hou met fotos, ook van die voorbereiding. 

Hoe hanteer julle julle klere ?  En kruideniersware ?  -  seker in kratte wat waar geberg word ?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 29/08/2023 - 10:28

.... ons klere is in tasse, soos ons maar gewoond is as ons in vaste akkommodasie vakansie hou. Die kruideniers is in laaikassies (3 laaie per kassie) wat toegesluit kan word (vir bobbejaan en aap se kind). Maar gewoonlik berg ons ons tasse en eetware in die sleepwa wat ook toegesluit word as ons nie in die kamp is nie en snags.

Binne die tent is slegs ons bed en die Porta Potti. In die gazebo is ons Snomaster vries/yskas, 'n opvoutafel, "TV trays" (waarby ons eet) stoele en nodige kosmaaktoerusting soos ketel, tweeplaatstofie, kookgerei ens. Die gazebo word aan drie kante toegemaak met opening wat na die tent toe wys. Dit dien as kombuis, eetkamer en sitkamer (met 'n grondnetbedekking). Omdat my ou gazebo stewiger staan, oorweeg ek om dít eerder saam te neem as die nuwe konsertina-model (wat vinniger opslaan) maar nie so stewig staan nie - veral in wind.

Maar aangesien ons die volle 19 aande in Onder-Sabie kamp, kan ek maar 'n bietjie meer tyd gebruik vir die opslaan van die tent en ou gazebo. Inteendeel, ek dink die opslaan sal nie veel langer neem as die gelyk laat staan van die karavaan, grondnet se lê en opslaan van die stoeptent met sykante nie.

Nee wat - ek sien sommer heng baie uit na die avontuur. Buitendien het ek nog nooit so lank aaneenlopend in een kamp oorgebly nie - 1 aand in 'n bungalow (met uitsig nogal) en 19 aande se kampering. Kan net lekker wees. Ek het al verskeie mense teengekom wat 'n maand of langer in een kamp vertoef (ek dink aan iemand in Tsendze - op No 3), twee jaar gelede in oukêrel en sy vrou in Shingwedzi en eenkeer 'n paartjie in Berg-&-Dal.

Op pad en terug slaap ons oor in vaste akkommodasie. Die voorlopige beplanning is om oor te slaap by Travalia (3 Susters), Aldam en 1 aand in Malelane-kamp.

Met die terugkeer dink ek aan Middelburg se omgewing (ek moet nog die oggend oppak - dus maar 'n korterige afstand), dalk Bloemfontein en weer Travalia.

Ek nooi jou by voorbaat om eendag by die Bouchers te kom inloer terwyl ons in Onder-Sabie is en julle in Skukuza.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 29/08/2023 - 12:31

... maar met my waentjie ry ek darem gewone spoed en die Hilux weet beswaarlik van die waentjie.

Aag, gun my nou maar my 3 weke van malligheid (in sommige se oë). Ek sien moers baie uit na die tentkampery. Dit is wat ons maar gewoonlik in Kgalagadi ook doen as ons kampe soos Mata Mata en Nossob besoek. Maar dan sonder die waentjie net a.g.v. die paaie.

Ek kan seker maar sonder die waentjie wildtuin toe gaan (het dit met die laaste tentkamp in Berg-&-Dal gedoen). Maar dit verskaf darem 'n mate van pakplek vir goedere wat jy nie pal saam met jou in die bakkie wil ry nie - ten einde die gretige oë en hande van ons primaatvriende te ontkom.

0
Sandbaai

maurits

Tue, 29/08/2023 - 13:32

Chris, ek sien hier is n paar manne wat jou goeie raad gee. Ek wil ook graag net iets byvoeg. Ons het vanoggend van n 21 dae toertjie deur die Weskus en tot by Twee Rivieren teruggekom met ons Romany. Ek dink jy weet hoe lekker is dit om met n karavaan te toer en alles binne op hulle plek. Dan praat ek nie eers van die lekker slaap nie. Ek het ook die voorreg gehad om al ons buurlande met n wa en opblaas matrasse te toer. As jy jonk is, is dit nog sports, maar nie meer op ons ouderdom nie. Die naaste wat jy aan so matras moet kom is as jy hom in die winkel sien. Jy is mos nie armgat nie, geniet jou laaste kampjareen dan bly jy sommer n rukkie by die Eiland ook. Ek hoop ek sien jou volgende jaar 9n die Wildtuin. Maurits

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 29/08/2023 - 14:25

Ek besef jy gee raad met goeie bedoelings. Die besluit is egter geneem dat dit 'n "tentding" sal wees. Ek is oud, maar darem nog nie só oud dat ek nie 'n tent en 'n gazebo kan opslaan nie. As ek dit met my stoeptent kan doen, wel ....

En wat die gemak van die binnekant van jou woonwa aanbetref stem ek mee saam - alle aspekte daarvan. Maar ek het oor die afgelope klompie jare sóveel keer in selfsorgplekke gebly - tot nou onlangs in Mei toe ons vir 3 nagte elk in Groot Brak (in 'n woonstel), Ebb & Flow, Bergkwaggapark, Karoo Nasionale Park, Prins Albert (Lekkeslaap) en Oudtshoorn (Lekkeslaap). Ons ken vanuit tasse leef.

Die tipe van opblaasmatras wat ek gebruik (wat die hoogte van 'n gewone bed is) pomp self op met sy ingeboude pomp. Ek en Ralie het toe ons die huidige matras tydens die afgelope Kerstyd saam met my seun-hulle by Quaggaskloofdam gebruik het, vir mekaar gesê dat die matras slaap lekkerder as ons karavaan se bed. En sou die papaja die waaier tref, soos met twee van ons vorige matrasse (waarvan een vir baie jare gehou het), gaan ons 'n "back-up" van nog 'n matras hê.

Ja, jou kombuisgoedjies is wel bymekaar in jou karavaan, maar ons pak maar meeste van dié dinge uit op ons stoeptent (ons slaan nooit 'n voltent op nie). Dieselfde sal geld vir die paar items wat nou saamgery gaan word en wat in die gazebo gaan staan. Vir alle praktiese doeleindes slaap ons net in die karavaan. Bedags is ons óf uit of kuier onder die stoeptent. Die tent sal ook net dien as slaapplek en die gazebo as kuierplek.

Ek en Ralie is wel lief om saans by die "breakfast nook" in die karavaan te eet as ons alleen is. Maar as daar ander mense by is eet ons maar buite. In dié geval sal ons saans buite eet met ons "TV trays".

Nee wat - ons gaan tentkamp en basta met die res. En ek is oortuig ons gaan onsself gate uit geniet. 3 aande op en 3 aande af sal ons in selfsorgplekke bly - en soos gesê ons is gewoond aan die bietjie ongerief (indien dit is) om 'n tas of twee uit te dra.

Voor dié ekskursie wildtuin toe, lê daar darem nog twee ander "vooruitsien items" voor. 13, 14 & 15 Nov gaan ons juis Lekkeslaap in 'n selfsorgplek in Prins Albert saam met vriende en hoop om tydens een van die voldae ons vriende Gamkaskloof toe te neem. Ek en Ralie het reeds drie keer mense na Die Hel geneem - en na die laaste keer besluit dit is seker die laaste. Maar dit smaak my - hier gaan ons alweer.

En dan vanaf 5 Februarie gaan ons vir 16 aande kamp (met die karavaan) by Ebb & Flow.

En dit mag dalk net gebeur dat ek nog self voor Mei 2024 in die wildtuin mag kom. My ver kinders (hier in Roemenië) mag dalk saam met 'n Noorweegse gesin (een van hulle donateurs) gedurende Maart 2024 Suid-Afrika toe kom. Ek het die man verlede week ontmoet toe hy vlugtig hier besoek afgelê het. Hy't gevra, indien hul voorgenome besoek wel realiseer, of ek hulle sal vergesel wildtuin toe. Of dit so sal uitwerk, moet ons maar sien.

Ja, ek hoop ek kamp vir jou en Martie raak in die wildtuin. Ons is vanaf 12 Mei tot die oggend van 1 Junie in Onder-Sabie.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 29/08/2023 - 14:38

Duidelik gaan niemand hom oortuig om af te sien van die kampering met ‘n tent nie. laugh

 Ons almal se kampeer opset verskil mos maar, en dis darem nie die eerste keer wat hulle met die tent gaan nie.

Persoonlik kan ek nie sien dat ons gou weer (indien ooit) met net ‘n tent sal gaan kampeer nie. Daarvoor geniet ons die Kavango te veel. Ons was al twee keer daarmee Kgalagadi toe en drie keer Kruger wildtuin toe en weet dit werk goed - selfs in kampe sonder enige 220V, soos tydens die ses aande in Kgalagadi in April. Ja dit kos meer om dit te sleep en vat bietjie langer, maar dis sover nog die moeite werd. 
 

Maar elkeen doen soos hy goed dink. Hier is selfs mense op die forum wat Nieu-Seeland ondersteun in die rugby. Ek gaan kamp eerder sonder ‘n tent en matras as om dit te doen. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 29/08/2023 - 14:59

Ek nooi jou by voorbaat om eendag by die Bouchers te kom inloer terwyl ons in Onder-Sabie is en julle in Skukuza.

 Dankie vir die uitnodiging ChrisB, maar ek sal liewer daarvan afsien  -  netnou kry ek ook lus om te tent-kamp in die Wildtuin !

Ek stem honderd persent saam om 'n sleepwaentjie saam te neem vir bêreplek vir al julle goeters.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 29/08/2023 - 15:41

Daardie laaste twee sinne van jou laaste insetsel is puik gestel. Ek voel ook so.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 29/08/2023 - 15:42

ChrisB aangesien julle................................alreeds met die beplannig begin het moet julle dit geniet. 

Jy het seker al 'n lys gemaak van wat moet saam.  Dit is hoekom ek die wa geniet want alles bly daarin en dan kan ek nie iets vergeet nie. 

 Maar nou ja om iets te vergeet is ook deel van die avontuur.

Ons sal hierdie verhaal volg want ons toekoms is ook met tent deur Namibië en Botswana anders kan ons nie by die mooi plekke uitkom nie.

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 29/08/2023 - 16:30

Ek werk in elk geval pal deur my inpaklys vir die karavaan - net om 100% seker te maak al's in ingelaai. Waar ons ookal gaan, al is dit nou 'n kort trippie in vaste akkommodasie, word daardie volledige lys wat ek op 'n Excel-file het geraadpleeg. Ja - soms kom daar 'n dindetjie uit die karavaan uit, maar meeste van my groter kamptoerusting staan in die karavaan se garage. Dit word gewoonlik agter in die bakkie gery, want ons hou die karavaan so leeg as moontlik omdat ons daarin oornag. Meeste van die benodigde items sal dus in hetsy die bakkie of sleepwa saamgery word. 

Waar kos-items wel in die wa gepak word, sal dit nou in die laaikassies gepak word. I.p.v. klere in die karavaan se kaste pak, sal dit maar noodwendig in tasse gepak word. Ek sal julle op hoogte hou van vordering.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 29/08/2023 - 18:07

... jy's toe 100% reg met jou berekening. Die blokke is 60 x 60 cm - ek het navraag gedoen by Tentco. En ek gaan 25 blokke benodig om die tent se hele vloer te bedek. En my bestelling is vir 6 pakke van 4 blokke elk - m.a.w. 24 blokke. Dus sal ek seker maar nog R350 moet uithaal vir nog 'n pak van 4 - alhoewel ek net 3 benodig.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 30/08/2023 - 06:22

Ek het ongelukkig lyf weggesteek in wiskunde omdat ek nie van my juffrou gehou het nie. Ek moet dinge dus maar uitwerk. Die tent is 3m x 3m. Dit is 9 vierkante meter. Die blokke spons is 0,6m x 0,6m. Dit is 0,36 vierkante meter. 9 gedeel deur 0,36 = 25 blokke.
Of 3m gedeel deur 0,6m = 5 blokke op elke sy van die tent en 5 x 5=25 blokke. 
yes

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus