Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -5 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -5 hours ago

Wildtuin toe met 'n tent

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Na aanleiding van Wessel se voorstel dat ek dalk 'n nuwe gesprekslyn moet begin wat handel oor die moontlike tent-kampering in die Krugerwildtuin gedurende Mei 2024, het ek dit goedgedink om wel sodanige draad te begin. Ek haal graag aan waarmee ek dié gesprek begin het.

Ek loop gister 'n ou skoolmaat van my raak by Supa Quick toe my mahala nuwe Dunlops opgesit word. Hy woon ook in Kleinmond, maar die plek waar ons mekaar die meeste gesien het die afgelope paar jaar, was in Tsendze waar hy gereeld op staanplek 25 kamp met sy tent. Hy noem toe dat hy ook sy Honda CRV na Supa Quick wil bring vir 'n "check-up" voordat hy eerskomende Donderdag die pad wildtuin toe vat. Hy en sy vrou ry jaarliks met sy kar wildtuin toe en kamp baie basies net met hulle tent, 'n klein opvoutafeltjie, twee stoele en twee kampbeddens. Maroela, Tsendze en Punda is altyd op hul reisplan van ongeveer 3 weke in die wildtuin.

Ek begin toe dink - waarom gooi ek nie ook ons Howling Moon boogtent, 'n gazebo, tafel en stoele, afblaasmatras en die basiese benodigdhede in en vat die pad wildtuin toe nie (karavaanloos). Ons het dit al drie keer gedoen - die eerste keer 'n week in Satara, 'n paar jaar later 'n week in Shingwedzi en die laaste keer 'n week in Berg-&-Dal. En dit was elke keer vrek-lekker. En dit klink my mammie ontvang die idee goed om só wildtuin toe te gaan - hopelik vir sowat 3 weke (dalk 'n week elk in 3 kampe). Oorslaap heen en terug sal dan in Lekkeslaap-plekke wees. Skielik sien ek ook uit na 1 Junie om plek te bespreek vir Mei 2024.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 21/04/2023 - 16:31

................'n sleepwaentjie onder 'n syklap van 'n gazebo is 'n goeie en netjiese bêreplek vir kosware (bobbejane/blouape) as jy tentkamp in die Wildtuin.  Jare gelede het ons seun en skoondogter saam met ons gekamp in Punda.  Hier staan Pa se waentjie onder die een syklap van die gazebo, alles netjies en byderhand.  Dit het ook op 'n stadium gereën en alles en hulle albei was kurkdroog, selfs as hulle goed uit die waentjie wou haal.  Tydens wildritte en oornag word die waentjie se deksel toegemaak en alles is beskerm van ongediertes.

Nie 'n baie goeie foto nie, maar dit wys darem wat gedoen is.

.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/04/2023 - 08:29

Môre 

Waar soek ek in Punda vir daai lekker staanplek?? Dit lyk of dit uitgeknip is vir my.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 22/04/2023 - 15:34

...................draai jy links in die kampeerterrein in en dan feitlik dadelik weer regs.  Hierdie staanplek dan aan jou linkerkant. Ek het 'n klompie jare gelede (as ek reg onthou) vir ChrisB vir die eerste keer ontmoet toe hulle ook op hierdie plek gestaan het.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 22/04/2023 - 15:44

Ons het al drie keer op daardie plot gestaan wat Len van praat. Maar daardie foto van Len lyk nie of dit daardie presiese plek is nie. Ek sal foto's plaas as ons môre by die huis kom. Ons het so pas in Grabouw by my seun aangekom om te kom kerrie-skaapderms en -pote eet waarvoor hy ons genooi het. Ons slaap sommer oor vanaand.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/04/2023 - 17:15

.....in jou foto Len, lyk net soos my ou staatmaker. Ons het so 'n 2003 model 1300cc, wat slegs 144000km geloop het.

Staanplek gemerk in my wildtuin boek.smiley

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 22/04/2023 - 17:48

...........dis 'n Honda Balade 1500.  My kinders het verskeie Hondas gery  -  een ry nou nog een.  Fantastiese, breek-nooit-nie voertuie  -  almal met hemelhoë kilometers op.  Ek soek gou 'n beter foto.

.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/04/2023 - 07:40

Hulle is baie gewild in Worcester, maar het almal dropped suspension waarmee hulle skaars oor die spoedhobbels kom. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/04/2023 - 09:58

...............Honda besit, jy word daagliks genader of jy nie dalk wil verkoop nie.  Gelukkig is die dropped suspension nie op my kinders se agenda nie  -  miskien omdat hulle weet indien wel, word hulle onterf.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 24/04/2023 - 11:39

... van een van ons gunsteling staanplekke in Punda Maria. Uit die vier keer wat ons daar gekamp het, het ons drie keer daar gestaan. Dit is een van min redelik lekker gelyk staanplekke in Punda, bied genoegsame skadu en jy het 'n redelike goeie uitsig daarvandaan na die suiping voor die kamp.

2006 - Die eerste keer toe ons daar gestaan het:

Punda

Punda

2016 - Toe ek vir Len daar raakgekamp het:

Punda

Punda

2021 :

Punda

In 2019 was dié staanplek oop toe ons daar arriveer, maar daar was nie 'n oop kragpunt naby nie. Toe gaan staan ons op 'n ander lekker gelyk staanplek verder wes in die kamp.

Punda

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 24/04/2023 - 14:20

SANParke se web gee steeds nie volgende jaar (2024) se gryskop-afslagdatums aan nie. Ek skakel toe vanoggend met die satellietkantoor wat ek gebruik (EZI Bookings) en vinnig stuur hulle toe vir my die inligting per e-pos aan.

Ek let toe op dat Shingwedzi ook 40% afslag bied in die Mei/Junie afslafperiode. Aanvanklik het ek gereken om tot Mopani te ry die dag wat ons ingaan, sodat ek so vroeg moontlik die volgende oggend in Shingwedzi kan wees. Maar ek let op dat die 40% gryskop-afslag is ook van toepassing op "bungalows" in Shingwedzi. Gevolglik reken ek dat ons die eerste dag vanaf Phalaborwahek tot in Shingwedzi sal ry, waar ons 'n "bungalow" sal bespreek. Dan is ek die volgende oggend sommer in die kamp om te sien waar trek ouens (hopelik) op lekker staanplekke uit.

Terloops, vir diegene wat belangstel. Die gryskopafslagtyd strek vanaf 6 Mei tot 13 Junie 2024 en besprekings (vir Mei) open op 1 Junie 2023.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 24/04/2023 - 14:49

dit verklaar waarom ek die jaar slegs as volg betaal per aand 

Punda Maria--R311

Tsendze--------R278

My bespreking by Satara is tot 15 Junie, met bemiddeld dan R292.40 per nag. Onthou dis vir kampering!!!

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 24/04/2023 - 14:53

Dankie vir foto's, gaan lekker kamp in Punda, dit lyk of daar baie koelte staanplekke is. Ek staan eerder heeldag in die koelte, as teen die draad in die son.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 02/05/2023 - 12:08

... of mammie se kop so stadigaan begin anders dink. Hoe meer ek praat oor ons tentkamp volgende jaar in die wildtuin, hoe meer klink dit of sy haar vrese verloor om met die "ou lady" wildtuin toe te gaan. So al asof sy begin kleinkoppie trek vir 'n tent met 'n moontlikheid van 'n afblaasmatras wat sy naam gestand doen. Maar daar sal nog seker heelwat water in die see moet loop alvorens sy daardie "go ahead" gee. Ek is steeds ingestel op 'n tentvakansie, maar wie's ek nou as die huishouding se "government" anders besluit.

Gevolglik sal ek maar wel vir die volle tydperk in Shingwedzi bespreek - of ons nou met die tent of met die "ou lady" gaan. Ek dink dit moet tóg lekker wees om vir só 'n tydperk aaneen in een kamp (veral Shingwedzi) te bly. Dit sal in ieder geval net sowat 'n 3 weke kuier in die wildtuin wees vir ingeval dit dalk enigsins moontlik sal wees om Jul/Aug/Sep vir ons ver kinders te gaan kuier.

Gaan ons wel met die "ou lady", sal ons reistyd daarheen en terug net met minstens 2 dae verleng word in elke rigting.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/05/2023 - 12:58

...............ek kan nou al vir jou 'n brief gee die Bouchers gaan Wildtuin toe met die Caravette 6B.  Ek stel voor jy hou die sosiale media dop en die oomblik as jy 'n berig of foto sien van 'n slang in die Wildtuin, veral as dit in 'n ruskamp is, wys dit vir mammie "interessantheidshalwe".  Jy het nog heelwat tyd en selfs as jy 'n paar gevalle vir haar "interessantheidshalwe" kan wys, sal die koeël deur die kerk wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/05/2023 - 13:09

...weer met slang fotos in wildtuin begin nie. Sekere ouens se boswa is ook maar sensitief vir die addergeslag.

Ek gaan in die middel van staanplek in Tsendze staan, en met grashark mooi patrone trek om die wa. Sodoende kan ek sleepsel spore opmerk, en doodhark voordat Marie dit sien.laugh

Chris B het juis so 'n bewys van groenmamba op nr 26 in Tsensze.

Teen die spoed wat Chris B die ou lady sleep, sal daar weinig verskil wees aan dieselverbruik, in vergelying met sleepwaentjie agternalaugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 02/05/2023 - 13:49

Chris B het juis so 'n bewys van groenmamba op nr 26 in Tsensze.

Nee, jy kry nie die groenes in die wildtuin nie, Wessel. Aag, en daai een was sommer nog so 'n jong swartmambatjie - seker so 1.2 meter lank.

Jy sal No 26 geniet Wessel. 'n Onbelemmerde uitsig na die draad toe, met grootvoete, seekoeie, waterbokke en rooibokke wat redelik gereeld teen die draad kom kuier. En lekker naby die een ablusie en buitekombuis. Dalk nie so heeltemal vriendelik t.o.v. solarpanele nie, maar ook nie so sleg daarvoor nie.

Len - mammie is minder bang vir 'n slang as ek. Seker omdat sy van 'n Karooplaas af kom en hulle nogal gereeld Kaapse kobras en pofadders in die tuin gehad het. Daar't ek gesien hoedat 'n groot kobra tussen 'n klomp patatranke inseil. Haar pa het met 'n stok in die hand in die patatranke gaan staan en die slang gesoek tot hy hom kry. Ek dink sy't daai gene by haar pa geërf. Sy vang reënspinnekoppe hier in ons huis met haar kaalhande, terwyl ek my vrek gril vir die goed. Sy jaag selfs 'n molslang hier by ons in die straat af in 'n oop erf in sodat mense dit nie raakry nie. En het sy 'n fyn oog vir 'n slang! Ek soek vir die boomslang wanneer die voëls hulle weggee, maar kan die goed-gekamoefleerde ding nie sien nie. Sy's die een wat vir my wys waar's die slang en hom wegjaag. En raak baie ontsteld met my as ek 'n boomslang doodmaak - soos hierdie een wat in ons tuinpaadjie gelê het.

Boomslang

Selfs my Roemeense kleindogter was baie "upset" met oupa wat 'n slang doodmaak. Hierdie een was die grootste wat ek nog hier by ons gekry het en hy't gemik vir die krismisrose daar in die agtergrond - reg langs my voordeur.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/05/2023 - 14:00

Middag Len en alle Kapenaars

Julle moet nou 'n "groot trek" organiseer Kruger toe. Kyk of julle belangstelling kry vir 'n aantal waens wat saam op die pad wil/kan wees wildtuin toe.

Begin by Len, dan sluit Servaas, Maurits, Chris B aan by hom, in KarooNP byvoorbeeld. Herman met Jurgie sluit ook daar aan. Met so baie vriende bymekaar, is veiligheid gewaarborg, en as Herman sy gereedskapkas saamry, Chris B se nr-13 shifting, kan klein probleempies gou gedokter word. Daar by Gariep rond, sluit Lapskag ook aan. Hy bring onder andere koekies en 'n sweismasjien ingeval iemand se aircon of spaarwiel hegpunt breek.

Soos Herman opgemerk het, vir 'n klomp wat nie kudde diere is nie, kan so 'n reeling nogal 'n moerse uitdaging wees. Ek sal dan die laaste skof van Malelane het tot by Satara [?] saamsleep.

Iemand sal net moet reel met verkeersowerheid en trokvervoer vakbond, oor die opeenhoping wat mag plaasvind.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/05/2023 - 15:34

.............."Wildtuin toe met 'n tent" .   ChrisB, jou Karoo-meisie mag dalk slange ken, maar ek is baie seker sy het nog nie saam met 'n slang in 'n tent geslaap nie, behalwe dalk saam met jou met jou..............?  Maar dis iets heel anders.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/05/2023 - 16:51

....weer nie oom Len!!!

Sommer net skriftelik gedink, sal ook maar my moer oordraad draai.laugh

0

Kan wel se as jy venter vat kan jy amper jou wa sleep. Daai venter maak groter petrol verbruik verskil as wat jy dink. Ons 2024 Namibia toer sal ek maar die diesel gooi en lekker kamp

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus