Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 minutes ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -20 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -20 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago

Wildtuin toe met 'n tent

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Na aanleiding van Wessel se voorstel dat ek dalk 'n nuwe gesprekslyn moet begin wat handel oor die moontlike tent-kampering in die Krugerwildtuin gedurende Mei 2024, het ek dit goedgedink om wel sodanige draad te begin. Ek haal graag aan waarmee ek dié gesprek begin het.

Ek loop gister 'n ou skoolmaat van my raak by Supa Quick toe my mahala nuwe Dunlops opgesit word. Hy woon ook in Kleinmond, maar die plek waar ons mekaar die meeste gesien het die afgelope paar jaar, was in Tsendze waar hy gereeld op staanplek 25 kamp met sy tent. Hy noem toe dat hy ook sy Honda CRV na Supa Quick wil bring vir 'n "check-up" voordat hy eerskomende Donderdag die pad wildtuin toe vat. Hy en sy vrou ry jaarliks met sy kar wildtuin toe en kamp baie basies net met hulle tent, 'n klein opvoutafeltjie, twee stoele en twee kampbeddens. Maroela, Tsendze en Punda is altyd op hul reisplan van ongeveer 3 weke in die wildtuin.

Ek begin toe dink - waarom gooi ek nie ook ons Howling Moon boogtent, 'n gazebo, tafel en stoele, afblaasmatras en die basiese benodigdhede in en vat die pad wildtuin toe nie (karavaanloos). Ons het dit al drie keer gedoen - die eerste keer 'n week in Satara, 'n paar jaar later 'n week in Shingwedzi en die laaste keer 'n week in Berg-&-Dal. En dit was elke keer vrek-lekker. En dit klink my mammie ontvang die idee goed om só wildtuin toe te gaan - hopelik vir sowat 3 weke (dalk 'n week elk in 3 kampe). Oorslaap heen en terug sal dan in Lekkeslaap-plekke wees. Skielik sien ek ook uit na 1 Junie om plek te bespreek vir Mei 2024.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 30/08/2023 - 16:48

Ek kyk net-nou op die Sanparks webblad en sien dat die 40% gryskop-afslag geld ook vir die chalets en cottages in Karoo Nas Park tydens die Mei/Jun afslagperiode. Dit gaan my dus min meer kos om daar te oornag met die terugkeer volgende jaar versus Travalia se tarief. Dus is die waarskynlikheid groot dat ek eerder 3 Junie in die in die park gaan oorbly synde ek so lief is vir die plek. Dalk selfs 'n tweede aand - wie weet.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 17/10/2023 - 09:41

My dogter-hulle mag dalk laat-Maart Suid-Afrika toe kom. 'n Noorweegse medewerker en donateur wil graag Suid-Afrika kom besoek saam met sy gesin en wil hê dat hulle moet saamkom (hy bied aan om hulle vlugkostes te betaal). O.a. is die wildtuin en die Wes-Kaap op sy voorgenome besoeklys. Hy wil terugkeer op 7 April.

Maar my kinders oorweeg om aan te bly in Suid-Afrika tot vroeg-Junie, want my skoonseun se pa word dan 80. Ek het voorgestel dat hulle dan saam met ons wildtuin toe gaan in Mei. Om nog 'n tent op te slaan is maklik en ons mag tot 6 persone op 'n staanplek wees. Ek het gister op die Sanparks-webblad gekyk en gesien dat ons nog ekstra akkommodasie beskikbaar is vir die eerste 2 aande wat ons onderskeidelik 1 nag elk in vaste akkommodasie in Malelane-kamp en Onder-Sabie oorbly.

Maar dit is hier waar die spreekwoordelike papaja dalk die waaier mag tref. Hulle sal graag saam met ons gaan, maar nou beplan nog twee Noorweegse medewerkers om vir 'n week of twee gedurende Mei Suid-Afrika toe te kom en wil graag hê dat my kinders as "gidse" vir hulle optree. Dit sal beslis gedurende ons beplande Mei-wegbreek geskied (indien hulle besoek realiseer).

En my liewe vroutjie sal beslis nie weggaan met vakansie terwyl haar kinders in Suid-Afrika kuier nie. Gevolglik mag dit wees (as daar finaliteit oor genoemde besoeke van die onderskeie Noorweërs is) dat ons geen ander keuse gaan hê as om ons wildtuinbesoek in Mei uit te stel nie. Ek het vanoggend gou geloer na beskikbaarheid gedurende die volgende gryskop-afslagtydperiode (Aug/Sep). Ek sal kan regkom, maar ek is nie gek oor daardie tyd van die jaar in die wildtuin nie. My belewenis is dat dit die bedrywigste tyd van die beheerde brandseisoen is, die winderigste tyd van die jaar in die Laeveld en ook die stowwerigste.

Dus sit hierdie mamparra tans soos 'n uil op 'n kluit en wag vir finaliteit oor bogenoemde dinge.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/10/2023 - 10:01

Môre Chris B

Gee jou Kruger datums vir jou kinders, en laat hulle die 2de groep Noorweërs se vakansie sommer in Kruger begin, terwyl julle daar is.

Tweede voorstel: Waarom nog 'n tent opslaan as kinders saamgaan. Sleep die ou Lady saam. Dit gaan net makliker wees vir kosmaak ensovoorts, as 2 tente. Die vraag is, kan jy kinders en kleinkinders saam in Hilux kry?? Wel dit geld ook vir 2x tente se kamp.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 17/10/2023 - 11:05

... as ek die "ou lady" saamsleep moet ek steeds 'n tent opslaan vir die kinders - hetsy 'n gewone tent of die sytent. En ek is allergies vir sytent opslaan. Selfs al kamp ons vir 3 maande by Eiland Spa, slaan ons nie die sytent op nie. Kosmaak geskied in die gazebo wat dien as kombuis en sitkamer en die gebruik van die "ou lady" vergemaklik dit geensins. Ons gaan steeds 'n vrieskas, yskas en stoof tot ons beskikking hê - net nie die mikro nie (wat ons buitendien uiters selde gebruik). Ek dink nie julle ouens wat "vas-geanker" is aan karavaanlewe besef hoe lekker dit is om dit soms 'n bietjie meer primitief te kamp nie - maar steeds 'n paar simpel "luxuries" te geniet ook. Die hoë afblaasmatras wat ons gebruik slaap amper lekkerder as my matras by die huis (as dit nie afblaas nie). En my sponsmatte wat soos 'n "jigsaw puzzle" inmekaar pas het ook intussen gearriveer.

My kleindogter sal waarskynlik al teen Mei teruggekeer het Roemenië toe , want sy kuier net 'n tydjie in SA en dan wil sy "huistoe" (sy's deur en deur 'n Roemeen en nie juis opgewonde om té lank in SA te kuier nie - mis haar pêlle). Gevolglik sal ons net 4 wees in die Hilux (indien hulle sou saamgaan) en ons toerusting pak ons maklik in die bakkie en die waentjie. Oorslaap sal in ieder geval in vaste akkommodasie wees - of hulle saamgaan of nie.

Vir my is die grootste onsekerheid net of hulle planne (of liewer die Noorweërs wat in Mei wil kom) gaan realiseer. Die manne wil glo nog 'n jagtog ook inpas - en dit kan hulle nie in die wildtuin doen nie. Gelukkig het ek nog tyd tot my beskikking as veranderinge t.o.v. datums noodwendig gemaak moet word.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 17/10/2023 - 22:05

Raak ontslae van jou karavaan want dis duidelik dat jy tentkamp-lewe verkies en daarom moet jy voluit daarvoor gaan.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 18/10/2023 - 06:50

Hierdie " Trip down memory lane" vir Chris en Ralie is seker nodig.

Sal nie omgee as ek en my oumatjie weer n slag die Landy pak en met n paar trommels weer die wildernis aandurf nie. Lekker voete in die sand,  kook op n rokerige vuurtjie, stukkie seil vir n afdakkie waneer die donderstorm neerstort. Kommetjie water en waslap vir bad. Klipharde matrasssie en slaapsak. 

Olifante pluk blare uit die boom waaronder jy slaap. Daai gerammel van die pens, die diep asemteuge, rasper skuur van die skurwe vel hier teenaan jou. Of die leeu wat so naby brul dat jy vibrasies deur jou borskas voel.

Dit is my herinneringe van tentkamp.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/10/2023 - 07:08

Herman, neem eerder Jurgie, met die mooi binnekant, tot gestyfde wit lakens, en sleep/toer sommer net na paar naby anparke toe.

Of, vat die langpad Kruger toe. Gaan staan in Balule of Tsendze en jou hunkering na laaste paragraaf kan bevredig word. Sien julle Julie daar 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 18/10/2023 - 07:57

... mooi gestel. Ons "rough" dit nou nie heeltemal só soos jy beskryf nie, maar dit klink bleddie lekker. Ongelukkig net nie my ander helfte se "cup of tea" nie.

0
Pretoria

Geert

Thu, 19/10/2023 - 17:21

Nice webcam foto

Skuus ChrisB....wou dit onder ander wildtuin draad geplaas het...vingerfout

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus