Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -2 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -3 hours ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -3 hours ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -4 hours ago

Strydoms oppad Namakwaland toe- 2023

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Aangesien die toer nou wel plaasvind, en nie meer net 'n idee is nie, begin ek die nuwe gesprek.

Vir die begin, plaas ek net weer hier die reeds bespreekte plekke;

KarooNP: 20 tot 23 Agustus

Rondeberg by Clanwilliam: 1 tot 3 September 

Kroon Lodge Kammieskroon: 4 tot 7 September.

Ons wou met die terugkom by MokalaNP oorbly, maar tans kon ek nie voldoende plek daar kry nie.

Die res van ons besprekings is 'n kontinue proses van nou af.

Worcester

Wildehont

Thu, 31/08/2023 - 19:43

Mens kan dit nie verander nie. En hier leer mens maar om daarby aan te pas. Dis natuurlik (soort van) makliker gesê as jy hier woon. Aan die een kant kan jy dan hoop vir beter weer, maar aan die ander kant sit jy met ‘n mate van wispelturigheid (en nou praat ek nie van jou vrou nie).

Gelukkig beweeg die fronte nou vinniger en is hulle uitwerking minder wreedaardig die tyd van die jaar (wat blykbaar lente genoem word). Ek glo dus julle sal weer die son (en die blommetjies se gesiggies) sien. Ek sien ook dat daar gereken word die wind het wel bietjie skade gedoen, maar die blomme is steeds uitsonderlik mooi. Julle het die regte jaar gekies. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 01/09/2023 - 08:04

Ek sien die son skyn vandag daar in Clanwilliam se geweste. Die volgende paar dae is dit gedeeltelik bewolk met bietjie reën Maandag en Dinsdag. Ek hoop Wessel-hulle is al sterk oppad sodat hulle vroeg genoeg kan kamp maak om nog bietjie rond te ry en blommetjies te gaan kyk. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 03/09/2023 - 18:13

Kamp lekker by Rondeberg oord. Dit is 'n pragtige oord tussen die berge en langs Bulhoek dam. Die meeste staanplekke is op gras, ek het nie eers 'n grondseil uitgegooi nie. Persone met kinders wat hou van watersport sal die oord geniet.

Lekke koel sonskyndae. Gister eers na blommekerk in dorp, na die blommeskou geen kyk. Dit is 'n ongelooflik mooi uitstalling in die kerk. Daarna eers gewinkel vir, roosterkoek, brood, pannekoek en geskenk vir Marie.

Die pad gevat Biedouwvallei toe waar die blomme mooi was. Vandag Lambertsbaai toe, en by Isabellas geeet. Die blomme soheentoe was amper meer en mooier as in die Biedouvallei.

Herman: C Loius Leipoldt se graf is in die Pakhuispas, bakie goed bewaar soos monument. By die engelse blommekerk was ook 'n graf van 'n dominee Chris Leipoldt, maar nie die bekende C Louis nie. 

Ek sal fotos laai sodra ek ek goeie sein het. Op die oomblik is dit onmoontlik.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 03/09/2023 - 19:37

...............baie bly julle geniet die blomme en vriendelike mense van die Weskus  -  baie beter as die onvriendelike spul hieronder.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 03/09/2023 - 22:20

Bly jy geniet Wessel.

Jy het my verkeerd verstaan, Louis se pa, Chris, was dominee was op die dorp, Ng predikant. Elk geval, ek lees toevallig nou die lewensverhaal van C Louis Leipold, en so goed op hoogte van die familie en gebeure. 

Geniet die blomme.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 04/09/2023 - 11:16

Ek is bly julle geniet dit en sien mooi blomme. Hier by ons wil die winter maar net nie end kry nie. 
 

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 04/09/2023 - 11:32

Mag Wessel se geluk hou met die blomme. Daar kom blykbaar weer n front aan, tot n kans vir sneeu op Tafelberg! Wonder hoe gereeld sneeu dit op Tafelberg?

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 05/09/2023 - 14:00

Sit nou hier en wag dat son skyn. Koud in Kammieskroon en vanoggend tot nou gereen. Kon darem gister bietjie rondry en blomme sien.

Heg 'n foto aan van Rondeberg oord.

ron

rb2

So lyk ons staanplek by Kroon Lodge, 'n netjiese plek met die mooiste skoonste ablusie. Enige tyd aanbevole. Die staanplekke het so 'n stoep met wasbak en braaier. Kragpunte vir woonwa en nogwat. Dit is effe knap, met intrek van wa moes ek oplet dat dak kan oopmaak sonder om gebou se dak te hak nie. Dit het gemaak dat ek nie nou my pora potti aan die anderkant kan uittrek nie.

Marie geniet die blomme. As die son hou, wil ons more Nababeep toe ry.

So paar fotos by blommekerk in Clanwilliam se skou

blo

blom

kk1

0
Pretoria

Slowstrike

Wed, 06/09/2023 - 07:13

Volgens alles wat ek lees ia die blomme oral die jaar mooier as ooit. Hoe gelukkig kan mens wees. Ai hoe graag sou ek dit wou sien.

Geniet dit en reis veilig

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 06/09/2023 - 10:37

So lyk ons staanplek by Kroon Lodge, 'n netjiese plek met die mooiste skoonste ablusie. Enige tyd aanbevole.

.... bewus geword van Kroon Lodge toe Koos Mol daarvan vertel het. Toe het ek en Ralie eenkeer in een van hulle kamers, met eie badkamergeriewe, oorgebly op pad Namibië toe. Dit was 'n puik plek en klink my is nog steeds. Omdat ons ingestel was op selfsorg, maar gewoond is dat selfsorgplekke redelik goed toegerus is, het ek (verkeerdelik) gedink dat Kroon Lodge se akkommodasie ook selfsorg is - wat dit inderdaad nie was nie. Maar die eienaar/bestuurder het met aankoms genoem dat ons net moet praat as ons enigiets benodig. Hulle het ons gou-gou gehelp met alle eetgerei wat ons benodig het vir ons braai.

Geniet julle laaste aandjie daar Wessel - en dankie vir die foto's.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 07/09/2023 - 12:01

Middag vriende

Gister was ons vir 'n daguitstappie na die volgende plekke;

Springbok vir negosie aanvullings

Daarna Nababeep, Okiep en Concordia toe. Mense, soveel van blomme in die veld, soos tussen Springbok en Nababeep nog nooit gesien nie. Net plate vol veral by Nababeep. 

Daarvandaan na Goegaap natuurreservaat. Wat 'n lieflike versteekte plek, baie blomme in veld, en dan die vetplant deurloop tuin, met hulle name by. Lieflike klein grasdakkies met tafels en stoele waar mens kan piekniek maak. Daar is selfs chalets en paar woonwastaanplekke, laasgenoemde sonder elektrisiteit.

Gisteraand se ete was Namakwa skaap tjops, met roosterkoek ooklaugh. More skuif ons aan na Oranje Rus by Upington. Temperature het sommer van maks 14C gespring na 27 C vandag, en more blykbaar 33C by Upington.

Hier is so 50km van Kamieskroon af ook 'n Kokerboomwoud, maar dit gaan ek oorslaan, ek het nou genoeg sinkplaatpaaie vir die vakansie gery.  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 07/09/2023 - 12:34

Wessel, ek is regtig bly dat jy by Goegap n draai kon maak. Dit is een van ons gunsteling oorbly plekke op pad Namibia toe, en bly meestal so 2 aande oor in die grasdak huisies.  Ons was al daar in blommetyd, en die 4x4 roete is dan ongelooflik mooi. Jy is meestal stoksiel alleen, en nie ń heining of kragdraad naby nie. Pure ongerepte natuurskoon.

Regtig bly jy kon die blomme ervaar, en hoop die fotos in die hardeskyf tussen die ore, gaan vir baie lank nog helder bly.

Mooi ry op die pad terug, en vat dit maar stadig.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 14/09/2023 - 13:22

.................welkom terug Wessel.  Bly julle is weer in lewende lywe veilig terug in Brits ten spyte daarvan dat jou lekker toer-verslag nog nie behoorlik afgesluit is nie. Rond die spulletjie nou mooi af asseblief.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/09/2023 - 14:18

Middag vriende

So 'n paar fotos van besoeke aan Springbok, Nababeep omgewing. Oordeel self, maar ek dink ons het moou blomme gesien. Mens kan die vlaktes vol blomme net nie op beeld vaslê nie. Die vetplante met naambordjies is in Goegaap vetplant deurloop tuin geneem.

blom5

blom4

blom3

 

blom2

blom

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/09/2023 - 14:26

Middag vriende

Ons was aangenaam verras met die oord. Dit is op 'n plaas, net onder die Van der Kloof damwal. Wat 'n netjiese plek, met "rustic" ablusieblok. Let wel, daar is niks fout daarmee nie, die uitleg is iets besonders.

sand5

sand4

sand3

sand2

sand

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus