Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -34 minutes ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -41 minutes ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -3 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago

Strydoms oppad Namakwaland toe- 2023

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Aangesien die toer nou wel plaasvind, en nie meer net 'n idee is nie, begin ek die nuwe gesprek.

Vir die begin, plaas ek net weer hier die reeds bespreekte plekke;

KarooNP: 20 tot 23 Agustus

Rondeberg by Clanwilliam: 1 tot 3 September 

Kroon Lodge Kammieskroon: 4 tot 7 September.

Ons wou met die terugkom by MokalaNP oorbly, maar tans kon ek nie voldoende plek daar kry nie.

Die res van ons besprekings is 'n kontinue proses van nou af.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 20/06/2023 - 17:47

Dis 'n bietjie wyd (240km) vir 'n toetslopie van ons af tot by Clanwilliam, maar ek sal dit ingedagte hou.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/07/2023 - 11:38

Môre vriende

Ek plaas sommer 'n foto van my geplak laasjaar in KarooNP. Sommer om te toets of ek sukkel met fotos laai.

Die manne wat saam daar was met die Herfsblaar-kamp, sal my formidabele braaier en SANTAM sambreel onthou.

Jup, dit is 'n gesukkel, selfs met "image" keuse. Kry boodskap dat "image fiels required" is

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/07/2023 - 11:48

...nee nooit nie!!!! Ek het net buite jou staanplek gestaan, in die pad!!! Die bekende personeellid Ferdinand was ooggetuie.laugh

Jy moes sy gesig gesien het, toe ons einde Junie weer daar insleep, nadat ons die Kavango en Grompie gaan haal het in Hermanus.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 03/07/2023 - 12:42

... Ferdinand ook nie meer in die kampeerterrein nie. Sy opvolger se naam ontgaan my nou. Sanet is nog daar, maar ek wonder vir hoe lank. Toe ons afgelope Mei in die chalets gebly het, was sy die waarnemende "supervisor" by die chalets. Dalk is dit net 'n geleentheid gewees deur Brian van der Westhuizen (ruskampbestuurder) om te kyk of sy nie bestem is vir 'n meer senior pos nie. Sy en haar man, Paul, woon in die park se personeel woonkwartiere. Paul is my pofaddervanger in die kampeerarea. Ek wonder hoeveel jare kom ek al met die twee aan.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 03/07/2023 - 18:23

...............meer as eenkeer pofadders daar in die kamp gekry ?  Ek beter nie hierdie gesprek vir Annatjie wys nie want dan is kampering by Karoo NP vir my verby.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 03/07/2023 - 18:54

.... al by 3 geleenthede - en op een dag sommer twee. En ook 'n jong Kaapse kobratjie wat oor etlike dae nogal lastig was.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 03/07/2023 - 20:24

..........al wat ons gereeld daar raakgeloop het was die orige skilpaaie !

Maar by Die Eiland 'n paar jaar gelede was daar 'n slang in 'n boom langs die karavaan wat die personeel net nie kon vang nie totdat dit later iewers in die boom verdwyn het.  Gelukkig was ons net oor 'n naweek daar want Annatjie het geweier om uit die karavaan te kom.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 04/07/2023 - 07:46

Ek het nog net twee slange by Eiland gesien. Beide was tydens ons eerste woonwa-vakansie - dus op dieselfde staanplek. Die eerste was 'n gespikkelde bosslang (onskadelik, maar deur baie mense aangesien vir 'n boomslang) in 'n ranker teen 'n mopanieboom voor ons karavaan. Die ander een was meer skrikwekkend - 'n reuse luislang in tussen rotse agter ons woonwa. Veral toe ons verneem dat luislange veral in die nag aktief is, was ons maar katvoet in die aand.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/07/2023 - 13:04

....wat voorlê met komende blomme toer is ongeveer 4000km. Dan moet daar nog bygetel word vir heen en weer ritte om blomme te soek. 

Kavango is tans by werkwinkel vir nuwe papperye en paar klein regmaak takies. Dan gasbottel volmaak en wa is reg vir die toer. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 05/07/2023 - 15:21

Wragties Wessel, ek beny jou nie. So van gatskuur agter n klomp daisies aan ! Nou het ek als gehoor. En dan is dit dalk bewolk en jy sien net vaal veld !! Jy sal moet ń plan b het. Dalk n paar drinkskoene saamvat vir Paternoster se bar.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/07/2023 - 15:32

Ag wat, as daar nie blomme is nie, het ek darem die wêreld gesien. Ek was as kind laas in daardie omgewing.

Ek gaan wye draai maak, neffens jou verby, dan Bellville toe, nog 'n suster daar. Kyk hoe omgewing lyk rondom Jongensfontein, familie spore naloop daar.

My asempie sit nog, Grompie is nog jonk, dus goeie kans vir oorlewing DV.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 06/07/2023 - 13:56

Soos versoek, ek het die datums wanneer ons in KarooNP is,bevestig vanaf die Sanparke bespreking.

aankoms: 20 Augustus

vertrek: 24 Augustus.

Bedink jou voorstel gerus, 'n kuier daar saam kan lekker wees.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 06/07/2023 - 16:14

.... en neem maar jou ou gasverwarmertjie saam. Ons was 2 jaar gelede in Augustus in een van die chalets - en dit was f (met 'n okken) koud. Selfs vanjaar in Mei. Daai aircons rook nie die pyp met daardie groot ruimte danksy die hoë rietdakke nie. En hulle ou olieverwarmertjie is so goed soos die hond se tjol. Dalk is die hond se tjol beter.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 06/07/2023 - 18:14

Lepel le Chris!! Ons woon hier waar die koue sy start maak en dan swakker word verder aan. Wessel sal moet lekker wees en met n balaclava en kouse in die slaapsak klim. My raad is eenvoudig, maak n paar kappe tot jy lekker warm is en klim dan in die bed. Vir die dag vat jy n varkie Old Brown saam vir elke wildrit.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/07/2023 - 11:56

Sit sommer en padkaart bestudeer, met oog op nuwe roete af KarooNP toe. Die plan is om vanjaar by B.fontein die N8 te neem, tot skuins onder Kimberley, en by Ritchie te gaan slaap. 

Daarvandaan al die pad met N12 tot by 3 Susters. Ek sien nou Kambro-padstal is omtrent halfpad tussen Ritchie en KarooNP, en dit lyk na 'n pragtige padstal vir ontbyt en optel van snoepgoet soos wildsvleis-pasteie.

Ek het dit duidelik in my ou staatmaker padkaart-boek aangeteken.

Chris B: Dan is daar mos ook 'n lieflike plek bo-op Piekenierskloofpas, of nie???

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 16/07/2023 - 12:14

Ons ry nie Kambro verby sonder om daar te stop nie. Ons het nog nooit daar gekamp nie, maar het al verskeie kere in hulle chalets oorgebly. Maar al bly ons nie oor nie, is dit 'n tradisionele stop.

As ek by Modderrivier moes gaan werk het ons gewoonlik by Mokala Nas Park oorgebly. Met die terugkeer huistoe was Kambro altyd net 'n gerieflike afstand om ontbyt in te pas. Andersins doen ons net 'n piepiestop en koop ietsie te peusel by die padstal. Wilma Strauss, eienaar, is 'n innemende persoon.

En die kere (ek dink drie keer) wat ons by Riverside Country Lodge by Ritchie oorgestaan het, het ons dit 'n aangename en netjiese park gevind. Ek kan my geensins uitlaat oor Kardoesie in Piekenierspas nie. Die padstal is netjies, maar dit is 'n roete wat ons algemeen ry nie.

Lekker beplan!! Dit is soms amper lekkerder as die vakansie.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 17/07/2023 - 08:13

Daarvandaan al die pad met N12 tot by 3 Susters

Die N12 is oor die algemeen in goeie toestand. Tussen Britstown en Victoria-Wes in lg se rigting is daar aan die linkerkant van die oppervlak ‘n paar gate. Dis nie soseer slaggate nie, dis insinkings. Die teer is wel verbrokkel by baie van hulle, en dis nie aangenaam om deur te ry wanneer aankomende verkeer jou dwing nie. Ek glo egter nie dit gaan skade doen aan bande of vering nie. As daar nie aankomende verkeer is nie kan mens net so meter na regs hou om die insinkings te vermy.
 

Ons het nou drie jaar na mekaar die N12 gebruik al die pad van Drie Susters tot in Potchefstroom (en weer terug) en sal dit aanhou gebruik. Nie net omdat Salomien se ouers in Potch woon nie, maar omdat die pad lekker ry. Dis net die stukke deur Klerksdorp en Potchefstroom wat tydrowend is. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/07/2023 - 08:21

...vir die padinligting. Ek maak 'n knoop in 'n neuron, en hoop dit bly sit tot by Kambro. Ek is seker ou Grompie en die Kavango het al erger gate trotseer op paaie in en om Brits.

Ek het so beplan en bespreek, dus sleep ek die jaar die onderste helfte van N12. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus