Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
November brandstof prys November 2026 Geert -1 hour ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -7 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -8 hours ago
Rona November 2026 Johann L -8 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -18 hours ago

Manyane 2023..

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

My dogter-hulle gaan 2 tot 9 Oktober by Manyane kamp, en ons twee het besluit ons wil saam gaan.

Dit is wel hoog seisoen, en dus duurder, maar steeds nie onbekostigbaar nie. 

Ons beplan om vanaf Sasol / Vaalpark na Randfontein, Magaliesberg dan verby Rustenburg te ry, dit is wat my betref die beste pad.

Na Rustenburg sal ek maar die GPS se gids moet vertrou.

Twee staanplekke is reeds bespreek en betaal.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 03/08/2023 - 07:59

Enigste ding wat my so bietjie pla, is die feit dat staanplek nie vooraf vas gemaak kan word nie, ons gaan dus moet vat wat beskikbaar is en hoop ons kry twee staanplekke regoor, of langs mekaar.

Ons was al by Pilansberg reservaat, maar as dag besoekers vanaf Buffelspoort en het deur die oord gery.

Netjiese oord met gerieflike staanplekke en ons is opgewonde om daar te gaan penne in slaan.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/08/2023 - 08:06

Môre Johann

Ek neem kennis van jou datums, dalk moet ek as gids kom optree. Dit klink of jy nog nie in Pilansberg [Manyane] was nie.

Ek sal jou aanraai om Rustenburg in te ry en dan die R510 te vind. Daarmee ry jy net aan, oor al die kruising tot jy Mokwase kry. Draai links by die ingang na die dorp, by die nuwe vulstasie. 

Hou net aan met daai pad, tot jy weer 'n 4-stop kry met 'n vulstasie [skuins oorkant regs] en draai regs. Ek dink daar is Pilansberg [Manyane] borde. Ry so 800m en draai links, en jy is daar.

Ons gaan staan altyd by die heel laaste ablusieblok, die paadjie maak so 'n sirkel roete om dit.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/08/2023 - 08:15

Johann, mens slaan nie penne in by Manyane nie. Jy neem 'n boor met 8mm konkreet punt saam, en boor die gaatjie om pen in te moker!!!! 

Daar is 'n meer bekskrywende woord, begin met don... Die meeste plekke is verskriklik harde grond, weinig staninge wat nog bietjie gras het. Afhangende waar julle staan, kan daar pendorings lê.

Onthou die swemklere, die een swembad is net 50m van genoemde ablusieblok.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 03/08/2023 - 09:48

Môre Wessel, dankie vir die pad aanwysings, dit is hoe ek dit al twee keer gery het Pilansberg toe, en elke keer 'n draai deur die oord gemaak. Dit is egter net lekker om iemand wat ken, se aanbevelings te lees.yes

Wat die grond betref, ek het 'n 400 x 8mm boor wat permanent in die pennekas bly, ook 'n herlaaibare impak boor juis vir sulke plekke.

Wat ek gaan probeer, is om my "screw-in-pegs" wat ek in Australia gekoop het eers te probeer, dit is glo spesifiek vir harde grond.

By Eiland het dit soos 'n droom gewerk.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 03/08/2023 - 09:55

Penne
So lyk die penne

Môre Wessel, dankie vir die pad aanwysings, dit is hoe ek dit al twee keer gery het Pilansberg toe, en elke keer 'n draai deur die oord gemaak. Dit is egter net lekker om iemand wat ken, se aanbevelings te lees.yes

Wat die grond betref, ek het 'n 400 x 8mm boor wat permanent in die pennekas bly, ook 'n herlaaibare impak boor juis vir sulke plekke.

Wat ek gaan probeer, is om my "screw-in-pegs" wat ek in Australia gekoop het eers te probeer, dit is glo spesifiek vir harde grond.

By Eiland het dit soos 'n droom gewerk.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 03/08/2023 - 11:45

Hi Johann. Ons gaan elke jaar Augustus of September Manyane toe. Oor Oktober skool vakansie behoort die kamp nie so stampvol te wees nie en behoort julle maklik 2x staanplekke langs mekaar te kry. Dis meer die lang naweke wat die oord stampvol is. Ons moet nog bespreking maak vir hierdie jaar....wil eintlik kyk of ek vir Paul daar kan raak kamp, maar hy is nog tot einde September in KNP. Ons is mal oor Manyane,  lekker atmosfeer as die rooibokke so tussen karavane wei. 

Kyk net mooi dat julle regte beskrywing bespreek het. Vriende het laas bespreek en toe hulle daar aankom sê hulle hy het kampeerplek, maar is nie vir karavaan nie. Maak maar seker op jou bespreking....daar is 3 opsies

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 03/08/2023 - 11:52

Onthou om jou bespreking by Pilanesberg hek te wys as jul wildsbesigting doen, dan kry jy 50% afslag op toegangsfooi. Dag 1 betaal jy 100%, daarna alles halfprys

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 03/08/2023 - 12:46

Middag Geert, dankie vir die afslag verwysing, dit gaan baie help want ons is agt mense op die twee staanplekkeyes

Ek het seker gemaak dit is karavaan met krag staanplekke, juis omdat daar eers verwaring onstaan het tussen Bakgatla, en Manyane.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 18/09/2023 - 06:25

Ek wonder of die woonwapark in Manyane die vuur vrygespring het, of nie. Tussen die woonwapark en die chalets is daar maar 'n klein stukkie veld, wat meestal bestaan uit veldgras en struike.

Wat doen mens in so 'n geval? As jy by jou wa is, pak op en gee pad, so gou moontlik.

Dis so jammer dat mense so onverskillig is met oop vure in parke.

JOHANN: gaan julle nog soheentoe die komende skoolvakansie??.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 18/09/2023 - 06:47

Goeie môre, Wessel ek sal vandag skakel en uitvind wat is die situasie nou na die brand, sover gaan ons nog. Reeds betaal vir die volle tydperk.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 18/09/2023 - 08:06

Goeie môre, Wessel ek sal vandag skakel en uitvind wat is die situasie nou na die brand, sover gaan ons nog

Die toegangshek by Manyane is ook heeltemaal verwoes deur brande. Ek weet nie hoe gaan hulle toegang verleen aan park nie, want hulle werk met n rekenaar stelsel om permitte uit te reik wat natuurlik ook in puin lê. Ander alternatief mag wees om oor te skuif na Bakgatla, maar is nie almal se "cup of tea" nie. 

Soos ek verstaan is dit net die chalets wat verwoes is....klink of die restaurant, winkel, gemeenskaplike ontspannings area nog daar is. Restaurant sal seker ook baie ly onder die brand, want hulle het baie bed en brekfis opsies gebied aan die chalet bewoners. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 18/09/2023 - 08:17

Sun City hotel fire spread fast

Sun City Cabanas Hotel caught fire on a weekend, 16 September 2023, at 2:30 pm. The Sun City general manager, Brett Hope, spoke to Daily Sun and confirmed that they extinguished the fire.

Toevallig dat Sun City Cabanas dieselfde middag brand......

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 18/09/2023 - 08:18

Wees maar versigtig om by `n plek te gaan kamp waar daar so erge skade was. Ons het jare gelede by Sondela gaan kamp nadat `n brand daar ook reuse skade veroorsaak het.

Ek het ook maar gebel en gevra wat gaan gebeur want ek wil nie op `n konstruksie perseel kamp nie.

Nee wat word my meegedeel daar gaan vir maande niks gebeur nie die versekering uitbetaling gaan nog lank neem en die woonwa park was nie geaffekteer nie.

Nodeloos om te sê die 3de oggend van wat 3 weke van rus moes wees word ons net na 6 wakker gemaak deur kettingsae en rasende werkers wat gereedskap rondgooi.

Vra by die kantoor wat gaan aan julle het gesê daar gaan geen konstruksie wees nie. Word meegedeel dat daar besluit is om dadelik die karevaanpark uit te brei want dan kan hulle hul kontantvloei verbeter en dat dit die beste plek is om dit te doen.

Ek het `n terugbetaling gevra wat geweier is die enigste toegewing was dat hulle voortaan eers 8 uur soggens sal beginne werk. Dit het ook nie gebeur nie.

So wees maar skepties of vermy so plek waar daar groot skade was.

Groetnis

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 18/09/2023 - 09:16

Volgens website is kampeer gedeelte nog aan die gang, maar ek dink is beter om te hoor of julle toegang via Manyane hek kan kry na reservaat...ek sou nie heeltyd buite wil omry na ander ingangshekke nie

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 18/09/2023 - 12:07

Het die oord gebel en hulle reken dat die kampeer area glad nie geraak is nie, herstel werk aan die chalets gaan nog meer as 'n maand vat voor dit sal begin.

Gaan maar kamp, en glo dat ons nie te erg geraak sal word nie, ons ry oor twee weke.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 18/09/2023 - 12:52

Al gaan hulle begin bou, glo ek nie dit hoort te pla in  die kampeer terein nie....darem n entjie weg. Ek wonder of hulle verseker was....want as dit uit hul eie sakke moet kom, gaan dit lank vat, want selfs geld vir maintenance is somtyds skaars daar. 

Ons was April 2021 in Satara toe chalet afbrand....toe ons nou 2 maande terug daar was, was hul eers besig om te herbou. 

As mens die tariewe sien wat Manyane en wildtuin vra vir n chalet per nag, behoort hulle in n minimale periode kostes te dek.

Sover ek verstaan is Manyane ook deel van n tyddeel skema?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus