Wiehet al hier gekamp en wat was jou indrukke?
Corian's
Stephan, ek kan ongelukkig nie nou fotos laai nie, was laas daar in 2013, en jaar daarna wa verkoop. BAIE lekker oord, meeste staanplekke skadu, NIE op strand, jy loop oor die spoor as jy by hek uitgaan, in "tonnel -paadjie" tot op strand, dis paadjie wat tussen erwe deurloop met heinings/mure weerskante.
Paar staanplekke onder as jy by hek inkom, sommige redelik groot, ons laaste staan met 92 Jurgens Esprit. Staanplekke teen effe opdraande na boontoe met paadjie, sommige met see-uitsig bo-oor bome. Effe aap-probleem, ek maar meorse lawaai gemaak as hulle oppad is!! Dalk nou al heeltemaal anders, baie kan verander in paar jaar.
Ek het gemerk in tydskrifte ablusies opgegradeer,was heel goed gewees, eienaars het self, wanneer hulle gas by huis op was, die storte kom gebruik. Ian en Cornelia hardwerkende mense, altyd besig.
Ons was in sowat 8 jaar twee keer daar, my suster woon in Pennington, wanneer ons Suidkus toe gaan (Uvongo) vir 'n brekie, in 'n woonstel, kuier ons lekker in Pennington. Pragtige skoon strand, en betreklik stil buite seisoen
As jy effe regs uit park beweeg, is daar 'n oorgang oor die spoorlyn, en 'n Kiosk, feitlik op die strand, dis eintlik dan die hoofstrand. Deesdae het die kok/bestuurder daar 'n hewige Paul Kruger baard, dis my susterskind!!
As Anton (Voorie) my kontak, kan ek fotos vir hom stuur om te plaas, hierdie oom het nie tyd om dit te verwerk nie!
So terloops, ons laaste staan daar was GRATIS, gewen deur Caravan & Outdoor tydskrif.
Koffie-kat!
Welkom (terug) Frans! Jinne wat 'n lekkerte toe ek afscroll en die koffie-kat se gesiggie sien!
Stuur die foto's oom 
Neeeeee
Voorie, Neeeeeee, ek wou net vinnig iets skryf oor Pennington, maar ek het VREESLIKE groot probleem, het ernstige INBRAAK gehad op my geheue!!!
Ek/ons was in 2002 by Pennington, en in 2011!!!! nie 2013!, die chemo het my geheue HARD geslaan laasjaar!!!
Ek het werklik NIE tyd vir fotos laai nie, dalk oor 6 maande of so, so Stephan kan my kontak en ek kan fotos vir hom aanstuur, of vir jou.
Ek "rooflees" maar so van tyd tot tyd. Heeltemaal te min ure in 'n dag/nag, en dan word ek gepla met GROOT geraas op die dak uil? kat? kransduiwe"soggens 3 uur, en dan is ek WAKKER, nou staan LANnnggg leer reg teen dak, ek gaat hulle/hom/haar More met sambok bydam!!!!
Ernstige groete!!!!
Dankie oom Frans…
Dankie oom Frans.
Ons het klaar geboek en sien uit daarna





Eerste keer dat ek van die…
Eerste keer dat ek van die plek hoor.
View larger map