Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kla met brood onder die arm, Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 minute ago
Gazebo, Hoe maak ek my ou rally tent… Johann L -36 minutes ago
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -11 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -11 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -12 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -12 hours ago

Rugby Wêreldbeker 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on

Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.

Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.

Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.

Bloemfontein

Skerpioen

Wed, 25/10/2023 - 07:32

gepaardgaande drinktyd geleenthede

bolvoete, en met nogal een hand in die broeksak ander hand om die glas staan en mompel

Mooi  uitgedruk.   Ek stem nogal saam,  Vriende se samesuin is baie nodig en belangrike vir menswees.  My vroutjie is 'n aleenmens en dit kan ek nie verstaan nie.  Ek soek weer mense om my.  Dis tog waaroor die lewe gaan.  Ek wil nie aleen doodgaan nie. 

Buffelsfontein en braaivleis het nare newe effekte vir sommige van my vriende.  Teen 10 uur na ete begin hulle praat soos 'n budgie wat se tong erg opgewel het.  Net skere mans wat budgie taal magtig is kan sy vriende verstaan in hierdie tye van nood.  Mens leer dit maar met tyd aan.  

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 25/10/2023 - 11:27

....realisties te wees, is die groot vraag. 

Ek sal baie bly wees indien die boerbokke wen, MAAR ek is diep bekommerd of dit gaan gebeur. Die manne het maar flou vertoon laas naweek, en boonop vrot gespeel.

Dalk moes hulle vrouens en meisies maar laas naweek huistoe gekom het, sodat die ouens selibaat kon uitrus vir die groot kragmeting.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 25/10/2023 - 12:40

Die statistieke sover in die toernooi is oortuigend in Nieu-Seeland se guns. By vergeleke het die Springbokke maar swak vertoon. Ons het egter in die toernooi al teen Skotland, Ierland, Frankryk en Engeland gespeel. Skerpioen se span het net teen twee van die vier gespeel, en Saterdag kom hulle teen die nommer 1 span te staan. Lg het hope big match temperament soos hulle die afgelope twee naweke getoon het. Hulle is ook die enigste span wat nog nooit ‘n wereldbeker finaal verloor het nie, en die mees suksesvolle span by wereldbeker toernooie.

0
Pretoria

Geert

Wed, 25/10/2023 - 14:21

Ek voel n 50/50 kans

Bokke het Frankryk gewen waar NZ verloor het

NZ het teen Ireland gewen waar bokke verloor het

0
Bloemfontein

Skerpioen

Wed, 25/10/2023 - 15:26

Ek voel n 50/50 kans

Ek wil niks by 'n span wegvat nie.  Ek stem nogal saam.  Altwee weeg mooi op teen mekaar. 

Alles kom neer wat op die dag gebeur en met watter dissipline die spelers speel. Hopelik sal dit 'n vinnige hardloop game wees waar daar min geskop word.  Anders gaan ek vir 'n tweede keer maar braai die aand.   Kom jy saam Gerrit?

Sekere spelers moes maar die lekker koeke en Castle Milk Stout uitgelos het en eerder die 100m sprints gaan oefen het.  Ek mag nie name noem nie.  devil  Ek dink in hierdie game gaan groot en sterk nie baie punte tel nie.  Eerder fiks en vinnig. 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 25/10/2023 - 15:28

Bongi se beweerde .....................................  sêding  is blykbaar al verlede jaar November in die toets gesê. 

As dit waar is dan verloor ek alle respek vir Curry want dan het hy die skeidsregter met 'n baie erenstige klag probeer beinvloed. Seker gedink Bongi sal 'n rooikaart kry. Hoe laag kan jy daal as sportman. 

As hier niks van kom nie sal ek net so lekker kry as wat ek na die wedstryd gehad het. Toe Farrell sy skepskop oorskop en daai selfvondane gesig van hoe goed ek is het lelik verander na die finale skop van Pollard. 

Lekker man lekker.

0
Bloemfontein

Skerpioen

Wed, 25/10/2023 - 15:43

Bongi se beweerde .....................................  sêding  is blykbaar al verlede jaar November in die toets gesê. 

Ek weet nie hiervan nie.  Vertel meer Jan

As dit nie waar is nie is Bongi is gewoonte oortreder wat vasgevat moet word. 

Gelukkig kan hy speel want die All Blacks gaan sy skewe lynstane nodig hê.cheeky

0
Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 25/10/2023 - 15:55

Bongi se beweerde.

 

Dit is in die nuus24 aangekondig. Blykbaar probeer WB nou die klankbaan opspoor en sal nie die uitslag voor Saterdag gereed hê nie en Bongi sal dus kan speel.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 25/10/2023 - 16:05

...wat begin is. Alles sommer dalk net om boerbokke nog meer te laat wakker lê.

Ek wonder soms, veral met krieket, maar ook met rugby hoeveel wedstryd knoeiery vind plaas. Ek vermoed daar is baie weddenskap gelde ter sprake.

0
Pretoria

Geert

Wed, 25/10/2023 - 16:07

Breaking news:  World Rugby het pas 'n verklaring uitgereik dat Bongi Mbonambi geskors is vir twee wedstryde na die Wit Kant episode.  

Met die ondersoek het dit uitgekom dat Deon Fourie hom na bewering die gewraakte woorde geleer het.  Fourie wat skuldig gepleit het is vir een wedstryd geskors.

In die video footage wat ingesamel was het World Rugby nog skokkende ontdekkings gemaak. Op die footage kan duidelik gesien word hoe Marco Van Staden, Ox Niche, Faf De Klerk, Canan Moodie, Kwagga Smith en nog drie ander Springbokke gelag het oor Bongi se rassistiese uitlating.

Die spelers is van medepligtigheid aangekla en is ook vir een wedstryd geskors.  Dit beteken dat Suid Afrika nou sonder 'n erkende hooker sit.

Volgens bronne in die Springbokkamp het Rassie Erasmus gisteraand vir Poison Suzie gebel om by die Bokke aan te sluit om in Saterdag se final te speel.  Suzie wat 'n spesialis hooker is het geen bekendstelling in rugby nodig nie.

Sy het in 1995 ook as impakspeler vir die Bokke opgedraf en was een van die heldinne in die Bokke se oorwinning oor die Kiwis.

Sy sal in die hotel wat New Zealand as basis gebruik by haar neef Mark Telea tuisgaan.   Meer wereldbeker nuus volg later in die week 😁😁

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 25/10/2023 - 19:20

Dit het onder my aandag gekom dat sommige forumlede 'n probleem het met my verwysing na die land se span as "boerbokke". 

Ek het die woord bloot gebruik om humor in die gespreklyn te bring. Ongelukkig het dit die argwaan van sommige forum vriende ontlok.

Ek wil graag my verskoning aanbied aan almal wat ek sodoende ontstel het. Ek het geen persoonlike aanvalle met die woordgebruik ingedagte gehad nie.

Geniet julle rugby. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 25/10/2023 - 19:49

Jy is vergewe Wessel. Dis nou maar eenmaal drie dinge wat die gemiddelde Afrikaner kan ontstel; geloof, politiek en sport - veral in kombinasie. 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 26/10/2023 - 06:19

Goeie môre Wessel, nou maak jy seker 'n grap, rerig!!!! 

Daar was al,'n geklak n kerm oor my ook, dus beperk ek ook maar my deelname.

Dit het onder my aandag gekom dat sommige forumlede 'n probleem het met my verwysing na die land se span as "boerbokke". 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Thu, 26/10/2023 - 07:32

Wessel, Dankie vir die Swart ondersteuning.  Jy is nogal 'n kenner.  'n Boerbok bly 'n boerbok.  Jy sal pragtig lyk in 'n mooi swart truitjie.  Viva Malema,  Oops sorry  Viva All Blacksheart

Johan,  Wie het gekla oor jou?  Onthou mense verskil en almal moet dit aanvaar.  Doen jou eie ding en as mense galbraak gee hulle rede om nog 'n setpil te vat.devil  Dit saam 'n klem in die kaaaak inspuiting werk goed vir stywe boude.  cheeky

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus