Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -17 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -17 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -21 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Wildehont se nuwe ou Ranger

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het. 
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier. 
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie. 
 

A

Worcester

Wildehont

Thu, 16/11/2023 - 14:34

Ek het my Colt gekoop met pad bande op. Toe gaan ry ek in Mosambiek op die strand. Ek het wel nie vasgesit nie, maar het gesukkel ten spyte daarvan dat ek bande afgeblaas het. Daar het ek besluit om net AT te koop. Die ou bietjie gesing is nie so erg nie. Ek het ook nog altyd goeie km gekry uit AT bande, al het hulle meestal teer gery.  

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/11/2023 - 15:36

....plaaslik beskikbaar is. Die groot voordeel is dat enige foutjies en toevoegings maklik op die dorp gedoen kan word. 

Daai opsit van 'n kappie is nie so maklik nie.

0

Wildehond as jy nie bewus is nie maak net seker die kappie wat jy koop sluit die brakets in. By party van die vervaardigers is dit 'n ekstra. Die Ranger moet hulle kry anders kraak die bak.

Weereens baie geluk.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 16/11/2023 - 17:13

Die Ranger moet hulle kry anders kraak die bak.

Moët die T6 dit ook kry? Ek weet die nuwe reeks het ‘n storie gehad wat die bak gesny moes word en brackets in gesweis word om ‘n kappie op te sit en Ford moes dit doen. Ek sal darem nie lag as my natnuwe bakkie gesny en gesweis Moët word nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/11/2023 - 17:18

Hello Chris

Rhino kappies kom met die hegstukke, en dit was nie nodig om te sny en sweis nie. Ek glo darem nie dit sal dan op Ranger nodig wees om te doen nie. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 16/11/2023 - 19:13

Van die aluminum/vvs kappies maak mens eenvoudig die agterkant van party van die hake aan die buitekant van die bak los, en maak die kappie se hegstukke (ek hou van Wessel se Afrikaans vir brackets) daar vas aan die bak. Verder rus die kappie op die rante van die bak. 
 

Die kappies weeg tussen 70 en 150kg, maar van hulle kan 500kg dra. As mens kyk na die voertuig se BVM raak dit onwettig as mens vier mense in die voertuig, baggasie in die bak, die kappie opsit en gewig op die kappie se dakrak laai. Maar afgesien daarvan wonder ek of die bak se rante 500+kg kan dra. Dan moet daar sekerlik ekstra stutte ingesit word?

Ek beplan nie om so te laai nie. Die bak is groot genoeg. Al wat dalk op die dakrak van die kappie sal gaan is ‘n paar sakke hout as mens bv Kgalagadi toe gaan aan die Botswana kant. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 16/11/2023 - 19:15

dit was nie nodig om te sny en sweis nie. Ek glo darem nie dit sal dan op Ranger nodig wees om te doen nie.  

Hulle het dit waarskynlik intussen reggestel, maar met die eerste klompie van die nuwe reeks was dit nodig voordat ‘n kappie kon opkom.  

0
Irene

Grootwind

Thu, 16/11/2023 - 20:18

Moenie die massa van 'n staalkappie en wat op die dak gelaai word (bv daai dak tente met al hulle goed) onderskat nie. Dit klink erger as wat dit is, dis die hoeke van die kante wat (kan) kraak, heelwat faktore soos waar mens ry, die geskud en skokke wat die spul verduur, ens. kan bydra. Die kappies glo ek kom almal met hulle hoek stutte, sal more 'n foto neem van myne, dis standaard om dit te pas.

0

Die vorige reeks Ranger moes 4 hoek stutte kry waarop die kappie rus. Die stutte is binne die bak vas geskroef by die huidige vasmaak punte. Baie maklik om self te instaleer.

Op die nuwe reeks Rangers moet die hegstukke "J-braces" van onder geinstaleer word. Daar was nooit enige sny of swys werk nodig nie.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 21/11/2023 - 13:19

Ek het geweet die ligstaaf in die middel van die voorste buffer is onwettig, maar het gehoop dit kan deurgaan omdat dit onafhanklik aangeskakel moet word voordat dit werk. Dit kan ook net aangeskakel word as die hoofligte (brights) aan is. Maar die dekselse wetstoepassing hier in die Wes-Kaap is nog deeglik. Ek moet dus die staaf afhaal en weer teruggaan voor ek die padvaardigheid sertifikaat kry. 
 

A

0
Worcester

Wildehont

Tue, 21/11/2023 - 13:57

Ek neem aan jy sal hulle na die afhaal en toets weer opsit

 Ek weet nie. Netnou beboet die verkeerspolisie hier in die Wes-Kaap my as ek dit terugsit en in ‘n padblokkade gestop word. Ek is in elk geval nie lief daarvoor om tussen sononder en sonop te ry nie, en daar is nog twee kolligte oor vir die paar keer wat dit nie voorkom kan word nie. Dit hang af of ek dit netjies ontkoppel kan kry en of die res van die ligte dan nog werk. 

0
Irene

Grootwind

Tue, 21/11/2023 - 14:12

Daai Rangers het een probleem, swak ligte. Moet ook nie dink ander gloeilampe of HID opgradering gaan werk nie. Die trokkie het 'n duiwel in met die naam "BCM" oftewel Body Control Module wat alles en nog wat soos die stroom wat ligte trek monitor, as die duiwel ongelukkig raak trip hy en een kant se domp ligte werk nie meer nie. Die trip kan slegs deur 'n OBD2 rekenaar stelsel weer aangesit word, dink as dit hier by die 5de keer gebeur skakel Duiwel heeltemal af en moet 'n nuwe ene gekoop word (etlike duisende rande, iets soos R20k!). Ek aanvaar daai ekstra ligte is almal direk van die battery af gevoer sodat Duiwel nie daarvan weet nie...hou dit so. een ding wat ek mis van my Territory is sy skerp ligte, daai goed kon tot in die toekoms in skyn. Trokkie s'n ongelukkig slegs in die verlede in.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 21/11/2023 - 14:30

 Body Control Module wat alles en nog wat soos die stroom wat ligte trek monitor, as die duiwel ongelukkig raak trip hy en een kant se domp ligte werk nie meer nie

G'n wonder 'n Ford  enjin kan nie eers 'n bietjie water hanteer om skoongemaak te word nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/11/2023 - 15:03

.....alles gehoor. !!!! Kan mens dit oorvertel. 

Wel Len, ek vermoed dat my lyf ook 'n LBP [Lyf Beheer Paneel] het, sodra die kwik in Brits naby 28C kom, trek die LBP my na 'n koue vloer toe, vir platlê voor 'n waaier.

Gelukkig is die siklusse onbeperk.

Ek wonder hoeveel verrassings en foefies het daai Ranger noglaugh 

0
Irene

Grootwind

Tue, 21/11/2023 - 15:12

Nissan en Toy se ontwikkeling steek nog vas by die geloof dat elektronika met rook werk... as die rook uitkom werk dit nie meer nie! Dalk ook hoekom die met water "skoon" gespuit moet word, help glo om die rook effe te onderdruk? LMGA laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/11/2023 - 15:36

Middag maters, Grootwind ingesluit

Na aanleiding van Chris se onwettige LED-staaf, die volgende;

Dis duidelik dat alles aan sy Veldwagter deur erkende professionele instansies aangesit is. Nou waarom sal so 'n instansie die ligte verkeerd monteer. 

Chris moet liewer binne die wet bly, want as werknemer by die munisipaliteit van sy dorp, is sy voertuie net te veel in bloubaadjies se oog.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 21/11/2023 - 15:59

Ek het dit Vrydag op Gumtree gesit vir R120k en dis so halfuur gelede verkoop aan ‘n afgetrede boer wat in Gansbaai bly. Hy het ‘n 2019 2l SiT Ranger wat 93000km op het, en sê vandat hy in Gansbaai is gooi hy net een keer elke twee maande diesel in. Hy soek dus ‘n kleiner kar wat wel op die sand kan ry en het voorheen ‘n ouer model RAV gehad. Ek gaan die karretjie mis, maar nou is dit ek en die bakkie. 
 

Terloops, hy soek R370k vir sy bakkie. Nie ‘n slegte prys nie. Hy het dit nuut gekoop. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 21/11/2023 - 16:03

Ek het geweet die ligstaaf is onwettig. Die argument is dat dit veroorsaak dat ‘n voertuig op ‘n afstand lyk of dit net een lig het, en dus vir ‘n motorfiets misgis kan word. Dis sinneloos, maar dis hoe dit is. Jy mag kolligte opsit, maar nie in die middel van die neus nie. Ek dink amper daar is ‘n minimum afstand van mekaar af. Dit mag wees dat die owerhede daar bo net nie soveel ag slaan nie of nie tyd het daarvoor nie. In die Wes-Kaap werk dit egter anders. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus