Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -3 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago

Desember/Januarie vakansie

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Die Desember vakansie is om die draai en baie van ons (ek inkluis) ry met jan-tuisbly-se-karretjie.  Dit sal egter lekker wees om 'n bietjie meer te weet van ouens wat wel in Desember gaan kamp en nie net die gebruiklike "Hartenbos toe", of "Mosambiek toe" of "Kruger Wildtuin toe" of "Eiland toe" nie.

Vertel 'n bietjie meer vir ons tuisblyers :-

  • Waarheen gaan jy ?
  • Vir watter tydperk ?
  • Is dit 'n jaarlikse instelling ?
  • Hoekom verkies jy hierdie oord ?
  • Wat is jou voorkeur tydsverdryf hier ?
  • Wat van 'n foto van 'n vorige keer by hierdie bestemming ?
  • Wanneer het jy jou plek bespreek ?
  • Slaap julle oor oppad na die vakansie-bestemming ?  Indien wel, waar ?
  • Pak julle padkos of verkies julle 'n eetplekkie oppad ?
  • Sonder om te lieg, hoe lank neem dit jou om jou kamp volledig op te slaan sodat alles in plek is ?

Vir my as tuisblyer is dit altyd lekker om te hoor van ander ouens se regmaak en opgewondenheid oor die komende kampeer-vakansie.

Ns.  Dit sal baie lekker wees om ook van ouens wat net op die forum lees, te hoor hoe maak hulle ?

 

Port Elizabeth

Frieps

Wed, 01/11/2017 - 08:54

Len, ek hoop jy gaan goeie terugvoer kry hier, want dit is altyd lekker om te lees van kampeerders se planne oor die Kersgety.   Die "einde van die jaar" vakansie bly mos maar die kersie op die koek van alle vakansies.

Kom mense, ja, veral die wat normaalweg net lees, antwoord bietjie daai vrae van Len en maak hierdie 'n heerlike draad.

Ongelukkig kan ek nie uitbrei oor so wegbreek nie, want ons sal ook net by die huis wees.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 01/11/2017 - 09:21

Ons is tot Kersfees by die huis. Gewoonlik kom die familie wat kan almal bymekaar.  Dit is wel tradisie dat ons na Kersfees 3 Berge toe gaan tot Nuwe Jaar.

Ons het die laaste 2 jaar geskip, Nov 2015 was kleinste gebore en laas jaar het ons 'n groot familie saamkoms gehad.

Hierdie jaar wou ons weer die lekker opwinding van na kersfees pak en ry beleef, en toe besluit om weer bietjie by 3Berge te gaan kamp opslaan.

Ek gaan nie fot's plaas of verder vertel nie, julle sal moet wag tot 2018 om die 3 Berge piek Seisoen artikel te lees!

0
Centurion

Dusty

Wed, 01/11/2017 - 09:50

Ek doen ook soos Len. Bly maar by die huis. Is net af vanaf 27 Des tot 29 Des.

Desember vakansietyd is alles net baie besig. Omrede my vrou net 2 weke deur die jaar afkry kamp ons gewoonlik 'n week in die omgewing van Maart en 'n week in September.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 01/11/2017 - 11:29

Ek en Berdien was seker 20 jaar laas op n desember op vakansie dis te besig Len en sy werk by Anglo Coal so ons twee maar desember by werk dan huis en weer werk April 2018 is ons twee se eerste velof buite seisoen

0
Meyerton

Segekok

Wed, 01/11/2017 - 13:51

Ons bly by die huis.   Oorde te besig en te duur.  Kan vir baie langer gaan vir die selfde geld buite seisoen,

Al my verskaffers maak toe van die middel Desember tot die middel Januarie so ek kan nie werk nie en geniet die rus en vrede by die huis.  Al die besighede in ons omgewing is ook toe so dit is heerlik stil.

Daar mag dalk n vinnige besoek aan n lekker bergpas wees maar dit is altyd impulsief en geen beplanning word daarvoor gedoen nie.

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 01/11/2017 - 18:30

Len

Ons het ook altyd tuis gebly, maar elke jaar op die ingewing van die oomblik maar gaan kamp.  Dit was dan ook een van daai plekke waar jy nie by sal bespreek nie, maar elke keer het ons dit baie geniet en nooit foto's geneem of 'n nota van die plek gemaak nie.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 01/11/2017 - 19:20

Nou ja, nou beantwoord ons nie Len se vraag nie?, maar net die gewone deelneners.

Ons gaan die jaar vir die soveelste keer die tuin roete doen, met Jan tuisbly se karretjie. (Die jaar gaan ons darem as familie plaas toe, maar ry eers wanneer die pad stil is,  en kom terug voor die pad besig raak).

Sien nie meer kans vir daai dolle gejaag en duur dinge / tye nie.

Ons dogter, hier naby, en haar gesin kom gewoonlik na ons toe.

0

Die naweek van die 1ste Desember gaan ons laaste kamp van die jaar wees by Matumbu Lodge in Limpopo.

Die 15de klim ons die groot blink voel na Thailand en gaan Kersfees daar spandeer.

Nuwe jaar weer by die huis en dan gaan ek weer spit om te kan beplan vir 2018 se kampe.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 10/11/2017 - 11:00

Moet sê ek is reg vir dié jaar se lang trip af Hartenbos toe.

As Wijan sy raport Woensdag oggend kry ry ek.  Die plan is tot op Bloem, maar as ons vroeg daar is wil ek deur druk Gariep toe.  Dan die volgende dag mik ek vir Kleinplaas om daar oor te staan tot Sondag wanneer die res by ons aansluit om af te ry Hartenbos toe.

0
Port Elizabeth

VW

Fri, 10/11/2017 - 13:19

Raait, ek gaan sommer so antwoord!

  • Waarheen gaan jy ? Kleinplaas te Oudtshoorn
  • Vir watter tydperk ? 10-14 dae, afhangend van hoe die dae val, verlof, hierdie jaar sal dit vanaf 22/12 wees.
  • Is dit 'n jaarlikse instelling ? Dit was n jaarlikse instelling sedert Des 2009, Des 2016 geskip, maar van nou af sal dit weer elke jaar wees.
  • Hoekom verkies jy hierdie oord ? Goeie waarde vir geld, groot staanplekke, oord nie te groot nie, 35 sites so dus nie te klein, ook nie te groot.Oudthoorn het fantastiese weer, lekker warm, min wind, dus is elke dag op jou vakansie n lekker dag wat jy ten volle buite kan geniet.
  • Wat is jou voorkeur tydsverdryf hier ? Ons verken alles binne die 50 km radius om Oudtshoorn elke 2de dag, probeer 8am weg wees en teen 13:00 terug by die oord, daar is BAIE om te doen, Oudtshoorn is baie sentraal gelee!!
  • Wat van 'n foto van 'n vorige keer by hierdie bestemming ? Joh, ek het baie, sal probeer hieronder.
  • Wanneer het jy jou plek bespreek ? Bespreek elke jaar voor ons uitgaan, ons bly ook hier jaarliks tydens die KKNK en is regulars, die dame ken ons al vanwee ons gereelde besoeke.
  • Slaap julle oor oppad na die vakansie-bestemming ?  Indien wel, waar ? Nee, van PE af is dit mos nie so ver nie, 430 km, so ons vertrek so 05:30 en trek dan gewoonlik teen 10:15 in by Kleinplaas.
  • Pak julle padkos of verkies julle 'n eetplekkie oppad ? Padkos! Ons eet sommer so in die ry en stop net by die Pitstops om toilet te gebruik indien nodig.
  • Sonder om te lieg, hoe lank neem dit jou om jou kamp volledig op te slaan sodat alles in plek is ? As ons lank kamp,5 dae +, maak ons dit baie gemaklik vir ons, vat so 3 na 3.5 ure vir alles, dan kan ons sit en alles is op en op hul plek, dit sluit DSTV, tv, braai goetters alles in.
0
Secunda

Sleep nou

Sat, 11/11/2017 - 07:34

VW ek lees nou eers hier ek laaik wat jy se ek ook vanoggend besef as jy as oord eienaar sien jou kamp is leeg vir desember kyk na jou tarief desember vakansies baie duur en baie mense gaan nie / kan nie R700 betaal vir n staanplek per dag nie maar se maar R350 -R400 so probeer keyter vir daai kamper my 2c

0
Heidelberg GP

StephanS

Mon, 13/11/2017 - 15:51

  • Waarheen gaan jy ? Corian's Karavaan Park
  • Vir watter tydperk ? 17 tot 27/12. As malanger wil bly en ons kan, seker so 2 dae
  • Is dit 'n jaarlikse instelling ? Nee. Tweede maal vandat ons die wa het. Ek het laas jaar gewerk oor Desember
  • Hoekom verkies jy hierdie oord ? " A change is as good as a holiday"
  • Wat is jou voorkeur tydsverdryf hier ? Sal maar moet wag en sien wat hulle bied
  • Wanneer het jy jou plek bespreek ? So 'n week terug
  • Slaap julle oor oppad na die vakansie-bestemming ?  Indien wel, waar ? Nee. Ek sleep deur
  • Pak julle padkos of verkies julle 'n eetplekkie oppad ? Met 'n 14 jarige seun (kos-monster) en 'n 2 jarige kleindogter saam stop ons maar gereeld (en ek rook maar nie in die kar nie). Ons pak sommer  padkos en koffie en koop maar 'n koeldrankie of iets langs die pad
  • Sonder om te lieg, hoe lank neem dit jou om jou kamp volledig op te slaan sodat alles in plek is ? Tot ma gelukkig is....
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus