Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -5 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -6 hours ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -6 hours ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -7 hours ago

Wildehont se nuwe ou Ranger

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het. 
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier. 
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie. 
 

A

Worcester

Wildehont

Mon, 25/12/2023 - 14:28

Bakkie en kappie gaan mos darem onder afdak in.

Ek het nou gekyk, die kappie se dakrak is omtrent net so hoog - dalk selfs effens laer as die sonpaneel op die Prado se dakrak. Die bakkie se haak is egter definitief hoër as die Prado s’n. Ek sal môre kyk wanneer ek die wa uit trek. Een van die ses karre in die erf is darem nou net weg. Twee mense minder in die huis ook. Nog twee slapies…

0
Worcester

Wildehont

Tue, 26/12/2023 - 12:19

Ek het vanoggend die Kavango uit die motorhuis getrek met die Ranger (eerste toets geslaag) en toe op die snelweg gaan ry teen my sleepspoed. Die kombinasie loop mooi stabiel. Ek het ‘n paar keer geswenk om te kyk wat gebeur en die wa trek dadelik weer reguit. Die bakkie is natuurlik nie gelaai nie, en die wa kry nog klere, fietse en die kos in die Snomaster by. Die wa staan nou bietjie neus in die lug, maar ek glo dit gaan bietjie sak wanneer die bakkie gelaai is. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 26/12/2023 - 15:27

Ek het darem onthou om dit in Sport modus te sit. Ek sal môre dophou wat die ratkas doen en teen watter revolusies dit die enjin laat loop - hopelik in die krag band. Ek dink die Ranger gaan lekker sleep, en hopelik darem bietjie beter verbruik lewer as die Prado. Ek vermoed egter dat dit maar dieselfde as die Everest se verbruik gaan wees. Auto ratkas met 4x4 ratverhoudings…

 

In ander nuus het ek eergister na kerk die 4x4 gaan toets. Daar is ‘n koppie met so klipperige paadjie langs die Worcester gholfbaan. Ek is al met die Prado ook daar uit. Die Ranger het gemaklik uitgeklim, want dit het natuurlik meer wringkrag teen lae revolusies as die Prado. Die afgaan was vir my bietjie senutergend. Die ratkas laat mens nie toe om terug te skakel na 1 in laestrek nie. Dit wou my in elk geval nie toelaat nie. Ek het HDC aangeskakel, maar dit was vir my moeilik om die stelsel te vertrou. Dis die eerste keer wat ek daarmee ry. Ek sou die spoed graag nog stadiger wou stel, maar het dit nie reggekry nie. Dalk moes ek die minus knoppie ingehou het in plaas daarvan om dit herhaaldelik te druk. Ons het darem ongedeerd tot onder gekom.
 

Ten spyte van erge stof (daar is onlangs nog ‘n reservoir gebou aan die voet van die koppie, en die vragmotors het die paadjie stof getrap) het baie min langs die gapings van die sterklap in die bak ingekom. Dit lyk of die Muller vents wat ingebou is om positiewe druk te handhaaf in die kappie werk. Ek hoop net nie hulle laat reën in nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 26/12/2023 - 15:48

middag Chris, jy speel lekker nê. 

Net 'n regstelling in denke, ongeag of jy in Sport- of normale Drive-modus is, die omwentelinge in 'n rat, gaan dieselfde bly vir dieselfde spoed. Die wiskundige verband tussen omwentelinge en spoed is bloot die ratverhoudinge.

Onthou dat die Sport-modus slegs die skakeling van ratte beinvloed, hetsy op of af.   

Ek sal graag wil hoor hoe dit gegaan het môre. Veilig sleep

0
Worcester

Wildehont

Tue, 26/12/2023 - 16:12

Ek het myself swak uitgedruk. Ek hoop die ratkas verwissel so dat die omwentelinge in die krag band bly. Dit sal hopelik die beste verbruik lewer. Ek glo die rekenaar is slim genoeg. 
 

Iets anders wat gerus stel, is die trailer sway control wat ingebou is. Dit voel blykbaar as ‘n wa die bakkie begin rond ruk en wend die remme aan om stabiliteit te herstel. Dit kan tydens erge swaai die krag verminder om stabiliteit te herstel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 26/12/2023 - 16:51

Chris, soms is dit net makliker om verbaal te gesels, dan verstaan mens mekaar soveel beter.

Met spoedbeheer gaan die blikbrein alles in sy mag doen om jou gekose spoed te handhaaf sonder om enjin en ratkas te beseer.

Jy moet egter die eerste stuk tot by Robertson eksperimenteer. Eerstens moet jy noteer wat is die spoed in rat 4, 5 en 6 by maks omwentelinge van die kragband. 

Dan moet jy besluit watter spoed wil jy teen sleep, byvoorbeeld ek het 98km/hr GPS gekies, bloot as die blikbrein vanself afrat tot in 4de, dat ek nie oor die maks rpm [van my keuse] gaan nie. Ek het so effe bo die maks van wringkragband gekies, maar laer as waar die maks kWatts gelewer word.

   

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 26/12/2023 - 17:12

Chris, soos netnou bespreek, ek het aanvaar jou band omtrek is nagenoeg dieselfde as myne wat 265/65 x17 is. Die snelhede kan dus effe uit wees van die hieronder. Die snelhede is bereken met die korrekte rat en ewenaar verhoudinge vir jou trokkie.

Rpm    1800   2000    2500   3000

Rat

4           56        67          94        106

5           74        89          124      140

6          93         111         155       176

 

Sommer as 'n riglyn. Geniet daai trokkie en veilig sleep môre                                                    

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 26/12/2023 - 19:35

.... van Orkney snorknie gesê-----ek is ok maar lekker stupid!!!!

Jy het nie berekeninge nodig nie, want jy jy ry REEDS die trokkie. 

Jou wringkrag lê tussen 1750 en 2750 rpm.

Ek versamel die tipe inligting as ek bakkies vergelyk voordat ek besluit om ene te koop. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 26/12/2023 - 21:20

Dankie vir die inligting Wessel.
 

Ek het die krag- en wringkrag kurwes van die enjin gekry. Die optimum wringkrag ontwikkel al lekker vroeg by 1500 omwentelinge maar die hoogste kraglewering kom eers tussen 2500 en 3000 omwentelinge. Gelukkig hou die wringkrag ook min of meer tot dan.

 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/12/2023 - 05:42

Môre Chris

Dit is omtrent 'n ideale stel kurwes. Ek sal my Hilux inruil vir so 'n wringkrag kurwe.  

0
Worcester

Wildehont

Wed, 27/12/2023 - 05:56

Dit is omtrent 'n ideale stel kurwes.

Mooi kurwes is nie net belangrik op ‘n vrou nie. Dit kom egter teen ‘n prys. Die 5-silinder is dors. Maar ek het gisteraand uitgewerk; die kombinasie met ons vier en al ons negosie gaan na aan 5 ton weeg. Dis ‘n yslike gewig om te skuif. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/12/2023 - 06:01

...omtrent 'n ton in jou syfers!!!! Gaan die skoonma saam???laugh

Bakkie tarra---1900kg

Kavango gelaai---1500

Ekstra kampgoete 300kg

4 persone                 260kg

totaal-----3960kg

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/12/2023 - 07:03

Chris, gaan jy die hak laat sak, of gaan jy sleep soos dit tans is?? Jy het indruk geskep dat jy tevrede is na die toetsrit gister.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 27/12/2023 - 09:00

Leë randsteen gewig 2167kg

Brandstof 120kg

Smalle 290kg

Kappie 60kg

ARB buffer ens 100kg?

Engel 40l met drinkgoed 60kg?

Tweede battery 20kg

Kavango met klere, vol Snomaster, ekstra tafel en opvou kombuis kas, los goed binne en drie fietse waarskynlik 1800kg

Ekstra drinkgoed, speelgoed, kookgerei, 25l water en los goed in bak van Ranger 250kg?

Ek skat maar, maar ons bekruip vir seker 5 ton. Ek moet nog weer die haak se hoogte meet, maar ek vermoed dis al 50mm laer. Ek gaan nie ‘n sakplaat opsit nie. Ek vertrou dat die kombinasie nie minder stabiel sal wees as wat dit gister leeg was nie. As iets fout gaan hoop ek die Ranger se brein sal dit regtrek. 

0
Irene

Grootwind

Wed, 27/12/2023 - 14:30

Die swaaibeheer werk baie goed, oomblik wat die voertuig besef dat die sleepsel begin swaai skop die stukkie slimgeit in, dit rem outomaties die voertuig se wiele individueel in 'n poging om die swaai te stop...let op dat die wiele onder die omstandighede onafhanklik en individueel gerem word..dis iets wat slegs die blikbrein kan doen, fisies kan 'n menslike bestuurder dit nie doen nie. Belangik is om te onthou dat die swaaibeheer NIE stabiliseerders soos 'n Tando vervang nie, dis bloot aanvullend...die Tando (bv.) het ten doel om swaai te voorkom, die outo swaaibeheer weer om dit te beheer indien dit sou gebeur. Party mense glo dis nie nodig om bv 'n Tando te monteer nie want die outo swaaibeheer is mos daar...dis soos om te redeneer dat dit onnodig is om veiligheids gordels te dra want daar is mos lugsakke (in die geval van die Ranger 7 van hulle)...

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/12/2023 - 19:27

Naand Chris, ek wil graag glo julle is veilig in Dwarswegstrand, hard besig om kampplek in te rig.

Sal geduldig wag om jou mening van sleep ervaring met Ranger te hoor. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 27/12/2023 - 19:47

Die Ranger sleep lekker. Ek het die ratkas in Sport modus gehou tot by Riversdale. Daar het Salomien die kinders gevat om toilet toe te gaan en ek het die kombinasie nagegaan. Toe vergeet daarna om in Sport te ry, maar die verkeer was in elk geval van so aard van daar af dat ons meer 80 as 100 gery het. 

Die Ranger se spoedmeter is verbasend akkuraat. Dit lees op 100 GPS spoed presies 100. Dis maklik om 100 te oorskry op gelyker paaie. Teen steil opdraendes hou dit egter nie die spoed so goed soos die Prado nie. Lg het ek wel effe versnel en self OD afgeskakel. Die Ranger skop redelik vinnig na die opdraende begin self terug, en dan klim die verbruik sommer na 40l/100km volgens die rekenaar. Dis waarskynlik nog erger in werklikheid. 
 

Die voertuig sleep maklik, want die ratkas is slim en daar is genoeg wringkrag van 1500 omwentelinge af tot so kort voor 3000. Ek weet nog nie hoe dors dit was nie, moet nog vol maak. Die kombinasie is mooi stabiel, en die Ranger ry baie lekkerder met vrag as leeg. Die pakplek is oorgenoeg, en ons het omtrent gepak. As ek ‘n vragmotor koop sal Salomien dit ook waarskynlik amper vol pak. Die haak se bal het bietjie meer as 50mm gesak teenoor leeg nadat alles op die bak gelaai was.

Nou gaan ek braai. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus