6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -28 minutes ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -3 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -9 hours ago

Mollers se Kruger Wiltuin Mei 2025 kamp

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

Ek begin n nuwe draad Berdien het my convince om weskus toer wat klaar beplan is in roete te laat vaar tot ons op aftree is so ons gaan vir 3 weke Mei 2025 die wiltuin besoek en laaste week in Mei oorstaan in Swadini Ons gaan met die karavan kamp die plan is om bo in te gaan by Punda Maria en erens wat ek nog nie seker is uit te gaan en dan te sleep na Swadini Nou vra ek julle wat wiltuin ken en baie kamp waar/  hoe is die maklikste om te boek of is ons mollers van secunda al reeds te laat help seblief

Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/01/2024 - 08:34

.... wil net seker maak, wil julle Mei 2024 of Mei 2025 Kruger toe gaan.

Indien die Mei 2024 is, kan dit dalk knor om plek te kry. As dit Mei 2025 is, is julle te haastig met besprekings.

As ek reg is, kan mens byvoorbeeld vir Mei 2025 eers vanaf Junie 2024 af bespreek.

Ek vind die maklikste, vriendlikste en hulpvaardigste is deesdae Ezi Bookings by 021 886 8342.

Naaste hek aan Swadini is Orpen hek. Lekker naby aan Maroela en Satara  

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 22/01/2024 - 08:59

Dankie Wessel so daar is genoeg tyd ek sal gebruik maak van Ezi bookings dis Mei 2025 wanneer ons oom Paul se tuin gaan besoek.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 22/01/2024 - 09:27

Môre Shaun, lekker beplan (solank), Februarie tot Mei behoort jy redelik maklik plek te kry, net geduldig wees en dop hou.

Augustus tot November is ook nie te vol nie, maar dit val buite jou tyd lyn.

Persoonlik hou ek van Augustus tot Oktober want dan is die veld meer oop / wild meer sigbaar, ook nie so warm nie en die skool vakansie is agter die rug.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/01/2024 - 09:30

... beplan jou kampe intussen en as jy die dag bel, weet jy presies waar julle wil wees. 

Onthou van die 2 lekker klein boskampe, sonder krag, Tsendze en Balule. Ek dink julle sal ook van die sonder krag, en min staanplekke hou. 

Jy maak my nou so lus vir Kruger, ek beter ook begin beplan vir Mei/Junie volgende jaar. Amper tyd om besprekings te maaklaugh

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 31/01/2024 - 13:29

So hier is in kort ons program , plan vir Mei 2025 Wiltuin Noord gedeelde so julle wat lank kamp en wiltuin ken gee seblief julle inset wat dink julle byvoorbaat dankie NB : Sal beplanning aanpas indien nodig

1 Mei 2025 Vertrek vanaf Secunda na ATKV Eiland  slaap 1 nag oor

2 Mei Vertrek vanaf ATKV Eiland  na Punda Maria ruskamp slaap 3 nagte oor

5 Mei Vertrek vanaf Punda Maria na Shingwedzi ruskamp slaap 4 nagte oor

9 Mei Vertrek vanaf Shingwedzi na Tsendze ruskamp slaap 5 nagte oor

14 Mei Vertrek vanaf  Tsendze na Letaba ruskamp slaap 5 nagte oor 

19 Mei Vertrek vanaf  Letaba na Satara slaap 5 nagte oor

24 Mei Vertrek vanaf Satara ruskamp na Forever resort Swadini 

25 Mei Kamp by Forever resort Swadini vir 5 nagte 

30 Mei Vanaf Swadini  vertrek terug Secunda toe

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 31/01/2024 - 13:45

... beplan julle om te gaan kamp. Indien wel, onthou dat Mopani nie kampeerplek het nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 31/01/2024 - 14:05

... lyk heeltemal te lekker!!! 

Gelukkig het jy tyd om beste en veiligste roete na Punda of Pafuri-hek te vind.

Ek het nog nooit by daai hekke ingegaan nie, bloot om die sleep deur daardie plaaslike areas te vermy. Ek het laasjaar by PBorwa hek ingegaan, 1 aand in Shingwedzi geslaap en verder na Punda Maria. Dit beteken mens toer maar dieselfde pad terug tot by Tsendze. Die groot voordeel, is die veilige roete oor Pietersburg- Tzaneen - P Borwa. die op/af in wildtuin is mos vakansie.   

Ek sal navraag doen by vriende wat onlangs daar bo ingegaan het, oor die boonste paaie na hekke.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 31/01/2024 - 19:42

Naand Shaun

My vriende raai jou aan om as volg te ry van Klein Kariba af;

N1 na Pietersburg

dan R81 na Mooketsi en verder na Giyani

dan R524 na Punda Maria hek.

Hulle sê die pad oor Louis Trichardt na Thohoyandou en Punda moet jy liefs totaal vermy.

Lekker verder beplan. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 31/01/2024 - 19:56

Uit my eie ervaring dink ek dit is te veel kampe met te min dae per kamp  -  dit is as julle met julle karavaan gaan kamp.  Onthou, om kamp af te slaan verloor jy minstens die helfte van een dag en om na 'n volgende kamp te reis en weer kamp op te slaan, neem nog 'n volle dag in beslag.

My aanbeveling : verminder die kampe om minstens 5 of 6 dae by elke kamp te kampeer.

0
Pretoria

Geert

Wed, 31/01/2024 - 21:26

ons gaan vir 3 weke Mei 2025 die wiltuin besoek en laaste week in Mei oorstaan in Swadini

Aangesien jy nou 4 dae "extra" tot jou beskikking het omdat Mopanie nie kampeer geriewe het nie en Tzendze reeds op jou lys is, sou ek oorweeg om vanaf Letaba na Satara of Maroela te gaan vir 4 dae...vandaar is dit maklik om by Orpen uit te gaan en n ½ uur se ry (35km) na jul laaste bestemming, Swadini

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 01/02/2024 - 06:04

Môre Shaun

Goeie idee wat Geert voorstel, maar ek sal eerder aanraai om in Satara te gaan kampeer. Dit is beter geplaas in wildtun, met BAIE wildroetes om te verken. Satara is net 48km van Orpen hek af, dan 35km na Swadini.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 01/02/2024 - 06:40

...is prakties korrek. Ek gaan nou daarby aansluit en 'n klip in die bos gooi. Slaan Letaba oor, en skuif van Tsendze direk Satara toe. 

Letaba is seker 'n heerlike kampeerterrein, maar daai mopaniebosse sit my totaal af.

Party lede [Chris B] gaan weer aanraai om jou spronge van kamp na kamp kort te maak. Gelukkig is jy mos mooi groot, dus kan jy lees aan ons voorstelle en dan jou eie besluite maak.laugh

Indien julle Mei 25 beide op pensioen is, hoef julle mos nie die toer af te rammel nie, gee julleself meer tyd vir alles.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 01/02/2024 - 07:23

Sien nou ek was onder die indruk Mopani het kamp plek nou op hulle website gesien geen kamp plek sal ook dan van Letaba deur ry Satara toe en daar kamp en dan by orpen hek uitgang sal my roete ook aanpas oppad Punda Maria toe weereens dankie vir julle inset en ja karavan gaan saam

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 02/02/2024 - 08:10

Lekke lag ek nou Johann ek wens nie tyd om nie maar die kamp en slaap wanneer en hoe laat en geen meetings nie lekke voeruitsig wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus