Ek begin n nuwe draad Berdien het my convince om weskus toer wat klaar beplan is in roete te laat vaar tot ons op aftree is so ons gaan vir 3 weke Mei 2025 die wiltuin besoek en laaste week in Mei oorstaan in Swadini Ons gaan met die karavan kamp die plan is om bo in te gaan by Punda Maria en erens wat ek nog nie seker is uit te gaan en dan te sleep na Swadini Nou vra ek julle wat wiltuin ken en baie kamp waar/ hoe is die maklikste om te boek of is ons mollers van secunda al reeds te laat help seblief
Dankie Wessel
Dankie Wessel so daar is genoeg tyd ek sal gebruik maak van Ezi bookings dis Mei 2025 wanneer ons oom Paul se tuin gaan besoek.
Môre Shaun, lekker beplan …
Môre Shaun, lekker beplan (solank), Februarie tot Mei behoort jy redelik maklik plek te kry, net geduldig wees en dop hou.
Augustus tot November is ook nie te vol nie, maar dit val buite jou tyd lyn.
Persoonlik hou ek van Augustus tot Oktober want dan is die veld meer oop / wild meer sigbaar, ook nie so warm nie en die skool vakansie is agter die rug.
Shaun...
... beplan jou kampe intussen en as jy die dag bel, weet jy presies waar julle wil wees.
Onthou van die 2 lekker klein boskampe, sonder krag, Tsendze en Balule. Ek dink julle sal ook van die sonder krag, en min staanplekke hou.
Jy maak my nou so lus vir Kruger, ek beter ook begin beplan vir Mei/Junie volgende jaar. Amper tyd om besprekings te maak![]()
Ons Kruger wiltuin en ander beplanning
So hier is in kort ons program , plan vir Mei 2025 Wiltuin Noord gedeelde so julle wat lank kamp en wiltuin ken gee seblief julle inset wat dink julle byvoorbaat dankie NB : Sal beplanning aanpas indien nodig
1 Mei 2025 Vertrek vanaf Secunda na ATKV Eiland slaap 1 nag oor
2 Mei Vertrek vanaf ATKV Eiland na Punda Maria ruskamp slaap 3 nagte oor
5 Mei Vertrek vanaf Punda Maria na Shingwedzi ruskamp slaap 4 nagte oor
9 Mei Vertrek vanaf Shingwedzi na Tsendze ruskamp slaap 5 nagte oor
14 Mei Vertrek vanaf Tsendze na Letaba ruskamp slaap 5 nagte oor
19 Mei Vertrek vanaf Letaba na Satara slaap 5 nagte oor
24 Mei Vertrek vanaf Satara ruskamp na Forever resort Swadini
25 Mei Kamp by Forever resort Swadini vir 5 nagte
30 Mei Vanaf Swadini vertrek terug Secunda toe
Shaun ....
... beplan julle om te gaan kamp. Indien wel, onthou dat Mopani nie kampeerplek het nie.
Shaun...
... lyk heeltemal te lekker!!!
Gelukkig het jy tyd om beste en veiligste roete na Punda of Pafuri-hek te vind.
Ek het nog nooit by daai hekke ingegaan nie, bloot om die sleep deur daardie plaaslike areas te vermy. Ek het laasjaar by PBorwa hek ingegaan, 1 aand in Shingwedzi geslaap en verder na Punda Maria. Dit beteken mens toer maar dieselfde pad terug tot by Tsendze. Die groot voordeel, is die veilige roete oor Pietersburg- Tzaneen - P Borwa. die op/af in wildtuin is mos vakansie.
Ek sal navraag doen by vriende wat onlangs daar bo ingegaan het, oor die boonste paaie na hekke.
Pad na Punda
Naand Shaun
My vriende raai jou aan om as volg te ry van Klein Kariba af;
N1 na Pietersburg
dan R81 na Mooketsi en verder na Giyani
dan R524 na Punda Maria hek.
Hulle sê die pad oor Louis Trichardt na Thohoyandou en Punda moet jy liefs totaal vermy.
Lekker verder beplan.
Shaun, my opinie :-
Uit my eie ervaring dink ek dit is te veel kampe met te min dae per kamp - dit is as julle met julle karavaan gaan kamp. Onthou, om kamp af te slaan verloor jy minstens die helfte van een dag en om na 'n volgende kamp te reis en weer kamp op te slaan, neem nog 'n volle dag in beslag.
My aanbeveling : verminder die kampe om minstens 5 of 6 dae by elke kamp te kampeer.
Satara of Maroela
ons gaan vir 3 weke Mei 2025 die wiltuin besoek en laaste week in Mei oorstaan in Swadini
Aangesien jy nou 4 dae "extra" tot jou beskikking het omdat Mopanie nie kampeer geriewe het nie en Tzendze reeds op jou lys is, sou ek oorweeg om vanaf Letaba na Satara of Maroela te gaan vir 4 dae...vandaar is dit maklik om by Orpen uit te gaan en n ½ uur se ry (35km) na jul laaste bestemming, Swadini
Satara verkieslik
Môre Shaun
Goeie idee wat Geert voorstel, maar ek sal eerder aanraai om in Satara te gaan kampeer. Dit is beter geplaas in wildtun, met BAIE wildroetes om te verken. Satara is net 48km van Orpen hek af, dan 35km na Swadini.
Len se raad....
...is prakties korrek. Ek gaan nou daarby aansluit en 'n klip in die bos gooi. Slaan Letaba oor, en skuif van Tsendze direk Satara toe.
Letaba is seker 'n heerlike kampeerterrein, maar daai mopaniebosse sit my totaal af.
Party lede [Chris B] gaan weer aanraai om jou spronge van kamp na kamp kort te maak. Gelukkig is jy mos mooi groot, dus kan jy lees aan ons voorstelle en dan jou eie besluite maak.![]()
Indien julle Mei 25 beide op pensioen is, hoef julle mos nie die toer af te rammel nie, gee julleself meer tyd vir alles.
Dankie almal
Sien nou ek was onder die indruk Mopani het kamp plek nou op hulle website gesien geen kamp plek sal ook dan van Letaba deur ry Satara toe en daar kamp en dan by orpen hek uitgang sal my roete ook aanpas oppad Punda Maria toe weereens dankie vir julle inset en ja karavan gaan saam
Middag Shaun, as jy die…
Middag Shaun, as jy die diesel gee, sal ek namens jou daaie toer doen![]()
Johann lekke lag
Lekke lag ek nou Johann ek wens nie tyd om nie maar die kamp en slaap wanneer en hoe laat en geen meetings nie lekke voeruitsig ![]()





Shaun...
.... wil net seker maak, wil julle Mei 2024 of Mei 2025 Kruger toe gaan.
Indien die Mei 2024 is, kan dit dalk knor om plek te kry. As dit Mei 2025 is, is julle te haastig met besprekings.
As ek reg is, kan mens byvoorbeeld vir Mei 2025 eers vanaf Junie 2024 af bespreek.
Ek vind die maklikste, vriendlikste en hulpvaardigste is deesdae Ezi Bookings by 021 886 8342.
Naaste hek aan Swadini is Orpen hek. Lekker naby aan Maroela en Satara