Goeiedag kampvriende
Na die goeie terugvoer oor Manyani wil ek nou graag weet wat is die beste pad en pad toestande om vanaf Modimole (Weesgerus) te ry na Manyani.
Kampgroete
Dankie Wessel vir die…
Dankie Wessel vir die vinnige advies.
Het ook die twee roetes so geidentifiseer, Pretoria is seker die beste pad wat pad toestand betref maar is redelik langer.
Die ander pad is seker die een wat ek sal ry, sal maar net stadiger en versigtig ry vir slegte gedeeltes.
Gelukkig is ons nie haastig nie.
Groete
Opsie 2....
loop deur plase en wildsplase met geen nedersettings nie.
Mokwasie: Wees versigting…
Mokwasie: Wees versigting deur daai area, daar is baie spoedwalle en dit is baie swak gemerk.
Net my opinie:
Ek sou weer eerder op die N4 bly (vanaf Pretoria) tot in Rustenburg, (jy ry so langs Rustenburg verby) en dan die Sun City pad vat (kan nie die pad no onthou hie), dit is bietjie verder van jou kant af, maar sleep lekker en geen hindernisse nie. Ek kom van Sasol se kant af, maar sal nie weer Mokwasie deur sleep nie.
Het nou gaan google, Boshoek…
Het nou gaan google, Boshoek om (soos ek bo beduie het) gaan 'n redelike draai wees van Pretoria se kant af, ry maar net stadig deur Mokwasie.
Daai spoedhobbels is erg, jy…
Daai spoedhobbels is erg, jy moet mooi uitkyk om dit raak te sien, ons het ook nog nooit onveilig gevoel daar nie.
R556
Ons ry altyd vanaf die N4 die R556. Dis vir my stresvol om daar te ry omdat mens deur baie lokasies ry en daar kort kort betogings is....merke op pad sigbaar is waar buitebande gebrand is en klippe wat pad al versper het. Daar is ook heelwat spoed hobbels op daai R556 in lokasie areas. Voor ons daai oggend ry, hoor ek eers altyd op nuus berigte of daar moontlike betogings is en kyk op Google maps of daar vertragings is
Hoe ry ander Pretorianers? As mens eers tot in Rustenburg ry en dan afdraai na Sun City...is pad beter?
Ek het laas ook vir iemand in Brits gevra oor pad verby Bush n Buck en ThabaMorula na Pilanesberg......maar blykbaar is pad vrot sleg en ook groot lokasie
Beestekraal
Ek het met mense daar naby Bush n Buck gesels.......hulle sê hulle hou van movies kyk in Rustenburg, maar hulle ry eers Brits toe en dan N4. Hulle het Hilux bakkie....hulle sê hulle ry nie eers solo met bakkie op daai pad nie
Beestekraal nie opsie dan
Geert, dan moet ons maar bly by R556. Ten minste in dit die pad nou "bewaak" word. glo ekste polisie patrollies nadat toerbusse oor Desember aangeval was.
Geert, ek weet nie wat die…
Geert, ek weet nie wat die pad no van Rustenburg verby Sun City is nie, maar het hom Oktober 2023 gery, dit was baie stil en daar was geen, maar geen hobbles of slag gate nie. Dit is wel 'n draai vir my, maar ek ry dit veel eerder in die toekoms.
Geert Johann
Ek vermoed Johann het tot in Rustenburg gery en daar in die dorp[?] die R510 geneem. Dit gaan mos Northam toe, en die R556 sluit by 4-stop daarby aan.
Van Pretoria kan jy op N4 aanhou, net verby Rustenburg en dan die R565 verby Boshoek.
Wessel.Nie regtig in…
Wessel.
Nie regtig in Rustenburg dorp nie, maar so langsaan verby (amper by Rustenburg Kloof?) daar regs om 'n brug op 'n pad wat Sun City aangedui het, ek dink amper jy is dalk reg, dit kan Boshoek wees.
Ek onthou, die Sun City ingang was op my linker kant dan kry jy verder daai 4 rigting stop by die garage met 'n vis en chips winkel waar jy nou links draai instede van regs as jy van Mokwasie se kant af sou kom.
Johann....
...ek dink ons is nou op dieselfde pad. Net jammer dit bly 'n draai van Brits af, en daar is ook heelwat plaaslike nedersettings daarom.
Ek sal maar my gewone pad R556 waag. Wil juis in Maart of vroeg April 'n week gaan oefen om te kampeer. Net seker maak alles werk voordat ek die 4 Sanparke in Mei aandurf.
Grompie is gediens, Kavango se wiele loop hopenlik parallel, moet net Marie so bietjie "fine tune"
Nie groot verskil
Via Rustenburg is nie so groot ompad nie. Sou dit veiliger wees, is dit moeite werd
Môre mense, Wessel die pad…
Môre mense, Wessel die pad wat ek van praat is nie smack bang deur nedersettings nie, daar is wel een, maar klein.
Die was baie rustig en dit is vir my persoonlik 'n beter en veiliger pad, maar elkeen moet self besluit.
Jammer manne, maar ek haat daai spoed heuwels, en ry liewer so paar draaie en vermy die vervlakste goed.
Ottoman verbypad
Ek is al amper 10 jaar weg uit die Noorde, maar ek weet daar is ‘n verbypad anderkant Rustenburg wat gebou is nie lank voor ek weg is nie. Dit vat jou om Phokeng - die “lokasie” noord van Rustenburg. Ek het baie deur lg gery toe ek in 2009 projekbestuurder was waar ons twee bruë (hoe spel mens dit?) verbreed het. Ek het nooit onveilig gevoel nie, maar die Ottoman verbypad is baie vinniger. Dis die donkerblou roete hier onder.

Hier ingezoem die verbypad:

Na die verbypad ry mens met die R565 deur Boshoek (baie klein plekkie - eintlik maar net ‘n paar winkels en vulstasie) en dan oor die Elandsrivier (die een brug wat ek verbreed het) en ‘n sytak (die ander brug wat ek verbreed het) en dan deur Ledig - ‘n klein nedersetting sonder probleme - en draai regs verby Sun City se ingang Manyane toe (kaart hier onder). Anders kan jy deur Ledig ry na die Bakubung hek van Pilanesberg en deur die park ry.

Verskil in tyd en afstand
Die verskil tussen bg roete en die gewone een deur al die nedersettings en die golwende pad oor die turfgrond is dat die een hier bo 35km en 18 min langer is, maar ek dink dit ry baie makliker as die gewone een.
Wildehont se roete
Nie baie ver ompad met Wildehont se roete nie. Dink nie mens mag karavaan sleep deur Pilanesberg nie.





Veiligste en stilste pad
Middag Kampvriend
Jy kan natuurlik N1 ry na Pretoria, dan N4 Rustenburg dan anderkant Brits die R556 na Pilansberg.
opsie 2: ry na Warmbad, dan met R516 na Koedoekop, dan boontoe na Thabazimbi met R511. Net voor Thaba draai jy links op R510 en ry ondertoe oor Northam tot by Mokwase. Draai regs by vulstasie, regs van R510 en volg Manyane borde.