6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -6 hours ago

Forever Resort Gariep

Springs
Submitted by Rudi on
Forums

More

Ek will graag hoor wie het al by Forever resort Gariep gestaan oor kersfees en hoe is dit da? Ons gaan kamp by strandkloof so ons staan in Gariep van 24-27 December dan slaap ons oor by Graafreneit en dan tot on Mosselbaai vi 5 nagte.

Van daar af staan ons 2 Jan - 12 Jan by Strandkloof park in GansBaai.

Nou my bekommernis is Gariep Dam, hoop kan my goeie inligting gee oor dit asb laugh

Dankie  Rudi

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 14/11/2017 - 09:35

Rudi,

Het nog nie daar gestaan oor daai tyd nie maar glo dit kan net lekker wees.

As die dam oor vol is is die staanplekke voor teen die water onder water.

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 14/11/2017 - 11:37

Rudi, ons het al 'n paar keer daar gekamp, maar ook nog nie oor  Kersfees periode nie.  Ek dink egter nie jy hoef enige twyfel te hê om soontoe te gaan nie.  Hul fasiliteite is fantasties en ek glo hul sekuriteit sal oor die besige seisoen baie goed wees.

Ons het elke keer by die privaat ablusies gestaan.  Hul algemene kamp is uitstekend, 'n entjie se stap van die ablusies af.  Hul het lekker swembaddens, vir klein tot groot.  Die dorpie buite die hek het ook winkels en 'n restaurant.  Baie lekker daar.   Die dam en veral die damwal is baie mooi, veral as dit redelik vol is.   Ons het ook eenkeer gesien dat die staanplekke net langs die dam bietjie oorstroom het.   

Julle moet ook Strandskloof geniet.

Pretoria - Oos

Andre Smit

Tue, 14/11/2017 - 14:12

Ek gaan nou rêrig mooi probeer foto's plaas,

Kon vanoggend een een regkry.

Baaitjie met park links onder
Park links onder met baaitjie

 

Park sy-aansig
Park sy-aansig

 

Panorama
Gariep

 

Oorslaap
Een aand oorslaap vir Smitjies

 

Kragbokse
Kragbokse

 

Pretoria - Oos

Andre Smit

Tue, 14/11/2017 - 14:40

Andre het regtig probeer maar verstaan gladnie hoekom hierdie &%%#$# ding daai groot spasies maak tussen die eerste groep fot's nie.

Jelp Anton Jelp.

Wat maak ek nou weer verkeerd.???

Groete

Centurion

Voortrekker

Tue, 14/11/2017 - 15:14

Jelp Anton Jelp.

Wie het gespeel met Andre se 2de foto inset?  Dit lyk reg.  EK het met die eerste een gespeel en die CAPTION funksie gebruik om die  woorde onderaan te plaas.

Andre, onthou, wanneer jy die spacebar gebruik, dan word die spaces geplaas, en dit is wat jy gesien.  Ek weet, dit is tricky.    Probeer gerus volgende keur die Caption opsie, kliek dit wanneer jy jou foyo oplaai.   Dit sal die blokkie onder die foto plaas om insette in te sit.

Springs

Rudi

Tue, 14/11/2017 - 15:29

Dankie julle vi terug voer ek het nou kla betaal so nou is dit dun en dusted.

Groete  Rudi

Secunda

Sleep nou

Tue, 14/11/2017 - 18:49

Rudi soos jy nou sien is Gariep n wenner geniet die pak vannie wa en kamp n hond uit n bos en hou ons ons hoogte van daai toer

Alberton

Johanfp

Thu, 16/11/2017 - 10:57

Was al daar en hulle het baie goed aan soos musiek , speletjies etc . Jy kan ook op n sundowner cruises gaan . Baie netjies en veilig. Word baie gebruik ook om oor te slaap. 

Pretoria

Slowstrike

Fri, 17/11/2017 - 07:09

Probeer gerus om die damwal toer te gaan doen. Baie interessant en boonop gratis. Dis amazing om in daai hol wal af te klim en na die turbines ens ens te gaan kyk.

Interessante feit is dat alles in die wal gedupliseer is van die sluise bystandmasiene wat krag moet verskaf indien nodig hysbakke wat in die wal gebruik word ens ens.

Groetnis

Pretoria

PJ

Thu, 07/12/2017 - 19:28

Die fotos neem my nou terug en ek besef ek het nog nooit langer by Gariep dam gestaan nie, net oornag. Ek begin dink die oornag stories is nonsens, mens moet so 2-3 dae maar oorbly en die oornagplek sommer bietjie in die reis verken en geniet enlightened

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 07/12/2017 - 19:34

PJ, jy is heeltemal reg.  As jy net een nag oorstaan, kan jy die plek nie geniet nie.   Mens moet tyd maak vir 'n ekstra nag.  Dit is so lekker by Gariep.   Mens moet daai damwal en water geniet.  Lekker piekniek maak daar by die swembaddens.  Dit geld eintlik vir meeste parke waar jy oorbly.

Pretoria

PJ

Thu, 07/12/2017 - 20:49

Het sekerlik al 20 keer daar oornag en weet nie eers hoe oord regtig lyk nie. Wat nog van swembad. Weet net van al die goggas in badkamers maak vrou bietjie gil nou en dan

Secunda

Sleep nou

Fri, 08/12/2017 - 07:30

Stem Freda jy kry nie die vipe gevoel van n plek as jy oornag nie daar is soveel plekke op jou roete na jou besteming wat n ou mis

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus