More
Ek will graag hoor wie het al by Forever resort Gariep gestaan oor kersfees en hoe is dit da? Ons gaan kamp by strandkloof so ons staan in Gariep van 24-27 December dan slaap ons oor by Graafreneit en dan tot on Mosselbaai vi 5 nagte.
Van daar af staan ons 2 Jan - 12 Jan by Strandkloof park in GansBaai.
Nou my bekommernis is Gariep Dam, hoop kan my goeie inligting gee oor dit asb ![]()
Dankie Rudi
Gariep Dam
Rudi, ons het al 'n paar keer daar gekamp, maar ook nog nie oor Kersfees periode nie. Ek dink egter nie jy hoef enige twyfel te hê om soontoe te gaan nie. Hul fasiliteite is fantasties en ek glo hul sekuriteit sal oor die besige seisoen baie goed wees.
Ons het elke keer by die privaat ablusies gestaan. Hul algemene kamp is uitstekend, 'n entjie se stap van die ablusies af. Hul het lekker swembaddens, vir klein tot groot. Die dorpie buite die hek het ook winkels en 'n restaurant. Baie lekker daar. Die dam en veral die damwal is baie mooi, veral as dit redelik vol is. Ons het ook eenkeer gesien dat die staanplekke net langs die dam bietjie oorstroom het.
Julle moet ook Strandskloof geniet.
Park geriewe en Fasiliteite
Daars hy.
Hoop dit help met julle beplanning.
Geniet.
Dankie vir die foto's Andre
Jelp Anton Jelp.
Wie het gespeel met Andre se 2de foto inset? Dit lyk reg. EK het met die eerste een gespeel en die CAPTION funksie gebruik om die woorde onderaan te plaas.
Andre, onthou, wanneer jy die spacebar gebruik, dan word die spaces geplaas, en dit is wat jy gesien. Ek weet, dit is tricky. Probeer gerus volgende keur die Caption opsie, kliek dit wanneer jy jou foyo oplaai. Dit sal die blokkie onder die foto plaas om insette in te sit.
Weet jy van die Privaat staanplekke.
Ek het al verskeie kere daar oornag, dan kry ek vir my 'n privaat staanplek. Dit is baie goed beplan.
Geniet Rudi
Rudi soos jy nou sien is Gariep n wenner geniet die pak vannie wa en kamp n hond uit n bos en hou ons ons hoogte van daai toer
Was al daar en hulle het…
Was al daar en hulle het baie goed aan soos musiek , speletjies etc . Jy kan ook op n sundowner cruises gaan . Baie netjies en veilig. Word baie gebruik ook om oor te slaap.
Welkom Johanfp
Was al daar
Dankie Johanfp en welkom by kampforum!
Welkom Johanfp lekke
Val in en gesels lekke saam op n puik forum
Probeer gerus om die damwal…
Probeer gerus om die damwal toer te gaan doen. Baie interessant en boonop gratis. Dis amazing om in daai hol wal af te klim en na die turbines ens ens te gaan kyk.
Interessante feit is dat alles in die wal gedupliseer is van die sluise bystandmasiene wat krag moet verskaf indien nodig hysbakke wat in die wal gebruik word ens ens.
Groetnis
Die fotos neem my nou terug…
Die fotos neem my nou terug en ek besef ek het nog nooit langer by Gariep dam gestaan nie, net oornag. Ek begin dink die oornag stories is nonsens, mens moet so 2-3 dae maar oorbly en die oornagplek sommer bietjie in die reis verken en geniet ![]()
PJ, jy is heeltemal reg. As…
PJ, jy is heeltemal reg. As jy net een nag oorstaan, kan jy die plek nie geniet nie. Mens moet tyd maak vir 'n ekstra nag. Dit is so lekker by Gariep. Mens moet daai damwal en water geniet. Lekker piekniek maak daar by die swembaddens. Dit geld eintlik vir meeste parke waar jy oorbly.
Het sekerlik al 20 keer daar…
Het sekerlik al 20 keer daar oornag en weet nie eers hoe oord regtig lyk nie. Wat nog van swembad. Weet net van al die goggas in badkamers maak vrou bietjie gil nou en dan





Hallo Rudi. Jinne daai klink…
Hallo Rudi. Jinne daai klink na n lekker trip wat julle beplan. Ek hoop jy gaan kom fotos deel as julle terug is.
Ek is seker jy gaan baie inligting hier kry oor Gariep.
View larger map