Ek sien dat ons volgende maand maar die gordel stywer sal moet trek die petrol gaan styg met 73c p/l en diesel 63c p/l .Hoe gaan dit jou vakansie begrooting raak ? Miskien nader kamp plek soek maar vir ons hier in KZN is al die mooi plekke so ver om te ry .
Brandstofprys
Dit is een van die redes hoekom ons nie meer vêr sal sleep nie. Ons sien nie kans om 'n groot hap van ons pensioen op brandstof te spandeer nie.
Dit is baie sleg vir ons wat…
Dit is baie sleg vir ons wat 13 maande voor die tyd reeds bespreek. Vir 2018 se Desember het ek reeds besluit Eiland is 'n beter opsie.
Maar ons sal maar moet deur druk Hartenbos toe hierdie jaar.
Ek kan dink daai groot waens…
Ek kan dink daai groot waens en voertuie om hulle te sleep drink lekker baie brandstof met so 'n trip?
EK is gelukkig dat my kombinasie baie lig op brandsof is. 15km/L
Sleg vir kamp bedryf
Dis sleg vir ons wat sleep maar net so vir kamp eienaars





Petrol prys
Mens sal dalk maar jou kampe moet anders beplan miskien nader kamp of minder kamp of meer van die goedkoper plekke opsoek maar kamp gaan ons kamp.
Of anders lyk my die tyd kom nader waar mens maar dalk die wa voor die sleep voertuig sal moet haak of soos die spreekwoord se die wa voor die perde moet inspan en dan maar net afdraande sleep.