Laat ek maar sien wat se reaksies hier gaan volg, hopelik is daar by lede baie beplanning vir die jaar.
Ons was Jan 2024 by Umfula buite Parys vir so week.
Bespreek en betaal vir 21/03/24 tot 27/03/24 by Zelpy Fishing Magaliesberg.
Bespreek, moet nog betaal, vir 24/05/24 tot 26/05/24 by Marula Oase naby Bella Bella, regoor Klein Kariba.
Sover is dit dit vir die jaar, ons kinders van Australia kom Desember 2024 tot Januarie 2025 vir ons kuier en ons moet nog besluit waar ons gaan om hulle hul land van herkoms te wys.
Tussen die twee tye is vir ons nog oop vir beplanning tot so omtrend September die jaar.
Wat is julle beplanning vir die natuur opsoek?
ChrisS, die tarief wat..............
............ons betaal is R995 per nag, dis die tarief voor die spitstyd. Dis maar styf, maar dis 'n geleentheid om saam met ons Pretoria familie te kuier. Ons was 6 jaar gelede in 2018 laas in Hartenbos en dit sal tog lekker wees om weer daar uit te kom.
Sjoe, Len!
As dit die positiewe gevolge van 'n nukkerige tru-kamera is, koop ek ook môre een!
Bly en opgewonde vir julle onthalwe![]()
Jan...
....het jy al 'n idee waar julle wil gaan swerf in Namibië? Beplan jy om via Kalaghadi-NP te gaan, daar by Twee Rivieren deur grenspos te gaan.
Tot hoe hoog wil julle in Namibië op toer. Ek dink dat Herman jou sal kan aanspoor tot uitbundige plekke. Is jou Ranger 'n 4x4, maar daar is nog tyd om ene te koop as dit nie is nie![]()
![]()
My miesies het my mat geskud. Ek skimp ook oor 'n Botswana/Namibië toer, seg sy so kordaat----net as dit met 'n Gecko boswa is!!! Kan jy glo, wat se keuse is dit nou.
Wessel…
Wessel....................................................................ons wil weer die volgende plekke besoek. Ons was al by meeste plekke maar basies net oornag. Wil nou bietjie langer bly.
Kgalagadi, Ai Ais, dan met die D316 wat by dié C13 aansluit. Dit is deur die Richtersveld wat iets besonders is. Dan deur na Sossus en Sesriem.
Daarvandaan sal ons terug ná Hardap, Stampriet, Gobabis waar ons kinders boer.
Ons kinders wil weer saam met ons na Erindi 'n privaat wild reservaat noord van Okahandja gaan. Pragtige kampplekke met skadunet privaat kombuis met yskas stoof en badkamer.
Weet nie of ons by die Epupa Valle gaan uitkom nie. Tyd sal leer.
Wessel, jy kan spesifieke...............
..............staanplekke bespreek, maar ons is iewat laat en moes maar vat wat ons kon kry. Ons is almal in dieselfde blok, maar tog 'n endjie uitmekaar, maar ek voorsien nie dat dit 'n probleem sal wees nie. Sal maar oor en weer kuier.
Watter blok?
In watter blok staan julle? Ek weet net waar is die E-blok want dis waar ons gestaan het die een keer wat ons daar was verlede jaar April.
ChrisS, ons staan...............
............in die F-blok, sonder see-uitsig, maar beskerm teen wind. Die eerste ry in die F-blok langs die pad het wel see-uitsig. Daar is heelwat bome en skaduwee is volop. F-blok is reg agter die E-blok.
Ons het al eenkeer hier gestaan en dit was heel aangenaam. Ons het vriende wat elke jaar verkies om in die F-blok te kampeer. Ons voorkeur blok is egter die D-blok en ons verkies Februarie-maand.
D-Blok
Ons verkies ook D-Blok, maar die onderste ry. D3 is teen die trappe na die ablusie blok het 'n lieflike see uitsig.
As alles volgens plan gaan, gaan ons Janurie probeer om op D1 te staan.
My kleindogter gaan Januarie na 'n arm land om met 'n hulp projek te gaan help, sy is verlede week in kennis gestel dat sy een van die Wes Australia span is om te gaan help. Ons Ausie kinders sal dus ongelukkig nie meer die Desember kan kom kuier nie.
Ons voorkeur blok is egter die D-blok en ons verkies Februarie-maand.
Vakansie op die see is maar duur
Om so naby aan die see te staan in Desember is maar ‘n duur besigheid. Gelukkig is die nie-seefront staanplekke by Dwarswegstrand heelwat goedkoper. Ek het die F-blok gesien van onder in die E-blok af. Ek aanvaar mens draai daarheen af net na jy van die pad afgedraai het na die E-blok en openbare parkeerplek langs die E-blok. Is die D-blok die een aan die anderkant van die pad van die F-blok af?
Ek gaan nou wel ...
... oor 3 dae Kgalagadi en Namibië toe, maar as julle so praat van Hartenbos dan pak die lus vir kamp my ook beet. Dit is eintlik 'n skande dat my ou karavaantjie nou-al sedert November 2022 stilstaan. Die "ou lady" sal nie weet wat sy verkeerd gedoen het om net so in die garage te bly staan nie.
Len - jy't lekker vooruitsigte. So ook Wessel.
Die "ou lady" sal nie weet…
Die "ou lady" sal nie weet wat sy verkeerd gedoen het om net so in die garage te bly staan nie.
Was darem uit op die pad om die yskas te vervang.
Hartenbos
ons betaal is R995 per nag, dis die tarief voor die spitstyd.
R995 is reeds spits tarief. Spits begin op die 11de wanneer julle ariveer. Eintlik as mens met 6x persone staan, is tarief nie te rof vir Desember nie, maar is duur vir 2x pensioenarisse. Maar die spesiale geleentheid met familie saam kampeer maak dit definitief werd.
Ons wou afgelope Januarie paar dae daar gekampeer het....ook in spits seisoen. Hulle het my toe laat weet dat ek minimum 14 dae moet neem in spits seisoen....dit was te lank vir ons beplanning en toe maar gelos
Hartenbos tariewe
Ek sal eerder buite seisoen gaan, sekerlik baie minder mense en die tariewe is rofweg 'n derde van die hoogseisoen tariewe.
As ek egter uitsluitlik net 'n seevakansie wil maak, sleep ek eerder Noord- of Suid-kus toe. Dis omtrent helfte nader as af SuidKaap toe. O ja, en dis heelpad dubbel pad, o gaats en met sekerlik 2 keer meer trokke as op N1.
Die N1 en N3 is omtrent soos noorde deel van Kruger, net trokke in mens se pad.![]()





Loaders gatskuur
Hartenbos is darem aansienlik nader as die Krugerwildtuin. Hopelik betaal julle nie binne seisoen kampeertariewe nie, want die E-blok se tariewe is ook maar deksels styf in Desember.