Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ons " plattelandse"… November 2026 neef Herman -54 minutes ago
Ek stem saam .... November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Dit het my en ... November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
so gevoel by stembus November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Narsis - raai van wie praat ek? November 2026 Len Loader -1 hour ago
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

2024 Kamp beplanning?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ek maar sien wat se reaksies hier gaan volg, hopelik is daar by lede baie beplanning vir die jaar.

Ons was Jan 2024 by Umfula buite Parys vir so week.

Bespreek en betaal vir 21/03/24 tot 27/03/24 by Zelpy Fishing Magaliesberg.

Bespreek, moet nog betaal, vir 24/05/24 tot 26/05/24 by Marula Oase naby Bella Bella, regoor Klein Kariba.

Sover is dit dit vir die jaar, ons kinders van Australia kom Desember 2024 tot Januarie 2025 vir ons kuier en ons moet nog besluit waar ons gaan om hulle hul land van herkoms te wys.

Tussen die twee tye is vir ons nog oop vir beplanning tot so omtrend September die jaar.

Wat is julle beplanning vir die natuur opsoek?

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 22/05/2024 - 10:43

Ons beplan om oor Kerstydperk by Lake Eland te kampeer, daarna paar dae by Port o Call en dan laaste gedeelte wat in Januarie sal wees by Dolphin holiday resort. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 22/05/2024 - 15:43

Ons gaan vanaf 9 tot 20 Desember 2024 in Hartenbos kamp.  Vier jaar laas daar gekamp.  Dis so 'n semi-familie saamtrek.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 01/06/2024 - 09:07

Ek kan al begin slapies tel. Oor twee weke wil ek al sterk oppad wees, ten minste verby Touwsrivier. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 01/06/2024 - 12:17

Tyd vlieg, die volgende twee weke gaan soos 'n vet gesmeerde weerlig verby gaan want al die finale dinge moet nou gedoen word.

Geniet dit!

Ek kan al begin slapies tel. Oor twee weke wil ek al sterk oppad wees, ten minste verby Touwsrivier. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 02/06/2024 - 07:46

.... ek hoop dit is normale werkdruk, en nie jou pos wat in gedrang is nie. Verskoon maar asb my direkte vraag/kommentaar. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 02/06/2024 - 12:02

Ek het darem gister gas silinders gaan hervul. ‘n Spaar 9kg vir ons huis se gasstoof, ‘n 3kg vir die Kavango en ‘n kleiner een vir die vuuraansteker. Dan is ek ook besig sedert gister om te eksperimenteer met die Kavango se batterye. Ek het ‘n vermoede die een batterye is dalk besig om die gees te gee. Ek het hulle getoets met ‘n batterytoetser (wat gewys het beide is nog reg) maar hulle loop te  vinnig af. Gister, met net die Snomaster aan het hulle na 5 ure bo 12,7V (wat bo 75% is) skielik gesak na 12,44V, wat net meer is as 50%. Ek het hulle oornag vol gelaai, en laat loop vandag die Snomaster van net een om die beurt af om die ontlaai profiele te vergelyk. Gelukkig gee die Bluetooth battery monitor vir my ‘n grafiek met die presiese spanning sodat ek ordentlik kan vergelyk. As ek sien die een ontlaai te vinnig gaan ek dit vervang met die battery wat uit die huis kom. 
 

Dis die probleem met batterye in parallel gebruik om die spanning dieselfde te hou maar meer kapasiteit toe te voeg. Die een kalf altyd voor die ander, en dan kos dit twee nuwes. Ek gaan nie nou daardie uitgave aangaan nie want ek het nog ‘n AGM wat reg is (toe sy maatjie by die huis se omsetter gekalf het, het ek ‘n LifePo4 gekoop in hulle plek). 
 

Wat my werk betref wil dit voorkom asof ek ‘n doodloopstraat bereik het. Dis ‘n lang storie, maar ek kyk uit vir ander werk. Lg is so skaars soos wors in ‘n hondehok as jy ‘n wit Afrikaanse man bo 50 is, maar as mens nie ‘n lyn in die water sit nie gaan jy niks vang nie. Ons bywoner maak so (sit nie ‘n lyn in die water nie) en bly dus ons bywoner. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 02/06/2024 - 12:51

battery eksperiment. ek is net nuuskierig oor die uitslag.Gelukkig het jy 'n bystand ene om saam te neem. 

Wat die werk aanbetref, moenie deure oop forseer wat die Vader nog toe wil hou nie. Hou geduld en bedink alles opsies wat op jou pad kom.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 02/06/2024 - 13:55

Ek wil nie kampeer beplanning met my werksdrama besmet nie. Die dominee sê vanoggend; as mens dink God wil jou in ‘n rigting stuur moet jy die eerste tree gee in daardie rigting en kyk of Hy dit seën. Dan sal jy weet of jy verder moet loop.
 

As ek vir werk aansoek doen (wanneer ek iets gepas teekom) en genooi word vir ‘n onderhoud sal ek gaan, en sou ek ‘n aanbod kry daaroor bid en vir leiding vra. Dis hoe ek hier beland het amper tien jaar gelede, en die Here was vir ons bitter goed hier oor die afgelope tien jaar. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 02/06/2024 - 15:55

Sterkte Wildehont....hoop daar gaan gou deure oop vir jou. Dis hoekom daar so baie wit mans eie besighede begin.....kry nie werk nie. Eie besigheid is ook maar n uitdaging as dit begin met BEE. As ek mag vra....wat is jou rigting?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 02/06/2024 - 17:08

As ek mag vra....wat is jou rigting?

Die afgelope 15 plus jaar projekbestuur. 5 jaar en 5 maande in siviele konstruksie en die laaste amper 10 jaar in plaaslike owerheid waar ek ‘n verskeidenheid projekte bestuur het van konstruksie, sonkrag, onderhoud, operasioneel ens. Voor die 15 plus jaar het ek vir 12 jaar in toerisme gewerk. Van toergids tot staptoere lei, kampbestuur, opgeleide olifant safaris lei en met die olifante werk en opvoedkundige toere. Weerskante daarvan so 5 jaar stadsbeplanning in openbare- en privaatsektor. 


My probleem is dat ek ‘n graad op NQF8 vlak het in Stadsbeplanning, kwalifikasies in toerisme en geregistreer is as project management professional maar nie ‘n ingenieurskwalifikasie het nie. Dit maak dit moeiliker om te kwalifiseer vir poste. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 02/06/2024 - 19:48

Weereens sterkte Wildehont. Hoop daar is gou lig in die tonnel. Ek dink deesdae kry mens makliker n geleentheid as mens iemand ken. As jy miskien met mense by die Kerk of met ouers by jul skool gesels oor jou situasie  mag daar dalk iets opkom....miskien nie direk met hulle nie, maar hulle het miskien kontakte? 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 02/06/2024 - 20:07

As jy miskien met mense by die Kerk of met ouers by jul skool gesels oor jou situasie 

Worcester is maar klein. Hier sal nie maklik ‘n geleentheid waarvoor ek op papier kwalifiseer wees wat vir my die verdienste bring wat ons huishouding aan die gang kan hou nie.
 

Dis egter die uitdaging indien ek elders ‘n geleentheid sou kry - lewenskoste gaan waarskynlik hoër as hier wees. Maar soos Paul Simon gesing het; God only knows, God makes his plans, the information’s unavailable to the mortal man. We work our jobs, collect our pay, believe we’re glidin’ down the highway when in fact we’re slip slidin’ away…

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 02/06/2024 - 20:14

Ongelukkig kan iemand net so goed, of selfs beter, wees as gegradueerde persone - maar menige werkgewer staar hulle blind aan 'n spesifieke kwalifikasie. Tog só jammer.

Ek beskik slegs oor 'n landbou diploma. Maar my doeriejare se werkgewer (die destydse Droëvrugteraad) het vereis dat ek oor 'n graad moet beskik om vir bevordering in ag te kom. Die ironie was dat selfs 'n BA graad (wat niks met my werk te doen gehad het nie) voldoende sou wees om my te laat kwalifiseer vir 'n hoër posvlak.

En ek het presies dieselfde werk (dalk selfs beter) verrig as my gegradueerde kollegas, maar moes maar verlief neem daarmee om, wat salaris aanbetref, aan die spreekwoordelike agterspeen te suig. Ek was na 3 jaar op my maksimum salarisskaal en was gevolglik gedwing om na die privaatsektor uit te wyk - waaroor ek vandag baie dankbaar is.

Sterkte met jou toekomstige besluite Wildehont.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 13/06/2024 - 07:37

Ons moet n dag vroeer terugkom vanaf wildtuin as beplan....so wil kyk of ons nie n dag vroeer kan gaan nie, om krediet te gebruik. Gedink om weg te spring met Malelane kamp. Ons het nog nooit daar gekampeer nie. Sommer kyk of ons ook daai luiperde daar kan kry waarvan ek altyd lees. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 13/06/2024 - 08:01

Goeie roep Geert. Ek is ook besig om my beplanning vir Apr - Jun volgende jaar te doen en wil beslis Malelane insluit by die beplanning. Ek lief die ou kampie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 13/06/2024 - 08:52

Dit sal seker ook die laaste keer wees dat ons hierdie tyd gaan. Ons gaan nou net die laaste gedeelte van skool vakansie vang. Ons kwalifiseer nog nie vir gryskop tariewe nie, maar sover ek verstaan is daar ander afslag pakette wat Sanparks ook aanbied?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 13/06/2024 - 09:34

Gesondheidsgewys, gegewe ons afgelope suksesvolle Wildtuinvakansie het ons reeds bespreek om in Desember 2024 'n paar dae Hartenbos toe te gaan.  Ons het vir onself bewys ons kán. Die Exclusive is nou so mooi skoon en blink dat ek lus het om voor Desember miskien ook 'n draai by Montagu te gaan maak, maar kyk die kat eers uit die boom.

0
Sandbaai

maurits

Thu, 13/06/2024 - 09:48

Ek dink dit is tyd dat julle so bietjie rustiger raak en my ook die kans gee om die pad te vat. Veral my buurman moet so bietjie aan sy rolbal en jukskei oefen. Ons beplan om Augustus Addo te besoek , daarna Yellow Sands en dan Cradock by die Zebra park. My vrou wil daarvandaan Rhodes toe gaan. Ek sal maar sien. Oppad wil ons by Lake Pleasant en Jeffreys oorslaap. Dan ook n jag inwerk op Steytlerville. Dit wil ek alles doen terwyl julle so bietjie tuinwek doen. Groete. Maurits

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 13/06/2024 - 10:19

Die "ou lady" sal 'n slag haar kant moet bring en afklim van haar bokkies af. Ons sal die kouer en nat wintermaande maar nog tuis bly, maar is in Karoo Nas Park bespreek vanaf 7 tot 21 Oktober.

My 2025 beplanning vorder ook fluks. Ek het reeds vir Mei 2025 in die wildtuin bespreek en tob nog daaroor hoeveel dae ek dalk moet byvoeg in Junie. Maar ek beplan om onderskeidelik vir 'n week elk (op pad wildtuin toe) in Karoo Nas Park en ATKV Klein-Kariba te gaan oorstaan. Dit sal beteken dat ek oor Paasnaweek in Karoo Nas Park sal wees.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus