Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
12 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -33 minutes ago
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -2 hours ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -2 hours ago
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -5 hours ago

Wildehont se nuwe ou Ranger

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het. 
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier. 
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie. 
 

A

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 10/05/2024 - 17:39

Well done !!! Kan sien jy het gestoei om die grommet in te kry. Die deursny kos jou ń paar punte, maar die inisieatief is " to be commended".

0
Worcester

Wildehont

Fri, 10/05/2024 - 17:57

Ek het die plek waar dit gesny is juis voor op die foto geplaas laugh

Dit was omtrent ‘n gestoei. As ek dit nie gesny het nie sou ek dit vir seker nie ingekry het nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/06/2024 - 13:25

sjoe, dit maak groot verskil op wringkrag. Wat is die teksboek spesifikasie  vir krag en wringkrag van jou trokkie, soos gemeet voor herprogramering.

Tata Prado, die oubaas HET van jou gehoulaugh

0
Worcester

Wildehont

Tue, 11/06/2024 - 14:00

Die Ranger was omtrent op spesifikasie gewees. Dit het 1kW en 5 Nm minder gelewer as wat dit veronderstel is. Dit kan dalk net die effense hoogte bo seespieel wees. Worcester is so 220m.
 

Ek het intussen die Ranger gaan haal, en ‘n vinnige draai gery. Nou ry dit darem vrek lekker hoor! Gelukkig het ek nie ‘n swaar voet nie, want ek glo dit sou my brandstofverbruik lelik beïnvloed het.
 

Ek wou nie ‘n resies kar gehad het nie, dit is ‘n bakkie. Dis net lekker om makliker weg te kom. Die throttle response op die Ranger was maar traag met die wegtrek slag. 

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 11/06/2024 - 14:43

Ek sien die maks wringkrag ook nou op 'n rapsie minder rewolusies.

Hou maar net jou regtervoet dop. 'n Mens is geneig om nou "makliker" te probeer ry met 'n swaerder voet. Dit kos natuurlik by die pompstasies.

Geniet daai voertuig en veilig sleep.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 11/06/2024 - 14:56

Ja-nee, dit gaan selfbeheersing verg. Gelukkig sleep ek nie vinniger as 100 werklike spoed nie, so met die wa behoort dit OK te wees. Maar sonder die wa sal ek my moet inhou. 
 

A

0
Irene

Grootwind

Tue, 11/06/2024 - 15:22

Sien Wildehont het nou 'n klassieke geval van "diens virus"laughdevil Snaaks hoe 'n voertuig altyd lekkerder ry na 'n diens, selfs 'n goeie was lei tot "diens virus-light" !!! Terg net!

0
Worcester

Wildehont

Tue, 11/06/2024 - 15:38

Die effense fluitgeluid het natuurlik opgehou toe ek stilhou by Pierre vanoggend. Hy het inspeksie gedoen en met ‘n stethoskoop geluister maar kon niks hoor wat nie reg klink nie.
 

Hy het my wel aangeraai om ‘n spaar boost pyp (twee eintlik - bottom en top) by Goldwagen te koop en in die Ranger te hou. Hy sê hulle raak maar hard met tyd en kraak, en as jy met vakansie is vervang die agent dit ten duurste. Dit kos minder as ‘n derde van wat hulle vra by Goldwagen. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 11/06/2024 - 19:58

Met die Ranger se nuwe tuning (wat is die Afrikaans daarvoor?) skakel dit vinniger oor na ‘n hoër rat. En dis nie omdat ek harder trap nie. Dis wat my gehinder het voorheen. As ek wegtrek het dit gewoonlik lank in eerste gebly, en dis waarskynlik hoekom dit gevoel het of dit nie wil wegkom nie.
 

Ek is nie een wat onnodig vet gee nie. Selfs met die Prado (wat baie bevredigend laat wiel as jy die lepel so bietjie laat sak) sal ek net nou en dan as ek op die afrit draai N1 Kaap se kant toe lekker versnel tot by 100 van wegtrek af. My bestuurstyl is baie besadig. Maar ek wil darem nie voel my voertuig is gevrek nie. Veral nie met 3.2 liter, vyf silinders en ‘n turbo aanjaer nie. 
 

Na my draai met die Ranger toe ek dit by Pierre gaan optel het (wat ‘n ent op die N1 tussen twee ente in die dorp ingesluit het), het ek vir Pierre laat weet dat die Ranger nou ry soos ek graag wou gehad het dit moet. Ek is baie tevrede. 

0
Irene

Grootwind

Tue, 11/06/2024 - 20:42

Hou in gedagte dat die ratkas "self-learning" is. maw oor tyd "leer" dit die bestuurstyl van die bestuurder en pas die skakelpatrone aan daarvolgens. Ek sou raai dat jou mekaniek die leer algoritme ook ge=reset het na die oorspronklike (voor leer) status...die tegnologie is deel van die groter kunsmatige intelligensie domein, staan ook bekend as "machine learning". So gee dit 'n bietjie tyd...en oordeel dan of die trokkie opgelet het innie klas!

0
Worcester

Wildehont

Wed, 12/06/2024 - 06:20

Ek hoop nie dis ek wat dit so lui gemaak het voorheen nie. Dit was seker so omdat ek dit by ‘n grootmens gekoop het. 

0
Irene

Grootwind

Wed, 12/06/2024 - 09:19

Kan wees dat die grootmens wat die trokkie gehad het die lui-geit veroorsaak het. My Jeep Cherokee 2.8l klompie jare terug 2de hands gekoop, was 'n grootmens tannie van Nylstroom s'n en was die Jeep nie lui nie. Om die proses effe aan te help op die ou einde by Jeep die ratkas laat reset vlgs oorspronklike specs...gevoel soos 'n ander voertuig....maar toe bestuur ekke ook soos 'n grootmens en na 'n rukkie was die lui-geit terug...soos Ouboet van Orkney dit gestel het...ok maar lekker stupid!

0
Worcester

Wildehont

Wed, 12/06/2024 - 09:57

Wat is die voordeel van die leerproses? As mens bv 90% van die tyd in die dorp in stadige verkeer ry (in Worcester se geval kort afstande) wat het die ratkas dan in sy kop wanneer jy die lang pad vat? Wat gaan amper twee weke in die Krugerwildtuin doen aan die aangeleerde “intelligensie”? Ek aanvaar die ander bakkie handelsmerke werk ook so? Maar hulle kan ander algoritmes gebruik. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 12/06/2024 - 10:32

Ek bestuur soos 'n tipiese ouballie - sleep teen 90 kpu en ry bloots teen 100 kpu, en dit 80 - 90 % van die kere met die voertuig op "speed control".  Maar as ek woema soek, trap ek net die lepel in en die krag is onmiddelik daar. Dalk is ek te "stupid" om agter te kom dat die Hilux se ratkas 'n geheue opgebou het t.o.v. my ouballie-bestuur wanneer ek woema benodig.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 12/06/2024 - 11:08

Ek verstaan ook nie die besigheid nie. Die Ranger het krag en wringkrag gehad voorheen (soos die dynamometer bevestig het was dit op spesifikasie). Maar dit ry definitief soos ‘n ander voertuig sedert die sagteware verander is. Dalk skakel dit net vroeër oor omdat meer wringkrag by lae revolusies beskikbaar is. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 12/06/2024 - 11:21

... laat my dink aan geleentheid toe ek op 'n stafsersant-kursus in Youngsfield (lugafweer) was. 'n Jong kapteintjie wat een van die lesings aangebied het, het gevra of ons bewus is daarvan dat infanteriste meestal baie musikaal is. Toe nie een van ons weet waarna hy presies verwys nie het hy opgevolg met: "Hulle koppe is oor die algemeen so plat soos 'n CD".

0
Irene

Grootwind

Wed, 12/06/2024 - 11:41

Gelukkig was ek 'n seiner by 81 Sein (81 Pantser Brig), ons was definitief NIE musikaal nie! Sal later as ek tyd het iets rondom sg. "slim" ratkaste deel. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus