Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert... Umfula Wessel Strydom -4 minutes ago
Beelde Umfula Johann L -24 minutes ago
Dupliseer Umfula Johann L -30 minutes ago
Thumbs 👍 Forum Herstel en terugvoering Geert -59 minutes ago
Die Thumbs-Up behoort nou… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago

Namibie Toer skof af 20ste !!!!!

Durbanville
Submitted by Jeanne Jones on
Forums

Hallo almal. Ons 2 baie opgewonde. Dinsdag ry ons 2 voertuie op so amper 5000km toer. Van Durbanville tot Springbok. Dan Alexanderbaai, Rosh Pinah, Aus, Luderitz, Kolmanskop, Kgalagadi om net n paar te noem. Mens besef al hoe meer mens moet meer wegkom en plekke sien as om by huis te werskaf. Ons het 2019 ook so naastenby 5000km Vrystaat en Durban toe gedoen. Volgens my notas was my brandstof toe R6500, dis nou meer as dubbel. Praat weer. Mooi bly

Worcester

Wildehont

Sun, 18/08/2024 - 16:32

 Namibië is darem maar ‘n mooi plek. Julle moet veilig reis en dit baie geniet. Die brandstof in Namibië is darem bietjie goedkoper as hier. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 18/08/2024 - 16:48

....probeer kontak hou en fotos plaas, soos sein toelaat.

Het jou koelkas se 12V reggekom???

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 18/08/2024 - 16:55

Nou hoe het ek die idee gekry julle bly in die Oos Transvaal? 

Die roete. Springbok na Alexander baaie, dan Rosh Pinah. Waar gaan julle oor die grens.

Skuus, ek het ń ander naam in my kop gehad. Julle bly in die Kaap.

0
Durbanville

Jeanne Jones

Sun, 18/08/2024 - 19:38

Wessel, dankie vir vra. Ek het motorhome by n karavaan plek gehad , hulle het verwys na n man wat werk op 12volt/220 volt ys vrieskas. Die klein 80 liter. Die man het niks getoets nie, net so gekyk en gese die 12volt power supply het gegaan. Yskas uithaal, power supply vervang, kas terug sit R6000. Ek los toe maar. Wys jou net, praat met kamp mense en kry regte info. N man ook met motorhome se NEEEEEE, die klein yskassie maak jy eers yskoud op 220volt. Sit dan krag af en yskas sal self oorskakel na 12 volt. DIT WERK. Ek spaar R6000. En weet nou hoe dit werk. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 18/08/2024 - 20:23

Die maand vlieg so vinnig dat jou datum my onkant betrap het. Ek hoop dat julle 'n onvergeetlike lekker vakansie sal hê en sonder teëspoed terugkeer. Maar intussen hoop ek (ons) om eers baaaie terugvoer van jou te kry oor hoe julle reis verloop. As tuisblyers (tans) toer ons graag saamlaugh

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/08/2024 - 06:52

Slaan my met pap vis, ek kan dit kwalik glo. 

Wil jy vir my sê dat solank as wat die kas reeds koud is bly die 12V werk en aanskakel. Ek is bly vir jou part, dis alweer R6000 vir diesel en paar lekker koues langs die pad.

Veilig ry/sleep en gooi ons toe met stories en fotos.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus