Ek begin hierdie gesprekslyn namens Maurits. Hy't intussen vir my foto's gestuur en gevra dat ek dit namens hom plaas. Hy sal self kommentaar op die foto's lewer.


Maurits...
....moet jy dit nou invryf. Glo dit as jy wil, ek verlang soms na my 2.7 Hilux.
Ek hoop nie daai 1ste foto is jou staanplek nie.
Ai, Maurits...
dit lyk nou na pure vakansie!!! Sou graag vanaand in julle skoene wou staan. Ons het vir jare in Riversdal gewoon en baie goeie vriende daar agtergelaat.
Geniet elke oomblik.
Maurits - De Rust








Dit lyk nogals netjies. Maurits moet self kommentaar lewer.
Maurits De Rust
Hierdie is dit soos in die kampterrein van De Rust lyk. Pragtig. R340 per nag. Hier is taamlik beweging in die Dorpie. Heelwat besoekers
Julle moet dit geniet
Môre is Nieu-Bethesda toe as ek reg onthou.
Watter pad het jy tot Oudtshoorn gery? Vanaf Via Garciaspas, Robinsonpas of Outeniquapas?
Naam van de Rust se oord???
Naand Maurits
Sê tog die volle naam van die kampterrein in de Rust. Is dit in die dorp of net buite, dit lyk wraggies baie netjies.
Ek sien wel jy noem dis in die dorpie. Ek kan my amper nie indink dat daar so 'n plat stukkie grond in die dorp is , soos die fotos toon nie.
Ek het familie wat daar gebly het, hoog bo op die 1ste koppie links, soos mens uit Meiringspoort se rigting kom.
Maurits De Rust
Die oord in De Rust is in die dorp regoor die eetplek Herrie. Mense Dibiki se kampplek is 5 ster. Kampfooie met eie ablusie in skoolvakansie R370 per nag. Chris ek het Mosselbaai, Blanco, Oudtshoorn en toe De Rust gery. Wessel hier is nie n spesifieke naam nie. Dit is op roete 62.
Maurits De Rust
Wessel ek het die vlg. gekontak: info@housemartinsa.co.za
Maurits...
....dankie vir die info.
Nadat julle in de Rust en Dibiki gestaan het, kan Nieu Betesda dalk effe afsteek.
Die laaste stuk teerpad is baie steil afdraende tot onder in die dorpie, dan 'n grond padverlegging, maar nie sodanig dat jy hoef te bekommer nie.
Maurits Suid rn Oos Kaap toer
Chris eerstens dink ek jou cholestor telling is baie goed. As jy nie opgehou rooi wyn drink nie, sou dit beslis n minus telling gewys het. Ek sal more so n foto of twee van Nieu Bethesda stuur. Die kamp is.lekker vol en alles is puik
Maurits...
....jy moet tog presies noem in watter kampplek julle staan. Ek het nou gou op internet geloer, en dalk het ek die kat aan die stert beet met die ene wat ek aan dink.
Nieu-Bethesda
Maurits, tans op pad Bergkwaggapark toe, het vanoggend onderstaande foto's gestuur vir plasing op hierdie gesprekslyn. Hy sal self kommentaar lewer. Ek herken Helen Martins se "camel yard" op die een foto. Ons het self jare gelede haar spookhuis, ek bedoel Uilhuis, besoek. Dit was egter nie ons "cup-of-tea" nie - komende van iemand wat geensins 'n kunssinnige streep in hom het nie. Nietemin het ek Nieu-Bethesda 'n mooi ou dorpie gevind.
















Maurits...
...dankie vir fotos en kamppeerplek info. Sal wil hoor wat jou kommentaar oor kampplek is.
Ek hoop rerig julle geniet Bergkwagga ook.
Nieu Bethesda
Net toe ek by die hek van die park stop wys die dametjie dat my karavaan se linker agterwiel half pap is. Hulle stuur nou iemand van binne om te kom help. Wessel ek het vir jou n foto bygesit van De Rust se bespreking. Die kampplek in Nieu Bethesda was redelik vol. Die ablusie is baie netjies. Hulle sit elke oggend n hele paar skoon opgerolde groot handdoeke in die badkamer. Wessel die pad is soos jy genoem het slegs omtrent 2 km goeie grond en die res teer. Die dorpie is wat ons verwag het maar ek eou dit graag besoek. Nou voel ek tevrede Pragtige kerkie
Maurits...
...dankie, ek is seker 'n klomp forum vriende gaan ook al die info in toekoms kom opsoek om te benut.
Waar papwiel gekry, voor hek by Bergkwagga of in Nieu Betesda??
Maurits toer suid en oos - kasp
Wessel toe ek stop by die hek 12 km van die hoofkamp sien ons dat die wiel hslfpap is. Sanparke het toe iemand uitgestuur en my wiel reggemaak rn op my staanplek kom aflewer. Slegs R100. Die padstal oppi- vlak is tussen Willomore en Aberdeen. Baie lekker melktert maar alles binne is teen padstal prys Chris ek stem saam die uilhuis het my regtig nir opgewonde gemaak nie. Ek wou net graah Nieu Bethesda dien omdat ek hou daarvan om dorpies van die teerpad af besigtig
Maurits
Ek is sommer nuuskierig. Wat's die toestand van die gruispad-gedeelte na die park se kamp?
Toe ons 'n paar jaar gelede net vir een aand met die wa daar oorgebly het, het die gruispad-gedeelte amper soos 'n teerpad gery. Maar verlede Mei was ek dankbaar dat ek nie karavaan gesleep het toe ons vir 3 aande in 'n chalet oorgebly het nie. Die pad was haglik - nog te meer toe ons die dag vertrek het. Dit het toe gereën en dit was een groot moddergemors.
Sanpark hulp
Die man is rerig baie behulpsaam. Met ons besoek daar het buurman ook papwiel gehad en die ou het wiel by staanplek kom afhaal, gaan regmaak en teruggebring.
Sjoe, dis soos gister wat ons daar was. Hulle het met ons besoek 'n snuffelhond daar gehad by die hek, wat my pistool uitgeruik het. Gelukkig het ek dit toe reeds verklaar.
Ek sien uit om te hoor wat julle van Bergkwagga dink.







Maurits se Suid en Oos Kaap toer
Die twee fotos wat Chris vir my geplaas het wil ek eers verduidelik. My kombinasie bestaan uit n 2006 Toyota 2.7 VVTI wat ek nuut gekry drstyds en n Gypsey 2010. Die Toyota word slegs vir sleep gebruik en het nou 160000 km op. Hy sal maar saam met my end uit gaan. Die 2de foto is vanoggend by Bufffelsjag by n padstal geneem. Kyk net hoe lekker het dit gereen vanoggend. Ek skuld Chris n stukkie Elim wors