Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stil stem lokaal November 2026 Geert -1 hour ago
Ons " plattelandse"… November 2026 neef Herman -1 hour ago
Ek stem saam .... November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Dit het my en ... November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
so gevoel by stembus November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Narsis - raai van wie praat ek? November 2026 Len Loader -2 hours ago

Tuiniers

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagse mense,

Neef het n groot passie vir tuinmaak, skuus maar nie rose en tjienkerienktjies nie, nee dis koolkoppe, aartappels en spenasie, vir oorlewing. En dan so bietjie van die "heirloom" kultivars, tamaties, bone, etc,etc vir interesantheid. Natuurlik is dit organies en probeer so gesond as moontlik groei.

Is daar nog Omies hier wat n tydjie in die groentetuin spandeer, sal graag wil saam gesels.

Sit n foto hier van my kweekhuisie in groentetuin.Kweekhuis

Winter gepeuter 

Kweekhuisie

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 11/10/2024 - 15:00

So paar jaar gelede vertel Dave Pepler van in sy jong dae toe die nag se piepiepotjies in ń slopemmer gegooi is en van daar na die sitrusbome. Die het glo uitstekend gedra.

Nou met die wat my urine ook netjies in sakkies oogevang word,  besluit ek verlede jaar om dit om die Lemmetjie boompies leeg te maak. Wel die bome het geweldig goed gedra, seker 10keer of nog meer as die vorige jare.

Nou die wat dink ek is gross, lees nie verder nie. Die winter se tamaties word in houers geplant, in die kweekhuisie. Ek maak 4 steggies van dirselfde plant, elkeen in eie houer met presies dieselfde potgrond. Een plant kry van my persoonlike organiese stikstof as byvoeding. Die normale bemesting dieselfde vir al 4 plante bly dieselfde.

Die plant het " organiese" byvoeding gekry. Die blare is baie groot en sterk gevorm. Vrugte wat reeds goed geswel het.

Org

Die plant hier onder het nie urine gekry nie. Staan reg langs mekaar, vrugte nog baie klein, plant minstens die helfte kleiner, as die kontrole plant maar beslis nie" stundted" nie.

Org 2

So ruk gelede gelees van erens in die eerste wêreld, is ń maatskappy wat urine konsentreer vir bemesting. Ek glo almal weet dat urine heeltemal steriel uit jou liggaam kom, so dit is op sigself nie ń morsige spul nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/10/2024 - 15:30

....is baie interessant.  dit noop my om te vra;

1] benodig die urine  plant enige verdere insek- en swam-doder behandeling?

2] gaan jy van jou tamatie oes saamneem KarooNP toe, vir die smoor by die wors kompetisie.

Lange jare gelede [voor 1975] het my vrugteboer familie in die Langkloof, ook met speenvakies geboer. Die hokke is elke dag skoongespuit en die afvoer is met waterkarre uitgery om die vrugte bome te bemes. Sodoende is baie water en kunsmis gespaar. Daar was ook 'n merkbare verbetering in drag en vruggrootte.   

 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 11/10/2024 - 16:36

Hele paar jaar ......................................gelede toe ek nog kompiterend gehardloop het, is daar uriene toetse met verskillende lande se atlete gedoen. 

Die Amerikaners se toetse het baie meer minerale en vitamienes bevat wat die liggaam nie kan gebruik nie en uitskei as enige ander land. So ja Herman se toetse bewys dit. Die liggaam skei uit wat hy nie gebruik nie. 

Kan net dink hoe lekker sal dit smaak want daar is beslis so 'n knertsie by Herman se groente bemesting. smiley

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 12/10/2024 - 20:56

Die urine per sakkie van ouens sonder 'n blaas, geld dit ook vir 'n ou sonder 'n dikdecrm as hy sy sakkie vir bemesting wil gebruik ? Dit gaan 'n k@kspul afgee !

Herman, ek sal maar eerder nie volgende week tamatiesmoor by jou kom leen nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 13/10/2024 - 07:13

Julle klomp ongelowige fynproewers moet bietjie oor die saak gaan oplees. Nee Len, ek sal nie ń dikderm se sakkie net so rou op die tuin gooi nie. Maar....mens kry komposterende toilette, en die se verteerde reste is ook uitstekend vir grond. Ek het een by die kamp gehad, Von het nie daarvan gehou nie. Nou is daar ń spoeltoilet.

In my jong dae is "Humac" by die rioolwerke gekoop. Al die Porra plase met groentewinkels het dit gebruik. Dit is die gedroogte solids nadat dit deur die prosesse gegaan het. Die word  steeds oa in Engeland gedoen. Solank al die slegte pathogens aangespreek is, is dit 100% veilig.

So vars mensmis is nie geskik nie, sal jou kakkemadiengies gee.laugh

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/10/2024 - 07:28

....ek het die artikel gelees. 

Van die genoemde  gebruiks toepassings is effe grillerig, maar ek stem saam, die aanwending in tuingrond is sekerlik baie meer steriel as as ander bemestingsstowwe. 

Insiggewend dat onbehandelde menslike vaste stowwe ongeskik is vir bemesting, maar geswete kraalmis, is aanvaarbaar.

Dis so jammer dat die vegan persone oor sulke fyn detail bekommerd is. Dit is nou, is groente wat met urine bemes is, aanvaarbaar vir vegan's.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 14/10/2024 - 08:19

Ek en die kinders het Saterdag in ons plaaslike botaniese tuin gaan stap. Dit het al begin warm raak so die meeste blommetjies is al af, maar Kara het my vriendelik beveel om van die wat ons gesien het af te neem. Die foto’s lê natuurlik op hulle sye hier maar dit maak seker nie regtig saak nie. Ek het nie die plantjies bemes met afgeslaande water nie. 

A

B

C

D

E

F

G

H

H

I

J

K

L

M

 

 

 

 

 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 14/10/2024 - 08:36

Mooi!!! Ek was baie jare laas in die Karoo Botaniese Tuin by Worcester en dit was ook in blomtyd - pragtig gewees.

Ons woon op die spreekwoordelike voorstoep van die Harold Porter Botaniese Tuin in Bettysbaai, maar was lanklaas daar. Altyd mooi om daar rond te loop, veral in Desember wanneer die rooi disas teen die rotshange langs die waterval blom.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 14/10/2024 - 09:25

Die blommetjies is sooo pragtig! Lekker om 'n dag te begin met soveel "mooi in die oog"laugh

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 14/10/2024 - 10:19

Jy het beslis 'n oog vir die mooi dinge in die natuur.

Chris, dankie dat jy vir jou dogtertjie geluister het.

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 30/04/2025 - 07:46

Ek sien vanoggend 'n video van 'n Len Fourie in Upington waarin hy wys hoe die vrug van 'n DeliciousMonster geëet word. Wie het dit geweet?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 30/04/2025 - 08:27

... dit het 'n piesangrige smaak. Ons s'n in die tuin dra elke jaar talle vrugte, maar dit val sommer op 'n vroeë stadium af.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus