Synde daar 'n gedagte geplaas is om 'n gesprekslyn oor braai met 'n Weber te maak, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.
Ek weet dat sommige braai-puriste reken dat braai met 'n Weber is nie braai nie. Ek het al by geleentheid die program "Kom ons Braai" op die VIA-kanaal gekyk. En daar het ek al 'n paar uitgesprokenes gehoor indien 'n deelnemer dit sou durf waag om op 'n Weber te braai. Houtvuur is in hulle oë die enigste ware manier van braai. Dan sê ek sommer in my stilligheid: "Gaan skyt man." Of daar's diegene wat hulle uitspreek teenoor die byvoeging van brikette (of houtskool) by 'n houtvuur se kole. Weereens wil ek diesielfde as hierbo in my stilligheid sê.
Die Engelsman sou sê: "There's no two ways about it" dat 'n houtvuur 'n fantastiese atmosfeer skep. En daarteen stry ek glad nie. Maar dat jy op 'n Weber net sulke lekker vleis kan braai, of selfs lekkerder, as op 'n houtvuur se kole, is nie altemit nie.
'n Weber verleen hom tot veelsydige maniere van kosmaak. Maar dit is nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor braai op 'n Weber. Ek beskik ook oor 'n gewone grootte Weber, maar ek sukkel om dié ding baas te raak om te braai. Omtrent al wanneer ek dit gebruik is wanneer ek meer as een ontbeende heel hoender moet gaarmaak. Maar laasgenoemde is op indirekte hitte. En ek gee toe dat dit nie braai is nie. Maar dat só 'n hoender lekker is as dit op 'n Weber voorberei word, is ook nie altemit nie.
Ek gee myself nie uit as 'n kenner van die gebruik van 'n Smokey Joe (die mini-Weber) nie. Maar oor 23 jaar het ek al 'n paar "tricks" geleer hoe om op hierdie apparaatjie te braai. My eerste Smokey Joe het ek bekom toe ek ingeskryf het vir 'n destydse resep-kompetisie van Coleman mosterd. Dit is 'n storie vir 'n ander dag. Die eerste prys was 'n Weber gasbraaier, maar ek het een van die troospryse gewen, nl die Smokey Joe - wat vir jare in my motorhuis op 'n rak gepak was - want ek het met hout gebraai. Meer spesifiek met rooikrans en sommige kere met Myrtle - laasgenoemde moet nie onderskat word nie. In my Grabouw-jare het ek vragte rooikrans vanaf Stanford en Gansbaai aangery - of in sommige gevalle laat aflaai.
Maar voordat ek my mede-forumiete verveel met hierdie lang inleiding - ek sal op 'n volgende inset of twee 'n bietjie meer inligting verskaf oor my ervaring met 'n Smokey Joe (wat my totaal "bekeer" het daarvan om met 'n houtvuur te braai).
Was dit, rol op en gebruik weer
Dis hoe dit werk Oom Len. Dis ‘n gladde materiaal, ek is nie seker wat nie.
Len, Die matte kan oor en…
Len,
Die matte kan oor en oor gebruik word. Kan hitte vat tot op 260º. 100% non-stick. Moet net nie oor oop vure(vlamme) gebruik nie.
Ek het vir jou Whatsapp gestuur.
Mat
Ons het ons sin al 4 jaar en gebruik hom gereeld....hy was baie maklik skoon. Ons geniet om burger patties daarop gaar te maak....hou dit lekker vogtig. My broer hulle gebruik hulle sin as hul kampeer om eiers en ontbyt daarop te maak.....lekker eiers op kampeer vuurtjie
Ek sal seker binnekort weer vir my een aanskaf. Ek weet mens kry goedkoper modelle by Westpack en sjinese winkels, maar ek was nou so gelukkig met my Verimark een dat ek maar weer so een gaan aankoop
Ons het ook so braaimat…
Ons het ook so braaimat. Geskenk gewees. Tweede keer wat ek dit op die rooster sit, heel opgewonde ook nog, kyk Von hom so aan en sê toe reguit " dan kan jy maar net so wel op die stoof in ń pan gaan braai". Het dit opgerol en nie seker waar dit is nie.
Ek weet mens kry goedkoper…
Ek weet mens kry goedkoper modelle by Westpack en sjinese winkels, maar ek was nou so gelukkig met my Verimark een dat ek maar weer so een gaan aankoop
Die Verimark produk is die beste een op die mark .
Ek het 'n vriend hier naby ons................
...........wat so gaaf was om 'n paar minute gelede twee van hierdie braaimatte gratis en verniet hier by my te kom aflewer. Miskien ken julle hom, hy gesels ook hier op die Forum.
Baie dankie HB, dis nou 'n gawe geskenk !
Len
Ek sal die laaste een wees om vir jou te lag. Saam met Daan se Weber het hy ook ?6 jaar gelede so 'n mat gekry. Hy braai net vleis oor die kole en dis waar dit eindig. So lees en leer ek dan ook met belangstelling hier, al sou dit beteken dat ek vir myself meer werk skep (veroorsaak) met die liewe matjie.
Plaas foto's wanneer jy dit gebruik het (ter inspirasie.)![]()
Lucky fish!
gaaf was om 'n paar minute gelede twee van hierdie braaimatte gratis en verniet hier by my te kom aflewer.
Jy is gelukkig! Ek vervang ook nie sommer die mat met rooster nie, maar probeer gerus n keer n vleisie of patty op die mat in Weber....yummies. Dan nie eers gepraat van lekker gemarineerde hoender vlerkies nie. Selfs gemengde groente. Maar ek het hom nog nooit gebruik op n oop vuur nie, nog net in geslote indirekte vuur op Weber
Maar ek het hom nog nooit…
Maar ek het hom nog nooit gebruik op n oop vuur nie, nog net in geslote indirekte vuur op Weber
Geert, ek het al baie myne gebruik oor kole. Steak braai net so lekker in sy eie souse. Dit is maar 'n persoonlike keuse.
Ek wonder of Len al 'n braai…
Ek wonder of Len al 'n braai met die matjie probeer het.
Nog nie Hennie.............
.................ek het nie Joey's patties op die oomblik nie en wil eers by my kinders spog met my geskenk.
Geert ...
... dit lyk my dit kan die moeite werd wees om naby jou te woon en groot pelle te word. Want lyk my daar word lekker geëet. Ek sal jou naam instuur vir Toks en Tjops - net ingeval hulle 'n plaasvervanger vir ou Vaatjie benodig (wat ook 'n Weber-kundige is).
Lyk heerlik Geert!
Ons eet ook 'n varkrol vanaand, maar in die oond gebak. Geniet dit!
Naweek afsluiting
Ek het nie vandag deur die dag geleentheid gehad om iets op die kole te skroei nie....het maar nou n espatada op klein Weber gesit om naweek op gepaste wyse af te sluit. Ek moes hom dubbel vou om op klein rooster te pas
Ek het gisteraand sogenaamde…
Ek het gisteraand sogenaamde "Chicken Vallei Kreef" (van Delico) op die Smokey Joe gemaak - watter wenner!! Vir diegene wat nie weet nie - dit is 'n hoenderborsie, gevul met 'n rolletjie ham (wat op sy beurt weer gevul is met cheddarkaas) en die hele kontrepsie is toegedraai in repies-spek. Liplekker.
Ek gaan by die huis nog my eie maak en dalk eerder fetakaas gebruik. Die cheddar smelt en neig om uit te drup.





Gebruik jy ook een? Geert…
Geert, my skoonseun was destyds by Verimark as hulle Nasionale Distribusie bestuurder en ons het daai matter @R10 stuk gekoop. Ek het nog 'n hele paar, alhoewel ek dit nie meer eintlik gebruik nie.