Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ongeleesde insette Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Chris Kgalagadi Oktober 2026 Johann L -4 hours ago
Ons het so paar jaar gelede… Umfula Johann L -4 hours ago
(Nee wat ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Johan Umfula Johann L -4 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Mollers en Oom Paul se tuin

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

So besluit ek en Berdien om die 11 Oktober tot 14 Oktober vinnig saam jongste meisiekind sk0onseun en klein kind pad te vat na oom Paul se tuin ons se al baie jare ons moet en toe doen ons dit en dit was flippen lekke hier kom n paar fotos ja vir n bewys

Secunda

Sleep nou

Fri, 25/10/2024 - 19:27

Soos genoem winkels goed gestok maar nie goedkoop nie buitelanders koop op die dag baie klere , hoede 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/10/2024 - 19:41

...watter rivier is die in boonste foto. 

Ek twyfel of ons besef hoe droog dit tans is

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 25/10/2024 - 19:43

As ek reg is is dit die olifants rivier maar ek mag verkeert wees

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sat, 26/10/2024 - 11:48

Dankie vir die deel en dit lyk asof julle dit baia geniet het.

Ons was mid Julie tot mid September in oom Paul se tuin en ons gaan Woensdag weer terug tot dat die skoole sluit. Julle sal my nie glo nie maar in daardie twee maande het ons nooit n' Luiperd gesien nie. Ons het tot n' Pangolin (naby Punda Maria) en n' Rooi Kat (naby Satara) gesien maar nie n' enkele Luiperd nie. Dit was toe all baia baia droog en dan lyk die verwoesting van die Olifante all hoe erger. Daar is definitief te veel van hulle maar die park se bestuur se hande is af gekap met die publiek wat uitskot verbied. Kenelik is die toe maak van baia van die watergate n' plan om die getalle te verminder....maar dit lyk nie asof dit werk nie. Die groot riviere het nog gevlooi maar alle klein riviere was kurk droog. 

Ons hou ook nie van die beknopte kampeering by Onder Sabie nie en het drie keer onaagenaamheid gehad by Balule. Ons verkies ook die rustigheid van die noorde. Tsendze en hoer op.

Dit bly die mees wonderlike plek op aarde. Dit is soos n' ander wereld. Ons is nie juis seeliefhebers nie.....meer bos mense.

Shaun ek is seeker die Wildtuin goga het nou gebyt.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 26/10/2024 - 11:56

Middag Paul, lyk my die Kruger is julle 2de tuiste. 

Vertel tog meer oor die Balule slegtigheid. Ek hunker dan nou juis om weer soheentoe te gaan. Die beterhelfte stem my elke keer uit, en dan gaan ons eerder Tsendze toe.

Ons was ook eerste 3 weke van Julie in Kruger, en het warm gekry. 

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sat, 26/10/2024 - 13:08

Middag Wessel, soos julle weet Balule is n' klein kampie en die staanplekke is ook meestal klein. Dan is daar gereeld groepe kampers wat verjaarsdae en herdenkings daar kom vier. Hulle will by mekaar wees en dus kamp hulle almal saam op een staanplek en dan oorvlooi hulle op die nabuurige staanplekke.....myne. En jy kan nie met hulle ridineer nie.

Waneer dit nie gebeur nie is dit n' wonderlike kamp. Ons sal seeker volgende winter weer daarheen gaan en n' staanplek kies waar niemand langs ons kan kamp nie (in n' hoek langs boome)

0
Worcester

Wildehont

Sat, 26/10/2024 - 19:46

Dis ‘n lang debat wat ek nie nou gaan begin nie. Die ekosisteem het olifante nodig. Hulle is ‘n sleutel spesie. Haal hulle uit die vergelyking uit en kyk hoeveel spesies plante en diere ly daaronder. Maar dis ‘n lang storie vir ‘n ander dag. 
 

Klink of die vergiftiging in die Noorde die olifante begin uitdun. Hopelik verskerp SANPARKE die patrollies daar en trap die vergiftigers vas. Dis erger as stroop met ‘n geweer. Ek neem aan Wessel se vriende het die dooie diere op die Mphongolo staproete gesien. Ek wou dit nog altyd gaan stap het, maar wil nie nou meer nie. Mens sou dink die gereelde beweging van staptoer groepe sou help as afskrikmiddel, maar duidelik nie. 

0
Pretoria

Geert

Sat, 26/10/2024 - 20:50

As ek so na foto kyk lyk dit baie soos een van daai nie-stand houdende rivier naby Lower Sabie. Olifants rivier loop dink ek nie sommer heeltemal droog soos op foto nie

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 27/10/2024 - 07:57

...môre, hoe hoog op in Kruger het julle getoer?? Mens ry oor die Olifantsrivier net voor die afdraai na Olifantskamp.  

Het julle elke dag van Marloth af ingery, in verskillende rigtings. Of hwt julle deur wildtuin getoer en bo by P.Borwa uitgegaan. ??

Dis nogal vêr om vir daguitstappie van Marloth tot by Olifants te ry, en dan weer terug Marloth toe.  

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 28/10/2024 - 07:14

Die rivier is toe by lower sabie geneem het gekyk na my aantekeninge en dis nie die Olifants soos ek genoem het nie , Wessel ons het by lower sabie ingegaan dan tot by satara gery ons het net op teerpad gebly agv tyd wat teen ons was en ja Paul die Wiltuin gogga het gebyd seer gebyd.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 28/10/2024 - 09:26

....jy moet oplet dat jy nie per ongeluk op jou ander gespeklyn, insette maak nie. Hierdie ene is jou nuutste, die ander ene het in identiese titel ook  2022 by.wink

Onthou dat jy die wildekaart sommer by enige Sanparke kantoor/hek kan koop. Ek koop myne sommer by die 1ste Sanparke oord waar ek inboek.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus