Hier is 'n erge veld brand seker so 2 km vanaf ons huis. Net so anderkant die Kuilsrivier Gholfbaan. Die rook is nogal intens. Geniet julle laaste maand van 2024.
Manyane by Mafikeng
Chris S is korrek, dit is NIE Pilansberg-Manyane nie. Manyane en oorde in Pilansberg is eiendom van Golden Leopard Resorts.
Manyane game reserve by Mahikeng behoort aan NoordWes provinsie. Dit klink of geld daar verdwyn in bodemlose put. Bedrae van MR47 word genoem, en weinig kan gewys word daarvoor.
Drie weke
Dan is dit Kersfees. Goeie genugtig. Die raad van ons munisipaliteit keur waarskynlik vandag ons nuwe organogram goed. As dit gebeur, word my pos met ingang van 1 Januarie af na ‘n bietjie meer as tien jaar hier afgeskaf. Ek word darem nie oorbodig verklaar nie, maar moet geplaas word in ‘n ander posisisie op dieselfde vlak. Ons kyk maar wat gebeur in 2025.
Chris S....
...sterkte mater, sulke poste strukture skommeling is nooit lekker nie.
Die woorde "moet geplaas woord" is kommerwekkend. Ek hoop weliswaar dat die verskuiwing vir jou aanvaarbaar en voorspoedig sal wees. So hoop ek ook dat jou plasing in 'n ander groep, vir jou mede-ondergeskikte kollegas daar, aanvaarbaar sal wees.
Onkruid in plaveisel
Ek is betrokke by n kompleks se onderhoud. Ons moet ook die onkruid tussen plaveisel beheer. Dit begin nou erg groei en die Round Up wat ons gebruik raak baie duur. Weet iemand van n goedkoper oplossing om onkruid tussen plaveisel stene onder beheer te bring?
Wildehont
"Ek word darem nie oorbodig verklaar nie, maar moet geplaas word in ‘n ander posisisie op dieselfde vlak."
Sterkte met die skommeling. Ek was self al deur n paar. Dit is nie lekker nie. Veral so voor vakansie tyd. Ek sal verslag doen vir jou oor ONRUS se sekuriteit.
Rustig op Onrus
My Fleetline staan en waggel van opgewondenheid.
Volgende Vrydag vertrek ons na Onrus vir die see vakansie. Min dae.
Mooi wense vir julle die week.
Goeie hout...
....daai gewaggel is nie goed nie. Draai die hoekstutte uit, want soos mens begin pak in die wa, raak dit erger.![]()
Ek hoop julle gaan lekker weer in Onrus hê. Kurkdroog met temperature so onder 26C maks.
Hoe langs sleep jy, R300, dan N2 tot by Botrivier, of sleep jy M23 via Stellenbosch, Strand,N2.
Vandag die wandelpaadjie tot…
Vandag die wandelpaadjie tot by waterval bietjie oopgemaak vir die kuiergaste. Darem maar pragtig vir hier in die dorre wêreld.

Giepie het so bietjie afgekoel.

Die waterval, Neef Herman
Dit lyk sooo pragtig daar. Indien dit my plaas was sou die wandelpaadjie nooit kans gekry het om toe te groei nie. Stapafstand van julle huis? En is dit 'n standhoudende stroom uit fonteine?
Brits Wessel Strydom
Hallo Wessel. Bitter baie goeie vraag. Ek het altyd Goodwood, N7, N2 en dan verby Strand en dan Grabouw gesleep.
MAAAR, julle sal nie glo, Die N7 vanaf Goodwood na N2 is daar by Epping Industria n groeterige brug. Die brug het gedaal se 30cm. (die Boonste gedeelte) Met my Izuzu kon ek daar oor kom en jy voelk die verskil. Maar die mense (munisipalteit) behandel net die simptoom en en nie probleem. BAIE SCAREY.
Nou sleep ek vanaf N1 stad, N1, R300 en dan N2.
Maar ons ry 6 uur so ek mis die meeste verker op die 14de.
Groete.
Neef Herman
Daardie wateral laat my dink aan die waterval in Meiringspoort.
Neef Herman
Wens ek het nader aan jou gebly. My Dometic het bietjie probleme gegee. Groot mpy in Kaap vra R 1500 om net jou Dometic oop te maak.
N ou omie in Bellville gekry wat Dometic regmaak en billik is met pryse.
Dankie vir daardie foto van waterval.
Goeie hout...
...jislaaik, rerig 30cm gesak, dis omtrent 'n outydse voet.
Vermy jy die brug ongeag of jy sleep of nie, OF is dit net omdat die woonwa kan hak waar die pad sak en dan weer styg.??
Môre maters. Die waterval…
Môre maters.
Die waterval is seker so 1km vanaf my plaasdam wat deur die srandhoudende stroompie gevoed word. Rona, die paadjie groei maar toe, ek maak dit net bietjie oop sodat die " poppe" kan sien waar die pofadders lê. Poppe is die kleindogters. Die skoonkaak is deel van Ouma se instruksies vir my elke Desember.
Rona, ek stap gereeld soontoe, laat Giepie voor loop om die paadjie te check vir my. Aan die bokant van die waterval is ń bak- krans wat deur die ou volkies as ń werkswinkel gebruik was om klei potte te bak. Effens van ń klim. Die " midden" of seker "ashoop" is meters hoog voor die skuiling, en ek kan ure daar deurbring. Die bobbejane gebruik somtyds die skuiling om in te slaap, en krap interessante potskerfies etc oop. My beste fonds is ń baie klein pylpuntjie van helder kwarts. Justin, prof argeoloog het in sy PhD die hergebruik daarvan bespreek. Microlithics is die term.
Nou ja dat ek eers hier stop, moet nog paar dinge gedoen kry vandag. Groete.
Strandfontein se 3 blokke
Ek het 'n lang inset, met vrae en inligting geplaas, maar die word toe geplaas onder "Onlangse resensies"
Gaan kyk asb/gerus daar, en lewer kommentaar as julle iets meer weet van die 3 dele se uitleg.
Ek wil daar gaan oorbly volgende jaar.





Manyane brand alweer
Ek het na die video wat Geert geplaas het, gekyk en dis lekker deurmekaar. Ek kan nie lekker agterkom presies watter geboue gebrand het nie.
Dit kan dalk die eerste lot geboue wees, net soos mens daar aankom, op linkerkant. Dit is waar die toeriste trokkies vanaf vertrek op wildritte. Of, nadat mens regs gedraai het vir Manyane kampeerterrein, daar was Maart'24 nog grasdak geboue met kantore en klein konferensie lokaal.
Dit klink darem nie of daar nog chalets en ablusieblokke afgebrand het nie.