Hier is 'n erge veld brand seker so 2 km vanaf ons huis. Net so anderkant die Kuilsrivier Gholfbaan. Die rook is nogal intens. Geniet julle laaste maand van 2024.
C Thru. Maak dat jy…
C Thru. Maak dat jy omtrent nie jou ruitveërs gwbruik nie.
My broer hulle het dit ook op die resiesmotors se windskerms gebruik. Help baie.
Stanford kuier
Ons Stanford kuier komende Februarie begin rigting kry. Vanmiddag die gastehuis bespreek daar, B's cottage. Dit lyk na gawe plek met lekker onderdak braai. So lekker van klein dorp atmosfeer, dit klink of gastehuis eienaar my dogter se skoonouers ken.
Nou moet ek nog net die vliegtuig bespreek en die vervoer daaronder. Gssn sommer môre deurry Lanseria toe, om dit in persoon te doen. Dit werk net makliker vir my wat PC gestrem is.
Wessel ...
... herinner my weer - wat is jou datums in Stanford?
Hartenbos fees…
Hartenbos fees................................................is waar ons nou is.
Bok van Blerk, Elandre, Refentse en Zoë tree op. Lekker weer en atmosfeer. 
Stanford datums
Chris B, die bespreekte datums is as volg
aankoms: 10 Feb
vertrek: 14 Feb
Ons is skoon buite ons vaarwater, nie gewoond aan so manier van wegbreek en oorbly nie. Daar sal winkels, drankwinkels en slagters besoek moet word, want die Kavango is mos nie baby nie![]()
Jan
By die tyd dat jy weer hier lees is julle fees (of die aand) waarskynlik verby. Ek voel sommer die vrolike atmosfeer en glo die kunstenaars gaan nie teleurstel nie -lekkerrr!
Wonder net of julle vanaand nog huis toe gaan ry of eerder oorslaap? Hartenbos en Sedgefield is na aan mekaar, maar in die nag wil ek nie meer die +/- 70 km ry nie.
Neef Herman
Ek wens die foto was groter
. Dit lyk nietemin asof daar 'n heerlike kuier uitgepak word. So wonder ek ook of julle al die slingerpaadjie na die waterval aangepak het en lekker in die yskoue poele kon swem - sekerlik is dit warm genoeg in Oudtshoorn?
Nabetragting
Terwyl ander nog lekker saam met familie en vriende kuier, is ons nou weer stoksiel-alleen. Die kinders was hier vir 'n paar dae en ook my sus en swaer vir Kersfees. Die klompie het gister vroeg vertrek en skielik is dit te stil en die huis te groot.
Dit was die naaste wat ons aan 'n white Christmas sou kom. Nie gesneeu nie, maar ons was vir die ganse dag in digte, digte mis. Almal het truie of baadjies oor die vrolike klere aangehad. Dit was ietwat ongewoon vir 'n klomp gebore bosvelders. Binne was dit darem knus en gesellig. Die tema vir ons tafels was 'n dennewoud.
As alles volgens plan verloop, was dit ons laaste Kersfees aan huis (van ons eie). Ek hoop om volgende jaar (indien gesondheid hou) erens ver van hier te wees terwyl ons permanent kamp met my bussie - 'n droom wat al nader kom.....![]()
Rona, ja, die pool by die…
Rona, ja, die pool by die waterval is baie popular. Die water is ýśkoud. Kry omtrent ń " brain freeze".
Vandag is ons terug by die huis, môre gaan die een klomp see toe, en dan het ons net die dogter van Ingiland tot die 4de.
Die foto van kleindogters in die swemgat. Oupa en Giep het ook lekker ge- ghoef.

Vlieg of woonwa af Kaap toe???
So effens van 'n verrassing gekry vanoggend, mbt verskuilde kostes.
Byvoorbeeld, ge- adverteerde vliegtuig kaartjie koste sluit nie lughawe fooie en belasting in nie. Onderdak parkering het duur geword, ongeveer R800 vir 5 dae.
Gastehuis koste is duur invergelyking met kampering.
Dit wil voorkom of ek tog goedkoper met woonwa kon gereis het, teenoor vlieg en 4 aande in gastehuis. Dit is natuurlik as reiskoste net volgens dieselkoste bereken word, en nie teen AA-tariewe nie.
Troos my daaraan dat ek ten minste 6 dae in somerson op die pad gespaar is.
Indien daar weer so iets opduik, sal ek moontlik die woonwa opsie uitoefen, in die winter.![]()
Ons kuier lekker gesellig. …
Ons kuier lekker gesellig.
Geniet dit Herman en familie.
SANPARKE webblad
Ek sien vanoggend dat hulle alweer hulle webblad en navigasie verander het.
Ek sukkel net meer en meer om my pad daar te vind. Ek het toe maar 'n klagte daaromtrent aan hulle per epos gerig. Sal maar sien wat dit gaan oplewer.
Vlieg kostes
Byvoorbeeld, ge- adverteerde vliegtuig kaartjie koste sluit nie lughawe fooie en belasting in nie. Onderdak parkering het duur geword, ongeveer R800 vir 5 dae.
Via wie bespreek jy? As ek op via websites soos Flysafair of Lift gaan het ek nog nooit ekstra verskuilde kostes betaal as wat hulle wys nie. Mens sien finale totaal by betaling en NIKS word bygelas nadie tyd as verskuilde kostes nie. Rakende parkeer op OR Tsmbo....google vir verskeie opsies. Ons het Maart afgevlieg en kar 5x dae op OR Tambo se parkeer garage gelos vir R275
Kavango ongeluk
Sjoe, ek hoop om nooit my Kavango so te sien nie.!!!! Ek sal graag wil weet wat daar verkeerd gegaan het, dit lyk dan na so 'n netjiese pad met tot geteerde skouer.
Sal daardie Ranger[?] die sleepvoertuig gewees het. Los van die hak af. In oorlede Arie se geval het die wa omgeslaan en sy bakkie het gehak op sy wiele gebly.
Ek gaan sit sommer môre nuwe bande op my Kavango.
Geert...
....hopenlik hoef ek nooit van OR Tambo gebruik te maak nie. Lanseria is gerieflik veilig naby Brits. die parkeerfooi is vir die redelik nuwe parkeer garage. Stap droog van voertuig tot by vertreksaal.
Ek was/is sommer net bemoerak met onbevoegdheid. Ons het soheentoe gery om besprekings te maak, ek verkies om met 'n persoon te skakel, ipv 'n webblad. Wraggies is hulle te sleg om vir drukker ink te sit, dus kon hulle nie gegewens druk nie.
Wil 'n kar bespreek, weet hulle nie hoe nie. Gaan toe maar Budget toe, en bespreek daar ene. Klink vir my of die kanse goed is om NIE te kry wat mens bespreek nie. Kry wel ene in die groep karre waaruit jy gekies het.
Kom by die betaalpunt om vir parkeergarage te betaal. Gelukkig keer 'n dametjie my. Die masjien vat nie kontant nie, mens moet by kantoortjie gaan betaal. Dit verkies ek, maar magtig, plak net 'n papier met maskeerband op die masjien wat so sê. Ek kan sulke vrot onbevoegdheid nie hanteer nie.







Galjoen
My maat op Gansbaai is net so laf vir ń Galjoen.
Sny hom ook so van die verkeerde kant af deur, kop inkluis. Moet erken, wil liefs nie vra hoekom mens hier van die rugkant af by die ingewande wil uitkom nie. Klink my dit is ń gebruik wat van die middeleeue of kom.
My maat skep tot die ogie uit om aan te suig. " lekker vetterig" sê hy. En die vel!!! Die is so dik soos ń stuk gumboot.
Geniet dit Chris, sal nie omgee vir so stukkie, let wel, net vleis nie. Regtig lekker.