Forums
Is hier op die forum 'n manier om 'n sekere onderwerp vinnig op te spoor? As ek bv. wil kyk of hier reeds 'n draad oor 'n spesifieke onderwerp bestaan, hoe gemaak sonder om alle onderwerpe deur te blaai (wat baaaie lank gaan neem)?
Dankie Wessel
Die woorde Soek>Search is vir my onduidelik op die "fade" van groen na grys, maar as ek my oë oopgemaak het kon ek dalk net die vergrootglas raakgesien het. Luigeit - makliker om te vra![]()





Rona...
môre, ek gebruik die soek enjin. Op die tuisblad, links bo, onder die landskaartjie in vlagkleure.
Dit help gewoonlik om 'n onderwerp of term te vind. Soms kry mens 'n hele string insette, veral van 'n trefwoord oot interessante onderwerp. Indien jou onderwerp uit 'n sinsnede bestaan, kan dit die dekking nog groter maak.
Hoop dit kan help