Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Fout begaan Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 minutes ago
Sal een-een plaas Umfula Rona du Plessis -27 minutes ago
Die terrein.... Umfula Rona du Plessis -31 minutes ago
Kampeerterrein Umfula Rona du Plessis -33 minutes ago
Rock View Lodge Nelspruit Umfula Rona du Plessis -1 hour ago
Rock view lodge ??? Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago

Eerste Desember kamp

Lyttelton
Submitted by Trev on
Forums

Ons het so klompie jaar gelede ‘n 2007 Jurgens Exclusive gekoop - een van SWAMBO se voorwaardes was dat ons gedurende die jaar kan kamp, MAAR glad nie in Desember nie.  

Alhoewel ons die karavaan al ‘n hele paar jaar besit, het ons maar min gekamp.

So tot dusver was die bietjie kampering wat ons gedoen het gedurende die jaar, behalwe Desember 2024 - wat nou is.  

Omdat ons gereeld gedurende die jaar in George was vir besigheid en ook weer begin Februarie in Kaapstad en George moet wees, het SWAMBO voorgestel dat ons in Pretoria moet bly vir Desember met die moontlikheid van kamp.  Dit het die deur oopgemaak en ek het onmiddelik begin om vir haar moontlike kampplekke gewys.  Ons het toe op Bass Lake Lodge besluit weens die volgende redes: 1) Die positiewe resensies op CaravanParks, Kampforum en Google; 2) die min (34) staanplekke (met die hoop om ChrisB se voorbeeld van soveel as moontlik “niksdoen” te doen); 3) daar is ‘n restaurant op die perseel as ons meer van die niksdoen ding wil doen; en 4) my rede - ek het vir haar ‘n pampering sessie by Bass Lake se spa vir haar verjaarsdag gereel as ‘n verrassing vir haar

Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/01/2025 - 15:31

...dankie vir al die gesels en fotos. 

Geluk met beterhelfte se verjaardag, hoop sy het net voorspoedige nuwe lewensjaar.

Ek hoo die kampeer gogga het goed gebyt, sodat julle meer gereeld die spogwa sal gebruik.

0
Lyttelton

Trev

Tue, 07/01/2025 - 15:37

Baie dankie Wessel, ek dra jou gelukwense oor aan beterhelfte.  

Ja, gogga het gebyt - ons het reeds 'n bespreking vir einde van Februarie 2025 by Dinokeng Resort en dan vir so ongeveer 10 dae in die Kruger wildtuin in Junie 2025.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/01/2025 - 15:40

....plaas jou wildtuin datums by ons ander op gesprek;

Kruger in 2025

0
Lyttelton

Trev

Tue, 07/01/2025 - 15:43

Hi Wessel, my Kruger datums is reeds op "Kruger in 2025"  - ek dink dit is "post 3" daar.

 

Trev datums

Malelane - 8 tot 9 Junie

Skukuza - 9 tot 13 Junie

Letaba - 13 tot 16 Junie 

Berg-en-dal - 16 tot 18 Junie

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/01/2025 - 16:24

...ekskuus man jy is reg. Het my so vererg vanmiddag vir Toyota, my kop is nog steeds skeef uitgehak. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus