Ons het so klompie jaar gelede ‘n 2007 Jurgens Exclusive gekoop - een van SWAMBO se voorwaardes was dat ons gedurende die jaar kan kamp, MAAR glad nie in Desember nie.
Alhoewel ons die karavaan al ‘n hele paar jaar besit, het ons maar min gekamp.
So tot dusver was die bietjie kampering wat ons gedoen het gedurende die jaar, behalwe Desember 2024 - wat nou is.
Omdat ons gereeld gedurende die jaar in George was vir besigheid en ook weer begin Februarie in Kaapstad en George moet wees, het SWAMBO voorgestel dat ons in Pretoria moet bly vir Desember met die moontlikheid van kamp. Dit het die deur oopgemaak en ek het onmiddelik begin om vir haar moontlike kampplekke gewys. Ons het toe op Bass Lake Lodge besluit weens die volgende redes: 1) Die positiewe resensies op CaravanParks, Kampforum en Google; 2) die min (34) staanplekke (met die hoop om ChrisB se voorbeeld van soveel as moontlik “niksdoen” te doen); 3) daar is ‘n restaurant op die perseel as ons meer van die niksdoen ding wil doen; en 4) my rede - ek het vir haar ‘n pampering sessie by Bass Lake se spa vir haar verjaarsdag gereel as ‘n verrassing vir haar
Gebruik van spogwa
Baie dankie Wessel, ek dra jou gelukwense oor aan beterhelfte.
Ja, gogga het gebyt - ons het reeds 'n bespreking vir einde van Februarie 2025 by Dinokeng Resort en dan vir so ongeveer 10 dae in die Kruger wildtuin in Junie 2025.
Kruger datums
Hi Wessel, my Kruger datums is reeds op "Kruger in 2025" - ek dink dit is "post 3" daar.
Trev datums
Malelane - 8 tot 9 Junie
Skukuza - 9 tot 13 Junie
Letaba - 13 tot 16 Junie
Berg-en-dal - 16 tot 18 Junie





Trev...
...dankie vir al die gesels en fotos.
Geluk met beterhelfte se verjaardag, hoop sy het net voorspoedige nuwe lewensjaar.
Ek hoo die kampeer gogga het goed gebyt, sodat julle meer gereeld die spogwa sal gebruik.