Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -6 minutes ago
Wessel November 2026 Geert -6 minutes ago
Hoedspruit November 2026 Geert -10 minutes ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -10 minutes ago
Hoedspruit lughawe??? November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

Goeie Hout in die KrugerNP 2025

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Op versoek/skimp van Goeie Hout het ek vir hulle die gesprek begin. 

Ek sien uit na wat alles hier geplaas en gedeel gaan word. 

Ek sal wag tot ek hom ontmoet in Satara om die "oom" titel wat hy so ydelik voor my naam inspan, met hom op te klaar. laugh 

Kaap

Goeie Hout

Fri, 07/03/2025 - 22:18

baie dankie.

Dit is hartseer dat ons nie meer langs pad kan kuier.

Groete.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/03/2025 - 06:35

oppad is net vir wets ongehoorsame menselaugh

Goeie hout, ek sal graag jou indrukke van Kruger wil hoor, nadat julle na soveel jare weer daar was.

Onthou tog van Tshokwane piekniekplek, die lekkerste etes wat mens daar kry. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 10/03/2025 - 07:15

Met ons eerste dag se rit tydens die afgelope Hentiestrip het ons padkos ingepak en lekker rustig by 'n "piekniekplek" tussen Vanrhynsdorp en Nuwerus ons ontbyt genuttig. Maar wanneer ons (dis nou ek en die government) deesdae die pad met die Ou Lady aangehaak vat, eet ons by 'n paar plekke wat nou-al deel van ons tradisie is. Op die N1 eet ons gewoonlik ontbyt by Veldskoen Padstal in die Hexvallei, drink koffie by Laingsburg se Wimpy, stop by Rietfontein Padstal naby Leeu-Gamka vir droëwors - en dan is die pad lekker opgebreek in doenbare skofte tot Karoo Nas Park. Dag 2 se ontbyt is by Travalia Padstal by Drie Susters en koffie word gedrink by Karoo Padstal noord van Richmond. Vir die volgende dae is Wimpy brekkies aan die orde van die dag. Ons geniet ons aansit-etes.

Deesdae verkies ek om N2-langs tot George te ry en oor die berg via Oudtshoorn en Meiringspoort tot by Karoo Nas Park. Ontbyt is by Ou Meul Bakkery in Riviersonderend en koffie by Heidelberg Wimpy. Ons slaap oor in die Mosselbaai/Hartenbos-omgewing en die volgende dag brunch ons by 'n oulike plekkie soos wat jy De Rust uitry na Meiringspoort toe.

Rustigheid en lekker eet bly maar vir ons deel van die vakansie. Oor 4 weke is ek (DV) eers rustig vir 10 aande in Hartenbos op pad wildtuin toe.

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 12/03/2025 - 20:38

Dankie Chris.  Ek gaan die padstalle probeer.

Ek is n "sucker" vir n lekker brekkie.

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 12/03/2025 - 20:43

Dankie Wessel.

Ek gaan elek piekiniek uit try.

Ek het vir my en navigator n lekker "Cadac Safari" gadget gekry.  Vir 2 mense werk hy lekker.

Gedog ek kon dit copy en paste.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 15/03/2025 - 14:32

Maart/April is vir my nog altyd wonderlike maande want dit is dan om die draai van Wildtuin-tyd in Meimaand.  Heerlike voorbereiding en inpak dinge wat sommer deel van die vakansie is.  Ek raak saam met julle ouens se voorbereiding/uitsien stories opgewonde en ek wil sommer 'n traentjie pik want ek dink die skrif is vir ons twee aan die muur  -  my ou kampmaatjie lê al vandag haar 53ste dag in die hospitaal waarvan 34 dae in ICU.  Gevolglik sal ons ons lewensstyl by hierdie omstandighede moet aanpas en ek dink ons kampdae is verby.  Ons sal geen haastige besluite neem nie, maar ons is nou by 'n punt wat talle kampeerders voor ons al bereik het.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 15/03/2025 - 15:15

... my hart gaan uit na julle - wetende dat julle sulke groot wildtuin-entoesiaste is. Dit is nie lekker om te moet hoor dat ek jou moontlik nie weer gaan raakkamp nie. Sterkte vir jou en Annatjie.

Ek het 'n potjie groenvye (wat ek koester) wat Annatjie nog met ons laaste saamkamp in Karoo Nas Park gegee het. Ek het vir Ralie gesê dat dit saamgaan wildtuin toe en dat elke happie my aan julle sal herinner.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 15/03/2025 - 15:33

Len dit is                                                      iets wat ons almal gaan oorkom. Baie jammer dat die besluit vir julle geneem kan word. 

Sterkte vir julle en hoop op spoedige herstel vit Annetjie. 

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 16/03/2025 - 20:55

Ai dis nie lekker.  Ons bid die Heer se genade oor julle vir beserming.

Ek loer kort kort na Len se toere en agtergekom kamp is sy lewe.  Baie sterkte.

Ek sal aan julle dink as ek in ry by Krokodilbrug.  nog so 45 dae.  

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 16/03/2025 - 21:01

Goeie naand mense.  Vordering neem maar nou bietjie af.

Navigator beplan ons jongste se 'baby shower" einde Maart.  Haar tyd is einde Mei.  Net wanneer ons terug kom vanaf Kruger.  So hopelik maak ons die geboorte.

Die tjops en wors is gekoop en gevries.  Ek het by Chris B geleer om dit in volgorde te sit.  Volgende maand is die hoender en maalvleis. My slagter sit dit in vacuum pakkies.

Nou ja daar is n kort week vir ons.

Sterkte

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 27/03/2025 - 12:01

Goeie more almal.

Susie het amper baie seer gekry.  Ek gaan na Plattekloof se PNP om gou goeters te koop vir my opkommende toer.

En daar rol n VW teen Susie.  Gelukkig is daar vir my geen skade.

Groete

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/03/2025 - 13:43

....is hopenlik ook geringdevil

Dis wat ek haat, om voor 'n vakansie met my sleepvoertuig rond te karring tussen verkeer. 

Jy is voorwaar gelukkig, dit kon baie erger gewees het.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 27/03/2025 - 14:21

... baie seker daar is geen skade nie. Ek het met my vorige Hilux amper iets soortgelyks oorgekom (ook in 'n PnP parkeerterrein) en aanvanklik gedink daar is geen skade aan my voertuig nie. Die ander een was toevallig ook 'n VW. Na deeglike inspeksie het ek gevind my buffer het tog ietswat beweeg.

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 27/03/2025 - 15:52

Dankie, ek is van plan om te laat kwoteer en die paneel kloppers kan dan bepaal wat gedoen word.

Ek het groot geskrik want indien daar fout sou gewees het, is daar nie genoeg tyd om te herstel nie.  En boonop jou versekering gee net n KLEIN karretjie om rond te ry.  En die KLEIN karretjie kan nie eers n lee Venter sleep nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/03/2025 - 16:45

Ek sou dit gaan aanmeld en 'n saaknommer kry, vir versekering doeleindes.

Ek hoop jy het voertuig gegewens bekom, want eienaar was seker nie daar nie.

Ek raai die bestuurder was 'n nuwe generasie persoon, wat geleer is om voertuig uit rat te parkeer, en vergeet het om handrem styf vas te trek. 

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 27/03/2025 - 19:10

Hallo Wessel.

Alles is gedoen.  Saak nommer is gekry.  VW se drywer en data is bekom.  Ek moet net die kwotasies kry.

 

Volgende week gaan kwotasies gekry word.

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 30/03/2025 - 20:37

Die "doeke partytjie" is nou afgehandel.  Nou kan Navigator heerlik haar beplanning begin vir die karavaan.  Ek is baie dankbaar vir haar aangesien sy daarvan hou om self die stoffies skoon te maak in karavaan.  Natuurlik kry ek dan baie TAKIES.

Die naweek gaan ek die neus kas mooi skoonmaak en lekker pak.  Ons begin nou baie meer gesels oor die toer.  Die een is bitter spesiaal.  Alhoewel ons elke 2de jaar toer, is dit die eerste keer in 16 jaar wat ons weer na oom Paul se tuin gaan. 

Lekker week vir almal.  Sal julle almal op hoogte hou van beplanning en in pakkery.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus