Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -9 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -17 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -19 hours ago

Goeie Hout in die KrugerNP 2025

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Op versoek/skimp van Goeie Hout het ek vir hulle die gesprek begin. 

Ek sien uit na wat alles hier geplaas en gedeel gaan word. 

Ek sal wag tot ek hom ontmoet in Satara om die "oom" titel wat hy so ydelik voor my naam inspan, met hom op te klaar. laugh 

Kaap

Goeie Hout

Sun, 25/05/2025 - 09:17

KNPSkoon vergeet.  Ons was by die Skukuza golfbaan en wat n mooi plek.

Lekker vis en chips gehad.

Die omie was ongelukkig in die foto.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 25/05/2025 - 12:51

Morsjorse : Soos wat die populariteit van die Wildtuin toeneem, beoefen morsjorse almeer hulle gebruiklike praktyk om rommel NIE in vullisdromme te plaas NIE. Dis moeilik om te verstaan wat gaan in so 'n morsjors se kop aan, is dit dan lekker om in 'n vullis bestrooide plek vakansie te hou ? In die Wildtuin is daar juis oral geskikte vullisdromme.

Staanplekke langs mekaar : Ons gaan kamp meestal in die Wildtuin saam met vriende of familie en het al agtergekom dis nie altyd nodig om langs mekaar te kampeer nie want die tipe staanplek is meer belangrik.  As ons lekker staanplekke langs mekaar kry is dit 'n bonus.  Indien nie en ons staan 'n entjie uitmekaar, elkeen op 'n lekker staanplek, is dit ook goed so.  Ons kuier tog oor en weer.

Brandstof : Dit het nou al meermale gebeur dat brandstof by kampe gedaan is of dat die betaalmasjientjies nie werk nie.  Wanneer my tenk onder half daal, maak ek maar eerder vol.

Piekniekplekke : Dis darem altyd 'n heerlike ervaring om by so 'n plek jou eie ontbyt of middagete aanmekaar te slaan (en dan hoef jy nie eers 'n skottelskaar saam te karwei of weer te was nie !)

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 25/05/2025 - 15:41

... of Goeie Hout nie verwys na toiletpapier en/of snesies wat by uitkykpunte oral rondlê nie. Dit is algemeen. Ons moet ook soms stilhou om 'n bietjie blaasverligting te kry. Dames gebruik oor die algemeen 'n papiertjie na so-iets. My vrou vat haar papiertjie saam en gooi dit weg wanneer ons in die kamp kom. Maar as ek sien hoe lê daardie papiertjies oral rond waar die dames soms hul nood verlig, skud ek net my kop. En ek dink dit is grotendeels "ons mense" wat die skuldiges is. Ons het dit weer vanoggend gesien by ons brekfisplekkie onder 'n jakkalsbessie langs die Bumerivier.

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 26/05/2025 - 20:36

Hallo almal.  Jip dit kos n arm en n been.

Totale km afgelee 5500 afgerond

580 liters diesel en Susie gee my 9 met die Fleetlinetjie.  Baie goed dink ek.

R 13 300 diesel.

Verblyf was so om en by R 10 000.

Lekker aand.

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 26/05/2025 - 21:47

Uit al die terugvoer klink dit of julle die wildtuin baie geniet het. Dankie vir die deel daarvan, dit was lekker om saam te kyk en lees. Jy ken nou die pad - moenie dat daar weer 16 (?) jaar verloop voordat jy weer wildtuinplanne maak nie.

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 27/05/2025 - 06:58

Nee.  Dit was baie lekker verby.  Ek sal so 5 jaar wag.  Dis n bietjie ver vir n kapenaar.  Maar elke 2de jaar doen ons n binnelandse toertjie.

Daar word alreeds gesels.  Bontebok, Addo, Gamdeboo, dan natuurlik Karoo.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/05/2025 - 07:30

...as ek mag voorstel----moenie meer as 3 aande bespreek by Camdeboo, GraafReinet nie. Die wildtuin bestaan eintlik nie meer nie. 'n Dag vir museums, nog ene vir Vallei van Verlatenheid, is al wat nodig is.

Voeg veel eerder Bergkwagga by Cradock in by die toer. Net so 200km verder/van GraaffReinet in.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus