Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -8 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -16 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -18 hours ago

April 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Die dag is amper verby en niemand het nuwe gesprek begin nie. Dus doen ek dit maar, en dis nie 'n Aprilgek foefie nie.laugh

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 06/04/2025 - 17:53

Komaan Rona, vier maande en dan gebeur ??? Jy is nou effe mysterious( Afrikaans gaan ek hopeloos spel) Ek het ń groot liefde vir Botswanna, en sal graag wil hoor. 

Met die baie goeie reen daar die jaar, ek verstaan Kasane was die hele dorp knie diep onder die water, gaan die Panne ongelooflik wees.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 06/04/2025 - 18:10

Almal kan briefies kry, maar almal is nie goeie nuus nuus. Geheimsinnig verby seg ek jou.

Ek raai Sus [Rona] en Daan het paspoorte gekry, of plek in Botswana. 

Om uit te brei op Herman se halwe sin " die panne gaan ongelooflik modderig wees"laughdevil Julle moet maar 'n Cruiser aanskaf met lekker vet BF Goodridge tekkies. Dan blaas julle dit ordentlik af om goeie flotasie [buoyancy] te kry.

Ek is sommer by voorbaat jaloers

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 06/04/2025 - 18:14

...jy verwys na die epos wat Anton namens kampforum uitgestuur het. My beterhelfte het dit gekry, maar nie ek nie. 

Ek verstaan nou na wat jy verwys, wat jou lus maak vir kamp en toer.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 06/04/2025 - 18:53

Julle lekker uitgerus Wildehont.?

Maat kom loer vandag in, hy is ook een van my garde wat nie plek maak vir jong mense nie. Maw hy werk nog steeds met sy Khaki Chinos en blou blokkies hemp op 68. Wat ek eintlik wil sê, volgens hom, is 2de helfte van  híerdie maand ń verlies vir  projekte. Ek hoop jy trek ook voordeel daaruit, en kry nog ń kamp in.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 06/04/2025 - 19:26

Tot en met 4 Mei bestaan April en Mei omtrent net uit vakansiedae. 

Paasnaweek, wat ek van paaie bly,

dan Vryheidsdag wat 28April vakansiedag maak,

en dan weer Werkersdag op 1Mei. Laasgenoemde gaan heel moontlik maak dat baie 2 Mei gaan verlof insit en langnaweek maak.

Daarna val ons in die pad Kruger toe!!!!

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 06/04/2025 - 20:39

Die interessante naam het my na die profiel laat kyk. Daardie eerste foto het al my belangstelling. Elephant Sands, Botswana? Ek sal baie graag meer wil hoor aangesien dit een van ons bestemmings is vir 'n beplande vakansie in daardie koers.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 06/04/2025 - 21:12

Niks misterieus omtrent ons beplande Botswana-trippie nie. Ek wou nie lank voor die tyd te veel aandag daaraan gee nie, want ek raak maklik verveeld/uitgekuier wanneer ek iets te veel oordink. Toe ek vroeër die woorde "vier maande" tik het ek bietjie geskrik. Dit klink vêr, maar hierdie een het so ietsie van beplanning nodig (strydig met my geaardheid). Ons albei se paspoorte het verlede jaar verval (ai tog). Geen idee hoe lank mens wag vir nuwes nie. 'n Vorige keer is ek in net meer as 'n uur gehelp aan 'n tydelike paspoort toe ek vinnig Namibië toe wou gaan - nogals by binnelandsesake, Brits (Wessel se dorp). Iets gee my die idee dat ek sal moet begin beplan.

Ek het gelees en van vriende gehoor dat Botswana baie baie reën gehad het en in sekere gebiede was paaie onbegaanbaar en heelwat kampeerplekke dan ook gevolglik gesluit. Die rëen was bitter nodig na 'n erge droogte en ons is dankbaar vir die uitkoms.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 07/04/2025 - 13:56

Oom Neef, ons het nie werklik fisies gerus by Dwarswegstrandoord nie. Ek het wel my werksbrein afgeskakel en dit het eergisteraand vir die eerste keer weer begin aanskakel deur die nag. 
 

Ek het sopas terug gekom van die HR bestuurder. Sy wou my ‘n brief laat teken as bevestiging dat die munisipale bestuurder besluit het om my in ‘n nuutgeskepte pos te plaas. Ek het vir haar gesê ek wil eers die posbeskrywing sien. Die amptenaar verantwoordelik vir die opstel van die posbeskrywing is nou baie ontsteld, want hy het nog nie die posbeskrywing gefinaliseer nie. 
Is ek onredelik om nie plasing in ‘n nuutgeskepte pos te wil aanvaar voordat ek die posbeskrywing gesien het nie? 
 

Wat vakansiedae betref het die week vyf werksdae, die volgende twee elk net vier en die een daarna net drie. Ons gaan darem Bontebok NP toe Paasnaweek en Hermanus 25 tot 28 April. 1 Mei sal ek gebruik om seker te maak die Kavango is gereed vir die lang pad Krugerwildtuin toe einde Junie. 
 

Ten spyte daarvan dat ek nie tans ‘n amptelike pos het by die werk nie, is daar ‘n magdom werk wat waarskynlik my probleem gaan bly en wat ek dus maar moet aanhou afhandel. Dit gaan dus ‘n tydjie wees voor ek vertel van ons besoek aan Dwarswegstrandoord. Dit bly maar ‘n lekker plek. 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 07/04/2025 - 14:04

Is ek onredelik om nie plasing in ‘n nuutgeskepte pos te wil aanvaar voordat ek die posbeskrywing gesien het nie? 

Gladnie. Hulle gaan dit seker nou nog meer moeilik vir jou maak.

Hoekom moet jy die ander werk doen as jy nie meer in daai pos is nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 07/04/2025 - 15:11

...daar is niks onredelik aan jou optrede nie.!!! 

Sodra jy die finale posbeskrywing ontvang, tevrede is, en geteken het, spreek jy net daai take daarin aan. 

Jy gaan nie die persoon bo jou bederf om maar net sy werk vir hom ook te doen nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 07/04/2025 - 15:30

...dalk moet jy sommer nou reeds 'n gesprek begin vir julle lang vakansie/toer wat binnekort gaan begin.

Kan die huurders van woonstel aanbly, of was die woonstel leeg met die verkoop.

Dalk moet julle maar volgende week die laaste toue kap, penne trek en in Onrus of Kleinmond woonwapark gaan begin kampeer.

Wag 'n bietjie----ek weet van 'n huis in Kleinmond wat nou vir 4 maande leegstaan. Maak soos nuwe SA, en trek sommer daar in.laugh

0
Onrus

Servaas Verster

Mon, 07/04/2025 - 15:56

Die huurder kan aanbly. Sy is tog so bly. Dalk moet ek met Chris B praat. He he. Nee wat ons bly lekker in ons garage. Ek het nou probeer plek kry by Karoo NP vir die 22ste en 23ste. Wag op hulle terugvoer.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/04/2025 - 06:43

Lees ek vanoggend 'n "opinie" van ene Mashaba, politieke analis in die Citizen, getiteld

"When following the science become a path to collapse"

Ek hoop van ganse harte dat elkeen wat dit lees, dit sal bedink en onthou by enige volgende verkiesing. Ek het hoop as al hoe meer kiesers die feite begin glo, soos wat eie geledere dit uitstippel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/04/2025 - 07:05

Net so insiggewend is 'n artikel van Tim Cohen in vandag se daily Maverick;

Business Reflection: After the Bell .....

Lees gerus, dit laat mens dink hoe fyn vuil is politieke skaak. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/04/2025 - 09:54

...hou my kop besig. Ek weet nie na watter ene ek die meeste uitsien nie.

Die Kruger toer volgende maand, of die Mokala- Namakwa- Prins Albert ene in Augustus/September nie. Dalk wen die laaste ene, want dit gaan nuwe[onbekende] terrein wees.

Ek is effe bekommerd dat 6 aande in B&D dalk te lank is, maar dis nou maar so. Die kamp is so effe afgesonderd, onder in die hoekie. Dit gaan nou die 1ste keer wees wat ons so lank in B&D sal kampeer.   

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 08/04/2025 - 09:56

Ek wil nou nie ChrisB se draad besoedel. maar dit reën ook heerlik hier by ons. Doreen sê juis vanoggend, dit is nou regte sop weer.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 08/04/2025 - 10:33

... Berg-&-Dal is een van my gunsteling areas, met goeie wildlewe in die omgewing. 'n Unieke heuwelagtige omgewing in die wildtuin waar roofdiere algemeen gesien word. Jagluiperds is die enigste van die groter roofdiere wat ek nog nie daar gesien het nie. Luiperds is redelik volop en ek reken dit is die beste area vir wildehonde in die wildtuin.

Dit was eens die "hoofstad" vir witrenosters, maar ongelukkig nie meer nie. Dié wat nie gestroop is nie, is verskuif omdat dit so 'n maklike teiken-area vir stropers geword het.

Ander wild is algemeen, maar nie in sulke groter getalle soos op die sentrale vlaktes nie.

Dit is 'n pragtige boomryke kamp. Ek het die gewoonte aangeleer, as Berg-&-Dal my eerste hoofbestemming is, om my eerste aand in die wildtuin in Malelane-kampie oor te bly. Dan is ek die volgende oggend vroeg in Berg-&-Dal ten einde 'n kans te staan om 'n lekker staanplek te kry. Alhoewel ek nie vanjaar Berg-&-Dal toe gaan nie, bly ons die eerste aand weer in Malelane-kampie oor en gaan die volgende oggend weer uit by Malelane-hek om met die N4, via Marlothpark, so vinnig moontlik by Krokodilbrug te kom ten einde hopelik ook 'n lekker staanplek te kry.

Ek het dit al voorheen op dié forum genoem. Vir my seun is die wildtuin Berg-&-Dal en Berg-&-Dal is die wildtuin. Ek vertrou net dat hulle intussen iets gedoen het aan hulle onpraktiese storthokkies in die mans-ablusies. Jy gaan dié kamp geniet man.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/04/2025 - 10:37

....hou ook nie op die jaar nie. sommige boere raak bekommerd dat sitrus seisoen geskuif het, en dat kooperasie lewer periode sal moet aanskuif en/of verleng.

Ek verwag 'n nat, ruie Kruger wildtuin volgende maand, want dit reen daar ook nog sporadies. As die veld oral poele water gaan hê, gaan mens sukkel om diere te kry. 

Hopenlik wei die olifante daar diep waar mens hulle nie sien of hoor nie, en die katte kom lê in droë paaie.!!! 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/04/2025 - 10:44

....en effe leë kampe. Dalk gaan my hoop beskaam, maar ek hoop vir 'n stil wildtuin. Gelukkig is daar nie langnaweke, vakansie dae en skoolvakansie naby nie, want dit is tye wat mense uitwyk na die naaste kampe toe.

Ons het B&D al vol en besig gevind, bloot omdat dit so naby aan Nelspruit is. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus