Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -29 minutes ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -4 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -12 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -14 hours ago

April 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Die dag is amper verby en niemand het nuwe gesprek begin nie. Dus doen ek dit maar, en dis nie 'n Aprilgek foefie nie.laugh

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 20/04/2025 - 11:03

Ek skeer die twee scenarios nie onder dieselfde kam nie. Ek kan egter nie glo dat julle dieselfde sou doen of vir julle kinders leer in ‘n nasionale park as op ‘n plaas nie. Dis tog hoekom daar nasionale parke is - om ‘n gedeelte van ‘n land se biodiversiteit te beskerm teen die impak van die mens. 
 

Ek het ook The soul of the white ant gelees en vind termiete fasssinerend. Weet julle bv dat die biomassa van termiete by verre die biomassa van soogdiere in ‘n plek soos die Krugerwildtuin oorskry? Dit moet natuurlik, omdat hulle op verskillende vlakke van die trofiese piramide is. Eugene Marais se analogie van die termietnes met ‘n menslike liggaam is interessant, en ek kan sien hoe hy daarby uitgekom het. Dis ongelooflik dat so ‘n klein organisme so komplekse stelsel tot stand kan bring en in stand kan hou, en dit sonder enige waarneembare vorm van kommunikasie. Hulle hou bv ‘n konstante temperatuur en vlak van humiditeit in die kolonie sodat die eiers kan uitbroei en die fungustuine wat hulle maak kan aanhou groei. Laat ek ophou, ek kan lank aangaan oor termiete…
 

Terloops; stokkiesdraers (wat nie hope bou nie en bo die grond rondloop en lekker vet is) is net so goeie bron van proteïne as die spesies wat wel hope bou.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 20/04/2025 - 18:15

... is elke 4de aand op die Boucher-spyskaart - of ons nou by die huis is, in die Karoo, in die wildtuin of waar ookal. As daar is om te braai, dan braai ons. Anders bak ons, of maak viskoekies, of seekos-paella of "prawns" ens. Maar vis/seekos moet daar op die spyskaart wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 20/04/2025 - 18:40

...in KrugerNP kan 2 effekte teweegbring;

1] dit kan katte lok na die vreemde reuk

2] of dit kan die diere afskrik. 

Ongelukkig gaan ons nie die Bouchers raak kamp die jaar nie, so die effek sal ek nie self kan waarneem nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 20/04/2025 - 19:26

Onthou ons trek sommer jou vis-siel so bietjie uit. Ek is seker tot Herman gaan lekker saam smul aan jou gebraaide vis in wildtuin. So saam met potbrood en konfyt. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 21/04/2025 - 15:02

Die algemene opvatting in die Breedevallei is dat die winterreën Paasnaweek begin. Dit het toe ook gister. Ons het die grootste deel van die dag onder die stoeptent deurgebring, maar het ‘n draai gaan ry gistermiddag en ‘n hele paar keer bontebokke en ook tsessebe gesien. Gisteraand Joey’s patties gebraai en lekker vuur gemaak met al die hout wat die mense wat geskrik het vir die reën agtergelaat het. Jammer vir die skewe foto - by die kar venster uit geneem voor hy weghardloop 

  C
 

Deur die nag het dit ‘n paar keer hard gereën. Ek het die span net na 07:00 uit die bed gejaag om te begin oppak tydens ‘n tydjie wat dit nie gereën het nie. Ons kon darem amper alles wat in die wa kom droog hou en skoonmaak. Die Kavango se seile raak vinnig droog, en sou droog gewees het as dit nie begin reën het net toe ons die seile wil bêre nie. Die grondseil het ‘n modderseil geword wat ons net so in ‘n swart sak gesit het. 
 

Ek het vandag weer gesien hoe handig ‘n bakkie is. Die een stoel wat natgereën het, die modderseil en ‘n paar nat handdoeke en swemklere word net so in die bak gelaai. So ook die wasgoedmasjien balie braaidrom. As ek die spulletjie agter in ‘n LC300 moes laai sou ek nie gelag het nie.

Dit was ‘n lekker naweek ten spyte van die reën en ‘n paar mede-kampeerders se disrespek vir die natuur. Maar ek gaan nie weer oor ‘n Paasnaweek daarheen nie.  
 

Toe ons vanoggend ry was net die afgetrede paartjie met hulle klein wa nog daar, afgesien van twee ander groepe wat besig was om op te pak. Die oom wil die wa vir R160k verkoop want sy Okto word tans in Rosslyn gebou. Dis baie netjies opgepas, en het nogal ‘n dak wat aan drie kante opslaan. Hulle het egter die res en hulle grondseile eergister voor die reën weggepak. Dis lekker lig en goed toegerus buite, maar het binne basies net ‘n dubbelbed, kassies en regop staan plek vir aantrek. Dit het wel ook ‘n 60 loter watertrnk, sonpaneel en battery.

A

B
 

 

 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 21/04/2025 - 15:17

Bly julle het lekker gekamp.

Het die staanplekke nou krag.

Ek wil nog weer daar gaan staan.  Het vroeg in 2004 daar gewees.  Die ingang was op n ander plek gewees.  

 

Groete

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 21/04/2025 - 15:37

Die staanplekke bo het almal krag en meeste deel ‘n kraan met ‘n ander. Die staanplekke onder langs die rivier het geen krag of water nie, maar die rivier het ‘n stuk van die oewer weggevat so blykbaar word kampering nie meer daar toegelaat nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 21/04/2025 - 17:44

.... bo 'n SNV is na my mening legio. Ek is heel gemaklik met myne, bloot omdat mens maar vuil, nat goete en tuinvullis daarmee kan karwei. 

Dan praat ek nie eers van die baie pakplek nie, veral met 'n kappie op. Ideaal vir die "volume" kampeergoete, en kosmaak katoeters. 

Soms wonder ek waarvoor word die super duur SNV soos Prado's, Lexsus, LC300, Everest, ensovoorts werklik meestal gebruik. Na my mening te duur om in veld en ongebaande weë te gebruik. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 21/04/2025 - 17:46

Is daar nou tsessebe's ook in Bontebokpark? Nie geweet nie. Behalwe vir 'n paar bergkwaggas en rooihartbeeste, was daar slegs bontbokke, vaalribbokke, duikers en steenbokke toe ons laas daar was (net nadat ons uit die Covid "tronk" vrygelaat is.

Jare gelede (mid-60's) was daar ook buffels - waaroor daar groot opgewondenheid was toe die eerste kalf gebore is. Maar die buffels het só baie uit die park gebreek en met beeste in aanraking gekom. Daar was vrees dat die (siektevrye) buffels, afkomstig van Addo, bees-TB kon opdoen en die aangrensende boere het ook gekla. Toe is die buffels verwyder.

Daar was ook elande en springbokke, maar dit is ook verwyder omdat die drakrag van die park te swak was - en buitendien gestig is om die bontbok van uitwissing te red. Ek weet nie hoe die elande verwyder is nie, maar die springbokke is geskiet. Ek het nog een van dié springbokke gekry toe ek in 1976 in Swellendam gewoon het. 'n Vriend van my pa het destyds gehelp om die springbokke uit te skiet en sodoende het ek ook een kon koop teen R15.

Ons het by een geleentheid bakoorvosse, wat self in die park ingekom het, gesien.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 21/04/2025 - 21:02

Ek is bly as julle julle bakkies geniet as  die kampgoed nat gereën het.  Ek het nog nooit 'n bakkie as sleepvoertuig  besit nie, maar wel net sedanmotors, stasiewaens en in later jare SUV's.  En nog nooit het reën my kampervaring tydens oppaktyd, negatief beïnvloed nie.

As voorbeeld, in 2022 kamp ons in Berg-en-dal en in die nag van 17 Mei 2022 bars daar 'n hengse storm los, maar geen probleem nie want ons was bespreek vir nog 4 nagte.  Maar soos die duiwel dit wou hê, word ek daardie nag baie siek en weet toe dat my chirurg vooraf gewaarsku het dat my dikderm verwyder moet word en hy het teësinnig ingestem dat ek maar eers Wildtuin toe kan gaan en dan word die operasie na ons terugkeer gedoen. Die volgende dag kry ek instruksie van die chirurg dat ek so gou as moontlik in die Kaap (2000km ver) moet kom.

Intussen sous dit kort-kort en ons begin noodgedwonge oppak.  Een van my seuns spring toe in Kaapstad op 'n vliegtuig om te kom help.  Ewenwel, elke nat item, die stoeptent dak en sykante en die grondseile word in hul papnat toestand netjies opgevou en in swartsakke gepak.  Dit is netso in die Pathfinder, waarvan die sitplekke afgeslaan is, gepak.  Die natgoed is eers weer by die huis uitgelaai en droogemaak.

'n Boer maak mos 'n plan.

Ns.  Hier 'n foto wat geneem is net voor dit daardie nag begin stormreën het in Berg-en-dal.

.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/04/2025 - 06:42

...waar in B&Dal was die staanplek?? 

Ek sleep binnekort soheentoe en is tot hede nog nie so vertroud met al die lekker stanings daar nie. soek maar altyd eers kort om die ablusies vir koelte.

Mei 2022, die keer na die epiese Herfsblaar byeenkoms in KarooNP!!!  Jy moes vinnig terug in die Kaap kom, en ek gaan hak my aan 'n tentpen in Onrus. So het ek toe vir Servaas ontmoet. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 22/04/2025 - 07:01

Dit het gister omtrent die hele pad tot in Worcester gereën. Toe ons hier stop het daar skaars ‘n motreën neergestuif, maar seile kon nie oopgemaak word om uit te droog nie. Gelukkig was ons redelik vroeg tuis, en het dit later ophou drup. Ek kon die sytent se dak laat uitrol en het dit weg van die wa af gespan in die windjie. Die seil self het vinnig droog geword, maar ek het die kompressor ingespan om water uit die Velcro op die rante en uit die slope waarin die raamwerk se pype steek te blaas. Na drie rondtes al om die dak se drie kante was dit droog en kon ons dit oprol en onder die opwip dak berg. Die wa kon toe in die motorhuis getrek word waar dit slaap. 

Daar was heelwat mense by Bontebok NP wat met tente kampeer het en ‘n hele klomp van hulle het in die reën opgepak Sondag. Letterlik alles van die wat oorkant ons gestaan het, het natgereën - tot hulle matrasse- en toe hulle klaar opgepak het, het hulle soos nat hoenders gelyk. Ek is baie bly ons het nie met ‘n tent kampeer die afgelope naweek nie. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 22/04/2025 - 07:01

Dié wat al by Kruger Ranch was in Magaliesburg omgewing....kan julle die plek aanbeveel? Wat is alles daar te doen?

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 22/04/2025 - 07:26

My Ranger het net seiltjie gehad, maar nou met die canopy gebruik ons bak heelwat meer. Al paar keer sommer die groot Weber agter in gesit, wat ek nooit andersins sou saamneem nie. Dis amper soos een van daai items waarsonder mens nog altyd klaar gekom het....maar noudat ek een het, sal ek nie weer sonder een wil wees nie 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/04/2025 - 07:34

....praat jy seker van die kappie op die bakkie, of die Weber???

Kruger Ranch----nie eers geweet van so 'n plek nielaugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 22/04/2025 - 07:51

Te oordeel aan die twee dae lange reën en die voorspelling vir die res van die week is die winter hier en gevolglik is kampeer in die Wes-Kaap uit soos ‘n eerlike politikus in Luthuli huis. Gelukkig is die volgende keer wat ons beplan om die Kavango te gebruik eers oor net meer as twee maande en nie in die Wes-Kaap nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus