Op versoek/skimp van Goeie Hout het ek vir hulle die gesprek begin.
Ek sien uit na wat alles hier geplaas en gedeel gaan word.
Ek sal wag tot ek hom ontmoet in Satara om die "oom" titel wat hy so ydelik voor my naam inspan, met hom op te klaar.
Hallo Almal
Skoon vergeet. Ons was by die Skukuza golfbaan en wat n mooi plek.
Lekker vis en chips gehad.
Die omie was ongelukkig in die foto.
Dankie GH - lekker gelees.
Morsjorse : Soos wat die populariteit van die Wildtuin toeneem, beoefen morsjorse almeer hulle gebruiklike praktyk om rommel NIE in vullisdromme te plaas NIE. Dis moeilik om te verstaan wat gaan in so 'n morsjors se kop aan, is dit dan lekker om in 'n vullis bestrooide plek vakansie te hou ? In die Wildtuin is daar juis oral geskikte vullisdromme.
Staanplekke langs mekaar : Ons gaan kamp meestal in die Wildtuin saam met vriende of familie en het al agtergekom dis nie altyd nodig om langs mekaar te kampeer nie want die tipe staanplek is meer belangrik. As ons lekker staanplekke langs mekaar kry is dit 'n bonus. Indien nie en ons staan 'n entjie uitmekaar, elkeen op 'n lekker staanplek, is dit ook goed so. Ons kuier tog oor en weer.
Brandstof : Dit het nou al meermale gebeur dat brandstof by kampe gedaan is of dat die betaalmasjientjies nie werk nie. Wanneer my tenk onder half daal, maak ek maar eerder vol.
Piekniekplekke : Dis darem altyd 'n heerlike ervaring om by so 'n plek jou eie ontbyt of middagete aanmekaar te slaan (en dan hoef jy nie eers 'n skottelskaar saam te karwei of weer te was nie !)
Ek wonder ...
... of Goeie Hout nie verwys na toiletpapier en/of snesies wat by uitkykpunte oral rondlê nie. Dit is algemeen. Ons moet ook soms stilhou om 'n bietjie blaasverligting te kry. Dames gebruik oor die algemeen 'n papiertjie na so-iets. My vrou vat haar papiertjie saam en gooi dit weg wanneer ons in die kamp kom. Maar as ek sien hoe lê daardie papiertjies oral rond waar die dames soms hul nood verlig, skud ek net my kop. En ek dink dit is grotendeels "ons mense" wat die skuldiges is. Ons het dit weer vanoggend gesien by ons brekfisplekkie onder 'n jakkalsbessie langs die Bumerivier.
Statistieke
Hallo almal. Jip dit kos n arm en n been.
Totale km afgelee 5500 afgerond
580 liters diesel en Susie gee my 9 met die Fleetlinetjie. Baie goed dink ek.
R 13 300 diesel.
Verblyf was so om en by R 10 000.
Lekker aand.
Goeie Hout
Uit al die terugvoer klink dit of julle die wildtuin baie geniet het. Dankie vir die deel daarvan, dit was lekker om saam te kyk en lees. Jy ken nou die pad - moenie dat daar weer 16 (?) jaar verloop voordat jy weer wildtuinplanne maak nie.
Goeie hout...
...as ek mag voorstel----moenie meer as 3 aande bespreek by Camdeboo, GraafReinet nie. Die wildtuin bestaan eintlik nie meer nie. 'n Dag vir museums, nog ene vir Vallei van Verlatenheid, is al wat nodig is.
Voeg veel eerder Bergkwagga by Cradock in by die toer. Net so 200km verder/van GraaffReinet in.





Hallo Almal