Goeie môre almal, dis alweer 'n nuwe maand.
Nie net nog 'n maand vir my nie, dis die maand wanneer ek die pad vat Namakwaland toe, en dan oor Herman se boomslang-stoep verby na die KarooNP.
Dit is ook die maand waar Rona haar man [Daan] en die toerbus in die pad druk, vêr plekke toe.
Gesels saam, dis waarom ons vriende is.
Stilte kan nou maar end kry!!!!
ek stem saam met Herman hierbo. Hierdie gebrek aan deelname is sommer nonsens.
Ek mis die insette van Chris B, Geert, Grootwind, Dennis en vele ander.
Gits, ek wonder sommer waar kampeer Servaas byvoorbeeld. Net so, sal nuus van Rona [sus] en Daan ook waardeer word.
Wil sommer ook noem dat hoewel Len en Jan kampering vaarwel geroep het, hulle gerus moet deelneem hier.
Neef en Wessel, ek het rede vir stilte.
Neef, ek het rede daarvoor vir my stilte.
Ek was in ń kliniek buite PTA vir Sigiatriese (Shrink) behandeling en my kop en ore Raas Erg
.
Tans is ek bykans soos "Zombie" en het nou erg gesukkel om te tik vir ń antwoord.
Asseblief, Respekteer vir tyd en wyl my afwesigheid
.
Ek rus ...
... nog na my 4-maande vakansie. Ek moet eers uitrus. Ek's vir niemand vies of kwaad nie. Net ander dinge wat my besig hou.
Of ek nou Chris Vis, of Chris Gif, of Chris Kanselleer genoem word - makie sakie nie. Soos water op 'n eend se rug.
Op 'n meer ernstige noot - ek en mammie boer by die dokters. Sy met rug- en buikpyne. Ek met 'n vermoedelike liesbreuk en/of kolonprobleme. Gaan binnekort vir 'n sonar en kolonoskopie. En ook nog vir 'n katarak-op. Vol oumens-ipekonders.
My beplande Karoo en Dwarswegstrand-wegbreek gedurende Okt/Nov is a.g.v. bogenoemde ernstig in die weegskaal.
Verder is ek sommer plein lui. Ek loer darem so hier en daar in.
Webuycars se diens
Nou het alles in plek geval en kan ek ook rus.
Classique en Ranger is weg. Nou moet ek vir Webuycars komplimenteer met die transaksie. Nadat ons ooreengekom het oor die prys was hulle diens uitstekend. Deposito vir die Classique betaal en die volgende oggend voordat hy kom haal is, was die volle bedrag in my rekening.
Suzuki is bestel maar daar was 'n week wagtyd. Webuycars se aanbod op die Ranger sou verval na 7 dae en intussen het ons nog nie Suzuki gehad nie. Hulle het ons gesê om die Ranger te hou totdat die Suzuki afgelewer word. So vir 5dae het ons die Ranger langer gehou en toe ons hulle laat weet dat die Suzuki die Vrydag om 14h00 reg sal wees het hulle om 08h30 al die oggend die volle bedrag in my rekening inbetaal. Ranger toe die middag kom haal.
Die hele transaksie was regtig sonder probleme en die diens van Webuycars was uitstekend. Hulle het my ook meer betaal vir die Ranger as wat 3 x virskillende handelaars as inruil aangebied het.
Elke keer binne twee ure nadat die voertuie by ons kom haal is het ons 'n kennisgewing gekry dat die voertuig nou op hulle naam geregistreer is.
Nou sal ons op die volgende stap besluit maar eers weer Namibië toe.
Stem met jou, Jan.
Om deur We Buy Cars te gaan is kommerloos.
Destyds met die verkoop van die VW Polo - Gti was hulle uitstekend en proffesioneel - Dit was in Thabazimbi.
Met die X-Trail hier in PTA wou hulle nie my verkoop prys aanvaar nie, maar die aanbod was goed.
Ek het daarteen besluit om maar eerder te hou agv dat ek te veel sou verloor het na uitgawes aan die X-Trail met:-
- Nuwe bande = R 8000-00.
- Engine kompleet oorgedoen en slegs 7000km gedoen na herbou = R43000-00.
- Tenvolle diens rekord met laaste diens 5000km na engine herbouing gedurende Maart 2025 waarvan ek slegs nou 2000km gery het.
Die rede hoekom ek wou/wil verkoop is omrede my kamp lewe verby is en is doof gestrem in albei ore na ń gruwelikke frats ongeluk en verkeerde hospitaal behandeling, 2- jaar gelede.
Die X-Trail se grootte vind ek ongemaklik in die stad agv balaans beheer en konsentrasie dmv gestremheid, daarom kyk ons ook vir ń klein gemaklikke beheerbare stad voertuigie.
Hier is my 2,0 Dci X-Trail, nogsteeds in die mark.
Hier is my X-Trail 2.0 Dci (2011) en is nogsteeds in die mark.
Jammer kry nie fotos gelaai nie
Jammer, ek sukkel met fotos laai.
Indien iemand sou belangstel.
Indien iemand sou belangstel vir fotos en navraag om te koop of te ruil vir kleiner voertuig: Stuur ASB TEXT W/App na: 0765032693.
Rede vir TEXT W/App: Ek kan geen Frekwensies hoor met my gehoorstukke nie.
Dennis....
...dalk moet jy daai netjiese kar hou. Ek is seker dat jy so vertroud is met sy grootte dat jy gougou gaan aanpas in stadsverkeer en ruimtes.
Hannelie Ras.....
....aangesien jy ook op Brits woon, moet ek darem spesiale welkom aan jou rig. Gesels asb saam op die forum
Wessel, ek sou graag wou.
Wessel, ek sou graag hom wil behou, maar die gehoor verlies in albei ore laat my konsentrasie verloor en met daardie grootte maak dit vir my moeilik in die stad.
My vrou kan nie bestuur nie en is afhangklik van my bestuurs vernif.
Hier in die stad moet ek haar lippe lees waar om links of regs te draai.
As ek alleen ry volg ek maar die afstand en pyltjies op die GPS.
Parkering is alreeds moeilik sonder behulp van Kar Wagte wat jy maar soms moet uithaal en wys vir dankie Sê.
Die X-Trail is werklik nog netjies en kry in die stad +/- 13km/lt, 18km/lt Solo op snelweg teen 120km/h en tydens sleep met die Penta - +/- 9km/lt - 10km/lt teen ń spoed van 100 - 110km/h, afhangende van wind.
Met my Sprite Swift het ek 10 - 10,5km/lt gekry teen 110 - 120km/h.
My betroubare Saterdag kar
Hierdie was nou my 4x EXA wat ek opgebou het.
Die 1ste was dieselfde kleur en toe volg ń Rooi Turbo Exa, daarna nog ń Rooi Turbo Exa met Intercooler en toe verkies ek hierdie een vanaf std. tot 288 -STK Camshaft, Gasflow C/Head, Vernier Pulley en 32-Weber Carburator na herbou.
Met aftrede was hy verkoop binne 1x uur na advertensie.
Hy was my Vrydag, Saterdag en Sondag kar.
Stilte.....
Ekke is nog hier rond, so af en toe! Tans net baie besig met 'n klomp dinge beide akademies (het nog 'n klomp nagraadse studente vir wie ek as studieleier optree, asook bietjie konsultasie, die dinge hou darem my breinselle aan die gang, boonop tree vroulief einde Oktober af as onderwyser, so daar is ook 'n klomp papierwerk wat ook aandag vereis. Maar loer darem nog af en toe vinnig in. Moet egter erken dat daar nie tans veel is op die forum wat my aandag trek. Soos oom Trompie se landgenote dit uitdruk, is meeste goed oppie forum tans maar "same-o, same-o".
Een G is darem nog hier
Goed om van GW te hoor. Hier gaan darem nou weer iets aangaan met Wessel se Namakwaland toer. Dit sal ons besig hou vir die volgende maand.
Sterkte met die akademie en papierwerk. Hoekom tree vroulief nie die einde van die jaar af nie? Of moet sy op ‘n sekere ouderdom dadelik gaan?
Onderwys dept se reëls...
Onderwys dept se reëls sê dat mens moet aftree die einde van die maand wat jy 65 word. Simpel, ek weet maar dis hoe dit is. Lyk egter asof die skool se Beheer Raad haar vir November en Desember sal aanstel op kontrak aangesien Oktober vanuit 'n skooljaar oogpunt 'n slegte tyd is vir iemand om te gaan, veral as mens soos sy op 'n senior vlak is, net te veel dinge wat November en Desember gebeur.. Sy reken sy sal dit doen maar net mits die vergoeding "redelik" is, anders maak sy einde Oktober klaar.





Doodse stilte
Wil my voorkom of Mars weer uit sy wentelbaan gewyk het. Van die gereelde geeste het spoorloos verdwyn. Wessel sê vanoggend hy dink Geert is kwaad vir hom oor die mô en pô inset. Ek kan nie onthou waaroor die gesprek gegaan het nie.
Dat Neef nie altyd ń wag voor sy bek sit nie, sal ek ruiterlik erken. Maar dat ek bedoel om beledigend te wees... never. Weet nie wat ek nou weer kwytgeraak het nie. Dalk is "Chris vis" as afstootlik gesien. Sorry Chris.
DK is kalmer terug, en sommer weer net daar weg... Kan ek aanvaar dat die winter se koue die kletslus gedemp het. Groete.