Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -3 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -5 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -10 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -11 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -12 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -13 hours ago

Augustus 2025 saampraat

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Goeie môre almal, dis alweer 'n nuwe maand. 

Nie net nog 'n maand vir my nie, dis die maand wanneer ek die pad vat Namakwaland toe, en dan oor Herman se boomslang-stoep verby na die KarooNP.

Dit is ook die maand waar Rona haar man [Daan] en die toerbus in die pad druk, vêr plekke toe.

Gesels saam, dis waarom ons vriende is.

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 03/08/2025 - 19:35

Goeie Hout.

Ek gaan my navigator vra. Sy die stuk vanaf Vosburg was net ń gedeelte geteer na Victoria Wes. Res van jou roete OK. Ons was seker 10 jaar laas op die pad.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 03/08/2025 - 19:40

...nog nooit daar gery nie, maar ek gaan die maand daai pad sleep. Ons kom van Britstown af, met R384 tot by Carnavon, dan word dit R63 tot voor Calvinia, waar mens die R27 neem na Van Rhynsdorp. Ek sal binnekort vir jou 1ste hands kan terugvoer gee.

Volgens google maps en my padkaarte het ek slegte nuus vir jou. Om heelpad teer te sleep, sal jy van Vosburg af eers tot by Britstown moet ry, dan met N12 oor VictoriaWes na Driesusters en KarooNP.sad

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 04/08/2025 - 18:36

Geert, ek hoop werklik nie ek het aanstoot gegee met my inset oor Pretoria-Oos nie. My eintlike bedoeling was om Mnr Boucher se veralgemening oor mense van Pretoria se aksent reg te stel. Soos met enige stereotipering was myne egter ook ‘n veralgemening. Soos jy tereg uitgewys het praat nie almal van Pretoria-Oos so nie, en is ook nie almal van daar snobisties nie. Ek het maar net my ervaring van baie jare gelede gedeel.

Ek kan persoonlik getuig dat jy nie die aksent het nie (want ek het al met jou oor die foon gepraat) en dat jy alles behalwe snobisties is. Jy het onbaatsugtig uit jou pad uit gegaan om my te help om die bespreking te kry wat ek wou gehad het vir die afgelope Julie in die Krugerwildtuin, en my onlangs weer gehelp met ‘n dag wat ek gekort het vir volgende jaar Julie. Jy is ‘n bakgat mens en ek wil nie verantwoordelik wees daarvoor dat jy nie meer lus is om aan die forum deel te neem nie. Ek geniet altyd jou insette, so aanvaar asb my nederige verskoning. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 04/08/2025 - 20:00

Ek sien darem nou het Maroela met die gasteplaas se naam uitgekom, waar gaste Vrydagaand al aangeval en beroof was. Gelukkig het die persone die aanval met pangas oorleef.

Dit het glo gebeur op CHAMONIX, aan die buitewyke van die dorp. 

Jan: waar het julle vroeër vanjaar by Franschhoek gekamp?? 

Dit is nou die hoeveelste plaasaanval in daardie omgewing. Dis so jammer dat die krimenele element nou ook ernstig kop uitsteek in die Wes Kaap. 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 04/08/2025 - 20:18

Jy gaan bly wees.  Volgens jou opinie/mening/hulp, het ek my awning bestel by my vriend wat dit maak.  Vince in Parow Industrie.  Hy het afgestig van n maatskappy en is nou TENT CLINIC.  Goeie diens en waarde en hy is goed.  

Sluit die sak, die rip stok/rip stock, 4 pale en toue.  (weet nie hoe dit spel Neef)...Waar voor is die 4de paal sal jy vra.  Dis die een wat hardloop van karavaan dak na die middelste paal/voetstuk.  Sodat die water nie kan le.  Hy dink aan alles....  "Originally known as Caravan and Tent Clinic, the business, which leverages Vincent’s 45 years’ experience in the industry, has evolved over time to include an expanded offering of custom tent-building, repairs, modifications and all other fabric related work for outdoor spaces as well as leisure equipment and caravans."  Ek ken ou Vince nou al so 30 jaar.

 Toe vryf Vince dit in dat Desember maand die Awning ingespan kan word aan die agter kant van Mevrou Fleetline vir die motor en buite stort.  Solddddd.  Dankie Geert.

 

lekker aand almal.

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 04/08/2025 - 20:27

Ek gaan nie omgee om van Williston na Karoo te ry met die ompad na Bristtown.  By Britstown is n Kambro plekkie wat ek op afgekom het.  Wat die 600 kilos in 2 deel.

Dan sleep ek net vanaf Kambro na Karoo.

 

Heerlik.  Heerlik

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 04/08/2025 - 20:37

Wessel ons het so 4km van Chamonix by Heuwelsig gekamp op 'n werkende plaas.

Ons was danksy Maurits van Rooyen wie se seun Stefan die direkteur van Chamonix wat in die verslag genoem word uitgenooi om die wynplaas en die kelders te besoek ingesluit wynproe.

Ai dit is sleg. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 05/08/2025 - 07:04

...daar is ook 'n plaas genaamd "Rooidam cottages and chalets". Volgens internet is daar ook woonwa staanplekke met eie/privaat ablusie om te oorweeg.

Wanneer wil julle die toer doen, en waarom met so lang draai na die KarooNP. Wil julle dit kombineer met blommekyk??

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 05/08/2025 - 07:36

Wessel, jip, ons wil die blomme gaan kyk.  Nog nooit gedoen.

Die toer is in beplanning vir 2027.  Nog ver, maar ek bedink en beplan voor die tyd waar en wanneer.

Dankie vir die tip van Rooidam.

Mooi dag.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 05/08/2025 - 08:13

Ek wonder watter aktiwiteit hou die meeste risiko vir mislukking in.

Ons was 2023 gelukkig om mooi blomme te sien, so op die hond se stert [laterig in September]. Ek kyk elke aand die weer, om te sien of Namakwaland reën kry. Volgens Herman en ander ook betroubare bronne, wil dit blyk dat die blomme "vroeg is" die jaar. 

Ek hoop maar dit hou totdat ons vanaf 26 Aug. tot 3 Sept. in die laer Namakwaland is. So beplan, omdat die kundiges reken dit is die tyd met die grootste statistiese waarskynlikheid vir blomme kyk. Ongelukkig kan mens statisties ook slegte "uitskieters" krysad

Met die Kruger wildtuin weet mens daar is diere, hoewel afnemend in getalle. Die enigste faktore om dit te vind is "regte tyd op regte plek" en of die wind waai. Ten minste weet mens die waarskynlikheid om diere te sien, is relatief goed. 

Gelukkig kombineer ons die blomme kyk met finansiële/familie verpligtinge, die SuidKaap, Prins albert omgewing en KarooNP. laughlaugh

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 05/08/2025 - 08:20

Die daisies staan al in plate hier in Worcester. Almal is dit egter eens dat dit sover minder gereën het vanjaar. Of dit waar is vir Namakwaland sal ek nie weet nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 05/08/2025 - 17:29

Ek het Sondag met iemand gepraat wat onlangs by Rooidam gekamp het. Hy is liries oor die plek.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 05/08/2025 - 18:02

Ek verlaat my veel eerder oor wat persone meedeel van 'n plek. Dis goed om te weet, want net dalk soek ek 'n ander oorslaapplek tussen Aldam en KarooNP langs die N12. 

Dit gaan goed werk as ek op Bloemfontein oornag, dan via Kimberley tot by Rooidam of  Kambro. Vandaar na KarooNP is sommer Hilux-speletjies.wink

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 08/08/2025 - 10:21

Hoewel ek jou nie persoonlik ken nie, het ek jou mededeling op Len se gesprek raakgelees. Net vanoggend praat die ouens by die mannegebed daaroor, dat ons nie weet wanneer ons streep getrek is nie.

Ek wil net jou sterkte en berusting toewens met jou vrou se afsterwe.

0

Baie dankie Wessel

Ja, jy weet nie waarheen jou pad jou sal lei nie, en hoeveel tyd jy het nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 08/08/2025 - 11:01

Ek kan my net indink waardeur jy gaan. Baie sterkte vir jou, en as jy kinders het vir hulle en jou uitgebreide familie ook. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/08/2025 - 12:14

....jou waarneming [veralgemening], op Voortrekker se Asië gesprek,  word ook in die boek opgeteken.

Ek word net stil as ek toer, as daar nie sein is nie. Jy sal mos dat ek my wip, en maak asof Mokala rerig geen sein het nie. laughlaugh Ek sal egter wel probeer kyk of ek kan deurkom via internet.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus