Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -6 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -11 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -12 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -13 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -14 hours ago

Augustus 2025 saampraat

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Goeie môre almal, dis alweer 'n nuwe maand. 

Nie net nog 'n maand vir my nie, dis die maand wanneer ek die pad vat Namakwaland toe, en dan oor Herman se boomslang-stoep verby na die KarooNP.

Dit is ook die maand waar Rona haar man [Daan] en die toerbus in die pad druk, vêr plekke toe.

Gesels saam, dis waarom ons vriende is.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 22/08/2025 - 09:57

reëls sê dat mens moet aftree die einde van die maand wat jy 65 word

Ons reëls hier is dieselfde, maar weens swak opvolg beplanning sien ek gereeld dat afgetrede mense nog op kontrakbasis moet help nadat hulle afgetree het. 

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Fri, 22/08/2025 - 17:42

Ek bv: Het vroeg afgetree op 57 tydens COVID en na COVID het hulle my gevra om te help as konsultant, maar ongelukkig het doof gestrem ingetree.

Deesdae gee ek raad via Text gaande "Procurement, Tegnies en ISO of  TÜV voorbereiding".

My Kontrei (Regional) bestuurder is nogsteeds konsultant na 5-jaar se aftrede.

My swaer het ook aangebly as konsultant vir die maatskappy waar hy gewerk het en is tans bed-gebonde aan suurstof na 2-jaar konsultasie agv Long Kanker op 67 en het niks van sy pensioen nie. Hy was ook in Procurement vir wie ek opgelei het tydens beroep verandering.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 24/08/2025 - 19:13

Sommige dae waneer ek dorp toe ry, is die pad doodstil, ek bedoel soos om geen mens vir ń hele uur te sien nie. Net ń dassie of bobbejaan wat loer. Onwillekeurig dink ek dat die wegraping gebeur het, en net Neef is agter gelos.

Dan vat ek stok, en in my eenvoud lyk dit nie so treurige vooruitsig te wees nie. Verkies die rustigheid om my.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 24/08/2025 - 20:20

Net so Chris. Hopelik is ou Wessel nog op moeder aatde daar langs die watergat. Sien vandag vars fotos van die blomme, en dit is steeds ongelooflik mooi.

Die Kanola is nou ook vol in die blom. Dit is net so pragtig. Oor twee weke is ons by Nampo. Julle lekker naby Chris, kom maak ń draai die Donderdag dat ons bietjie mekaar in die oë kan kyk. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 24/08/2025 - 20:42

... maar my ver kinders kuier dan hier. En as jy nou hierdie maer vroutjie van my die moer in wil sien, moet ek sê ek gaan Nampo toe.

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 25/08/2025 - 15:35

Die Boland Span is sommer wit warm.  Mooi Chris.

Ek sien die blom kyker is maar still.  

Hallo Groot G.  Ek hoor jou 3 uit die 5.

Mooi week vir almal.

Gelukkig het ons die Ausies gewen.  Broeksekeur maar ek vat hom.

 

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 26/08/2025 - 15:55

Klein wêreld! Was ook 'n seiner, basies op Heidelberg gedoen (nie innie grênd kamp wat die ou onderwyskollege was nie) maar die berugte Kamp Alpha, so 'n paar km in die rigting van Nigel gewees. Daarna na 2 Sein (eintlik bo-op die koppie by Radio Uitkyk gesit) en steun gelewer vir die DF manne en ook EO steun soos "jamming" vanuit die "states" as daar "ietsie" in Angola aan die gang was....Kampe daarna was altyd saam met 81 Sein (81 Pantser Bde)

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 26/08/2025 - 16:40

Goeie middag manne.  Ek vermoed my dak se stutte is besig om te gaan op die Jurgens Fleetline.  Navigator het al n paar rug operasies gehad, en kan nie lekker die dak lig nie.  So dan kom ek die bomb squad en lig tyd moeisaam.

Is dit n teken dat die stutte vervang moet word.  Moet die dak moeilik sak of moet die dak moeilik opgaan.  En sal julle dit self doen om die stutte te vervang.

Mooi bly.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 26/08/2025 - 20:11

Goeie naand Goeie Hout.

Dit is redelik maklik om self die dak stutte te vervang, jy moet net 'n tipe van "crimping tool" hê om die nuwe stutte in te trek as jy dit in sit. Ek het sommer "tiedown straps" gebruik om dit mee in te trek tot op die lengte wat dit mooi pas op die gate waar die pen deur die dak se "mountings" gaan. Doen bv eers voorste twee, dan agterste twee.

Gebruik 500N nuwe stutte, dit werk vir my Penta, 400N sal ook werk as jy bang is die 500 is te sterk.

Sit vir jou U-bolts op die twee punte van die strap om die stut vas te trek.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus